Curriebeker 2014 naweek nommer 1

My eerste naweek se rugbyvoorspellings, soos wat ek dit hier bekendgemaak het op Die Afrikaanse opinieplatform, was rampspoedig. Wat ek nou gaan sê gaan miskien bietjie lyk soos sugarcoating. Ek dink ek het al ietwat van ’n reputasie wanneer dit kom by “wat dink die mense van my”. Dit is nie wat dit regtig is nie, die sugarcoating meen ek nou. Dis die waarheid.

Ek jok nie as ek sê dat iets in my agterkop vir my gesê het die Cheetahs staan ’n kans om teen die Pumas te verloor nie. Julle, dinge is soos in seriously nie lekker by Cheetah rugby nie. Al hierdie krapperigheid is gladnie goed vir my dag tot dag funksionering nie. Ek hoor die skeidsregter was bietjie omstrede. Dit is altyd so met die span wat verloor. Dit is duidelik dat die Cheetahs sukkel. Die kombinasie van Cheetahs sukkel + Pumas sterk het natuurlik altyd die moontlikheid ingehou dat my span kan verloor. Ek was dus semi voorbereid op so iets. Maar dit bly eina. Baie, baie eina. Daar gaan weer hard gegrom word hier in die stad van rose hierdie week. Ek het die Cheetah keuse grootliks gebaseer op lojaliteit aan my span. Dit was nie omdat ek absoluut volle vertroue gehad het aan die manne se wedstryd wen killer instinct nie. Nee dit was suiwer lojaliteit.

So gepraat van lojaliteit, my tweede span is die Griekwas. En ewe eens, ek het voorspel dat hulle die wedstryd teen die magtige semi-finaal Haaie sal wen. Nie omdat ek juis seker was van my saak nie. Maar ek wou dit. Ek wou dit sien. Dit was nie een van die mooiste wedstryd om te sien nie. Die Griekwas het vir 70 minute gespeel met 14 spelers nadat een ’n rooi kaart gekry het vir ’n boorvat. Nogtans kon die Haaie slegs daarin slaag om met ’n skamele 7 punte te wen. Die Griekwas het waarlik treurige rugby gespeel. Daar was aanslane en balle is sinneloos rondgeslinger. Hoe presies die Haaie nie daarin kon slaag om meer punte op te stapel nie, gaan eintlik my verstand te bowe. Beide die twee spanne was maar bra vervelig. My hoogtepunt aan my besoek aan Hoffepark? Ek het my sak met droëwors en lemoene in die Griekwa ondersteuners winkeltjie vergeet in my haas om betyds te wees vir die afskop. Halftyd toe ek my kos gaan soek toe was die dametjie so gaaf om dit vir my onder die toonbank te gebêre het!

En dan, die Blou Bulle, ek kon darem sien dat die Leeus te sterk gaan wees vir hulle. Maar sjoe daardie punteverskil het my bietjie verbaas. Oor die WP was ek bietjie bekommerd, maar die was toe te sterk vir die Kings, soos wat ek voorspel het.

Die volgende vier wedstryde. Ek hou daarvan om vroeg reeds my voorspellings te waag. Dit dwing my om eerder op my instink staat te maak eerder as wat ek dit te veel oordink. Tog dink ek hierdie komende naweek gaan meeste mense ook soos ek kies. Ek kies die spanne wat hulle eerste wedstryde gewen het as gunstelinge. Die Pumas voorspel ek egter, sal die knie buig teen die Haaie – tuisveldvoordeel kan daar ’n rol speel. En tussen die Griekwas en die Cheetahs, wat beide hulle eerste wedstryde verloor het, gaan ek maar weer lojaal wees en die Cheetahs die voordeel van die twyfel gee.

Met groter fokus het die Griekwas egter baie potensiaal in hierdie kompetisie. Ons gaan waarlik krag teen krag sien hierdie jaar. Maar die Leeus lyk beslis na ’n vroeë gunsteling om die beker te wen.

Hierdie komende naweek gaan daar egter baie groot belangstelling wees wanneer die Springbokke hulle buiging maak in die 2014 Kampioenskapstrofee teen Argentinië in Pretoria.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s