Betrek Nederland en die Verenigde Koninkryk in Khoisan-grondeise

Tydens ‘n groot Khoisan-kongres laasweek het die Khoisan-gemeenskap die hoop uitgespreek dat sy deel kan wees van ‘n grondhervorming waar grond wat voor 1913 onteien is, in betrokke is. Veel grond van die Khoisan is naamlik voor 1913 onteien.

Die groot probleem van die saak is dat die probleem ontstaan het voordat die huidige Suid-Afrika tot stand gekom het. Daarmee bedoel ek nie die ontstaan van die post-1994-bedeling nie, maar die uniewording in 1910.

Die huidige grondhervorming is bloot ‘n binnelandse probleem. Dit het ontstaan omdat burgers van die huidige Suid-Afrika soewerein wette ingevoer het wat ander mense benadeel het.

In die saak van grondonteiening van voor 1910 is dit ‘n ander storie, omdat dit koloniale grondonteiening was om die koloniste te bevoordeel, tenminste, in die gebied van die voormalige Kaapkolonie en Natal. Dit is darem onmoontlik om al die koste te verkry op die mense wat geprofiteer het, omdat ook die moederland daarvan geprofiteer het.

Buitendien het die grondonteiening al langer gelede gebeur, waardeur die grond deur verskillende generasies geloop moet het om nog weer regverdig te hervorm kan word. Die punt dat grond intussen verder verkoop is, is reeds ‘n probleem in die huidige grondhervorming. In die hervorming wat die Khoisan-gemeenskap voorstel, sal dit net ‘n groter probleem wees.

Groot dele van die Karoo is reeds meer kere verkoop. So was daar ‘n golf toe die Voortrekkers die grond verlaat het en na die noorde getrek het. Grond is toe deels verkoop en deels terug aan die (Britse) staat gegee.

In ander kolonies, waar grondonteiening ook op groot skaal onteien is, kon grondhervorming maklik plaas vind nadat die kolonie onafhanklik geword het, omdat die grondbesitters die kolonie verlaat het. Met ander woorde: die grond se eiendomsregte is nie “leeg” soos in ander lande wat onafhanklik geword het nie. Die koloniale grondbesitters het ook nie vertrek nie. In Suid-Afrika woon die nasate van die koloniste egter steeds en noem hulle hulself Suid-Afrikaners. Dit maak die saak baie ingewikkelder, omdat grond van Suid-Afrikaners gevat moet word om ander Suid-Afrikaners grond te gee. Hoe regverdig is dit in ‘n land waar almal gelyk behoort te wees?

Om nog maar nie te praat van die grond rond Kaapstad nie wat reeds tussen 1652 en byvoorbeeld 1700 deur die VOC en sy Europese vryburgers in gebruik geneem is. Kan dit ooit op ‘n regverdige wyse hervorm word? En wat van die grond waarop die stede en dorpe gebou is?

Sal die nasate van die Van der Stel-familie die beginwaarde van die Vergelegen-plaas in Somerset-Wes moet terugbetaal? (Foto: Borisgorelik / Wikimedia Commons)

Ek dink daar is seker ‘n moontlikheid om die vraagstuk op te los. Die eerlike manier sou wees om sowel Nederland, die Verenigde Koninkryk as die familie wie se eerste generasie die grond in gebruik geneem het, die grond te laat betaal. Die destydse waarde sal in vandag se waarde omgereken moet word en die bedrag sal verdeel moet word oor die partye. Historici sal moet aantoon wie vandag se nasate is van die families wat die grond die eerste keer in gebruik geneem het.

Grondrestitusie is by sake van grondonteiening van voor 1913 geen regverdige opsie nie. Die grond is dalk party keer verkoop en gekoop. Die groot meerderheid van die huidige eienaars is heeltemal onskuldig in die saak van destydse grondonteiening.

Ek sê: betrek Nederland en die Verenigde Koninkryk by die saak.

Stel Nederland aanspraaklik, saam met die nasate van die vryburgers wat die grond begin gebruik het, vir die gebiede in die huidige Afrikaanssprekende dele van die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, wat ooreenstem met die grense van die destydse Nederlandse Kaapkolonie.

Stel die Verenigde Koninkryk aanspraaklik, saam met die nasate van die Engelse koloniste wat die grond begin gebruik het, vir die gebiede in die huidige Engels-, Xhosa- en Zoeloesprekende dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, wat ooreenstem met die Britse koloniale uitbreiding.

Haal die ras-faktor uit die grondhervorming. Kyk objektief na die geskiedenis. Sonder emosies. Met effektiwiteit. Dit geld vir beide partye. Betaal die bedrag wat verontskuldig is aan die destydse benadeeldes.

Kyk na die destydse waarde en een generasie se groeipotensiaal van die grond. Want dit is objektief.

Geen grondrestitusie by sake van grondonteiening van voor 1913 sal moet plaasvind nie. Slegs ‘n geldelike bedrag sal uitbetaal moet word. ‘n Mens wil nie benadeeldes vergoed deur nuwe benadeeldes te skep nie. Want dan kan ‘n mens nooit die boek sluit nie.

Advertisements

One comment

  1. Doe probleem is om te bewys dat die grond wel besit was. Verder stel die ANC gladnie belang om enige groep te help behalwe hul swart ondersteuners nie en die Hollanders kannie nou omdraai en erken hulle het die verkeerde lotte gesteun nie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s