Opinieplatform verjaar: Leser skryf mees gelese artikel

(Foto: Crystal / Wikimedia Commons)

Vandag – 12 Augustus – is dit presies 1 jaar gelede dat Die Afrikaanse opinieplatform opgerig is. In ‘n jaar tyd het die webwerf uitgegroei tot ‘n plek waar menings van verskillende agtergronde ‘n tuiste gevind het.

Ook – en nie onbelangrik – het die kulturele aspek van ons webwerf gegroei. Tydlose artikels en resensies word veelvuldig via soekenjins geraadpleeg. Daar is blykbaar ‘n groot tekort aan Afrikaanse artikels oor die Dierebeskermingsvereniging (DBV) want hulle behoort tot ons mees populêre artikels.

Die mees populêre artikel van afgelope jaar is ‘n artikel wat geskryf is deur Frik Lotz, een van ons getroue lesers. Sy artikel waarin hy hom uitspreek teen dieremishandeling is honderde kere gelees. Die redaksie wens hom geluk met hierdie mylpaal.

Ons wil ook dankie sê vir al die ander lesers en kommentators wat Die Afrikaanse opinieplatform afgelope jaar besoek het. Danksy julle kan ons nou ons eerste verjaarsdag vier!

Danksy ons lesers was daar interessante debatte, ondermeer in Barend van der Merwe se teologie-reeks. Met 37 dele het Barend ‘n indrukwekkende rekord opgebou met sy gedagtes oor geloof, die kerk en twyfel ten aansien van etiese standpunte. ‘n Ander debat het gegaan oor die doodstraf en natuurlik was die verkiesings ‘n welkome onderwerp. Die aantal mense wat die webwerf tydens die verkiesings ontplof. Een van die redes is dat ons die verkiesingsmanifeste van die belangrikste partye in Afrikaans vertaal het. So kon ons ‘n direkte maatskaplike bydrae doen.

Die mees besproke artikel is eweneens een van die kortste artikels op Die Afrikaanse opiniplatform. Barend het baie emosies losgemaak met sy artikel hoekom mense nie Front Nasionaal wil stem nie. Die artikel het 3 keer meer reaksies as woorde…

Wat opval, is dat die bladsye “Laai jou artikel“, “Kontak ons” en “Oor ons” ook baie populêr is. Hoewel honderde mense gekyk het hoe hulle ons kan kontak, is ons in ‘n jaar tyd slegs 10 keer daadwerklik gekontak… Ook is die aantal lesersartikels wat ons ontvang het (27) baie min in vergelyking met die hoeveelheid besoeke aan die oplaai-bladsy. Eweneens opvallend: die meeste reaksies word rond 20:00 gepos, terwyl die meeste besoekers die webwerf tydens kantoorure besoek.Webadres

Wat nou presies die toegevoegde waarde van die webwerf is, bly ‘n bietjie onduidelik. Ons het ‘n duidelike missie, en ons sien dat ons missie – die verskaffing van ‘n tuiste vir enige opinie – ‘n gaping in die Afrikaanse medialandskap vul. Ons bly egter soek hoe ons nog beter ‘n aanlyn tuiste kan gee vir mense wat insidenteel of juis meer reëlmatig hul mening wil gee. Gelukkig is nog baie moontlikhede vir ontwikkeling.

Ons wil nie in die ou links-regs raamwerk bly hang nie. Daar is regse skrywers, linkse en progressiewe bydraes en neutrale beskouings. Maar bo al is ons demokraties en maak ons gebruik van ons vryheid van spraak.

En as jy nie van ‘n mening hou nie, gebruik jou toetsbord en deel jou eie mening met ons! Ons bied jou ‘n platform met honderde besoekers per dag.

Dis net jou mening wat tel! Ons is mos die tuiste vir enige opinie!

Advertisements

2 comments

  1. Ek is ‘n subredakteur by hierdie plek met beperkte magte. Ek keur byvoorbeeld nie die artikels nie, maar ek kan kommentare verwyder. Ek is trots daarop dat ek nog nooit enige haatdraende kommentaar moes verwyder nie. Daar was al lekker debatte, net min, maar ons moet ons lesers bedank dat hier nie haatspraak hier gepleeg word nie.

    Dit is eintlik heel gepas dat een van ons lesers, Frik Lotz, se artikel die meeste gelees was. Hierdie plek is nie die bestuur van die Opinieplatform se “plek” nie, dit is almal se plek. Wat ek egter jammerlik vind is dat my ou stukkie oor Diensplig Dan die een is wat die meeste kommentaar ontvang het. Hoe minder mens eintlik reageer op die PRAAG bende, hoe beter. Hulle is nie enige kommentaar werd nie, maar soms raak ek in die versoeking. Maar daar is ‘n goeie rede daarvoor dat daar so baie op daardie spesifieke plasing gereageer was. Daardie plasing was met ‘n skakel verbind na die webwerf PRAAG en soos dit in die ultra-konserwatiewe gemeenskap gaan, is die trop uitgelok tot massa aksie. Gematigde behoudende/konserwatiewe mense het die vermoee ontwikkel om krities te kan dink wat die ultra regse waarskynlik nooit sal nie. Daar is die gematigde konserwatiewe mens nie so eng trop gesind soos die ultra konserwatiewe nie.

    Maar die mense van Suid-Afrika het gekies soos ek gedink het hulle sal en die Front Nasionaal het met goeie reg power gevaar.

    Ek dink die nie Opinieplatform sal ooit uit sy nate bars nie. Tog hoop ek die plek sal nog lank met ons wees.

  2. Ek is baie bly dat so baie mense een van my artikels gelees het. Die opinieplatform is werklik n plek waar jy jou mening kan lug en dit ook in een vd mooiste tale nl. Afrikaans. Ek vra om verskoning dat ek nog nie weer n artikel geplaas het nie,maar n mens kry nie altyd die tyd daarvoor nie. As die tyd daar is,sal ek beslis weer iets probeer skryf. Dankie aan almal wat skryf,lees en betrokke is by die Afrikaanse Opinieplatform. Gaan voort met al die goeie dinge!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s