2014 se Yezidi-volksmoord: Kyk, luister en ril

Vian Dakhil is die enigste Yezidi-parlementslid in Irak.
Vian Dakhil is die enigste Yezidi-parlementslid in Irak. Sy het ‘n hartverskeurende oproep gedoen, wat die wêreld wakker gemaak het.

Daar is tans derduisende mense in Irak wat weerloos in ‘n gebergte skuil teen die misdade van die Islamitiese Staat (IS, voorheen ISIS). Ongeveer 650.000 Yezidi’s, wat in Noord-Irak woon, is deur die Islamitiese Staat verdryf. Ongeveer 70.000 tot 100 000 Yezidi’s is gevlug na die Sinjar-gebergte. Sonder ete, drinke probeer die mense te oorleef in ‘n gebergte met net rotse, sonder struike, sonder grasse, sonder water. Buitendien is die temperature ongeveer 45 grade.

Terug gaan na hul huise – wat nou ingeneem is deur die Islamitiese Staat, is geen opsie nie. Yezidi’s kan kies: of die Islam as godsdiens aanvaar of dood. Die Yezidi’s se geloof is ‘n mengsel tussen die Christendom, Islam en ander gelowe. Volgens die Islamitiese Staat is die Yezidi’s “duiwelaanbidders”. So dra Yezidi-vroue geen kopdoeke nie.

Die gebergte is omsingel deur terroriste van die Islamitiese Staat. Geen Yezidi kan ontsnap. Soms kan groepe ontsnap, maar dan moet hulle nog 100 km loop tot hulle in veilige (Koerdiese) gebied is. Koerdiese magte kon ongeveer 20 000 Yezidi’s oor die vlakte begelei. Maar die weerlose Yezidi’s moet steeds self deur die omsingeling van die Islamitiese Staat breek.

Stryders van die Islamitiese Staat wag aan die voet van die berge, en as dit te vervelig raak, gaan hulle die gebergte in om op Yezidi’s te jag, soos sommige Afrikaners daarvan hou om in die veld op springbokkies te jag. Die weerlose Yezidi’s, wat nie ver genoeg die berge in gevlug het, word vervolgens geskiet of as hulle oorgee, lewend begrawe.

Die Britte, Franse en Amerikaners gooi voedsel uit vliegtuie bo die Sinjar-gebergte, maar dit is nooit nie genoeg om na skatting 30.000 Yezidi’s wat nog in die gebergte is, te voorsien van die noodsaaklike hoeveelhede voedsel. Buitendien moes die Britte al vier keer met die voedsel terugkeer na hul lugmagbasis, omdat die gevaar van beskieting deur die Islamitiese Staat te groot is.

In ander woorde: Dit is 2014 en ‘n volksmoord gebeur.


Slegs monsters kan onbeweeglik hierdie video kyk… Kyk na haar uitdrukkings, luister na haar wanhopige stem en kry rillings op jou rug… En let op die ongeïnteresseerde toon van die Speaker…

Vian Dakhil sê in die video:

“Daar is Yezidi’s wat nou in die Sinjar-gebergte leef, Meneer die Speaker, Ons word afgeslag met die rede “daar is geen ander god as Allah”. Meneer die Speaker, tot vandag (5 augustus) is daar 500 Yezidi-manne wat dood is.”

Speaker: “Mevrouw LP, staan asseblief by die verklaring waaroor ooreengekom …”

“Meneer die Speaker, ons vroue word as slawe gevat en op die slawemark verkoop. Asseblief, broeders …. Daar word nou ‘n veldtog van volksmoord gevoer op die Yezidi’s. Ja, meneer die Speaker, ek ondersteun die verklaring. Asseblief meneer die Speaker, my mense word afgeslag soos alle Irakkese afgeslag was. Die Sjïete, Soenniete, Christene, Turke en Sjabak was [ooit] afgeslag. En vandag word die Yezidi’s afgeslag.”

“Broeders, weg van alle politieke verskille, ons wil menslike solidariteit. Ek praat in naam van die mensdom: Red ons! Red ons!”

“Vir meer as 48 uur [nou meer as 7 dae] word 30 000 families [=70 000 tot 100 000 mense] sonder water en voedsel in die Sinjar-gebergte beleër. Hulle is sterwende. 70 Baba’s het reeds gesterf weens dors en ondervoeding. 50 Bejaardes het reeds gesterf weens verslegtende omstandighede.”

“Ons vroue word as slawe gevat en op die slawemark verkoop.”

“Meneer die Speaker, ons eis dat die Irakse Parlement onmiddellik ingryp om hierdie slagting te stop.”

“Daar is [in die geskiedenis] 72 veldtogte van volksmoord gewees teen die Yezidi’s, en nou word dit herhaal in die 21ste eeu.”

“Ons word afgeslag.”

“Ons word uitgewis.”

“Een geloof word heeltemal van die aardoppervlak uitgewis.”

“Broeders, ek vra julle in naam van die mensdom om ons te red!”

“Meneer die Speaker, ek wil….” (en sy stort ter aarde)

Speaker: “Baie dankie.”

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s