Maroela Media aanlyn belangriker as Afrikaanse koerante

Nuus24, Opinieplatform en Maroela Media se logo’s (Foto: DAO)

Volgens data van Effective Measures en Alexa, twee instansies wat internetverkeer dop hou, het die webwerf van Maroela Media ‘n groter aantal besoekers as die webwerwe van die meeste Afrikaanse koerante. Maroela Media se webwerf trek meer besoekers as die webwerwe van Die Burger, Volksblad, Die Son, Rapport en Republikein (van Namibië). Slegs die webwerf van Beeld is trek meer besoekers.

Die oprigting van Maroela Media, wat hierdie week 3 jaar bestaan, was ‘n poging om die Afrikaanse medialandskap te diversifiseer. Tot 2011 was Naspers en die SAUK die grootste rolspelers in Suid-Afrika, terwyl Naspers (sedert 2007) ‘n 50% aandeel in Republikein het.

Die Afrikaanse nuusredaksies van die Naspers-koerante is ver met mekaar geïntegreer, dieselfde geld vir die SAUK se radio- en tv-redaksie. Dit beteken dat daar 3 groot nuusredaksies was wat onafhanklik van mekaar opereer: Naspers-blaaie, die SAUK en Republikein.

Maroela Media het daarin geslaag om suksesvol ‘n nuwe onafhanklike nuusredaksie op te rig. Dit is die eerste nuwe onafhanklike Afrikaanse nuusredaksie in meer as 35 jaar. Die vorige oprigting van ‘n nuusredaksie met betekenis, was Republikein, wat na die breuk met die Nasionale Party en die Nasionale Pers se koerante in Suidwes-Afrika, opgerig is.

Ander nuusredaksies het gekom en gegaan – maar geen van hulle kon ooit Naspers se Afrkaanse koerante verslaan nie.

Die opkoms van Maroela Media beteken dat daar sedert die ondergang van Perskor weer redelike mededinging is in die Afrikaanse mediawêreld.

Maar ons mag nie te vroeg juig nie. Naspers het nog steeds ‘n moerse oorwig in die koerantwêreld. En derduisende Afrikaanssprekendes het nog altyd geen toegang tot Afrikaanse nuus. En dit vererger net met die SAUK se besluit om die Afrikaanse nuus na SABC3 te skuif.

Buitendien is dit die vraag hoever Maroela Media se groei heeltemal danksy goeie joernalistiek kom. Die meeste nuus is naamlik berigte met slegs feite, wat nouliks joernalistieke diepgang het. Slegs die nuuskommentaar bied goeie insig in die nuusgebeure. Tewens die debatte is van goeie gehalte, maar ongelukkig is daar nog seker ruimte vir meer verskillende menings.

Tewens is die daling van die Afrikaanse koerante se webwerwe se populariteit ‘n logiese gevolg van die betaalmuur wat hulle nou op die webwerwe geïnstalleer het. Nie almal is lus om te betaal vir die nuus – inklusief hierdie skrywer. Dus party mense besoek nie langer die webwerf van die Naspers dagblaaie nie. Dit is die prys wat Media24 met die sluiting van Nuus24 betaal.

Maar dit is nog steeds ‘n groot opsteker vir Maroela Media is dat sy ook meer leserstalle trek as Rapport se webwerf, wat wel gratis is. Dit terwyl die koerant se beriggewing die laaste tyd weer verbeter.

Op die ou einde bied die opkoms van Maroela Media kanse, maar daar moet gewaak word vir ‘n tekort aan diepgang in die beriggewing. Maroela Media sal homself nog verder moet ontwikkel om daadwerklik ‘n kwaliteitdiens te word. Ek dink Maroela Media sal eerder ‘n tipe News24, met al sy susterwebwerwe moet word, om regtig ‘n belangrike speler in die Afrikaanse medialandskap te word.

En as jy nie van Maroela Media hou nie – die webwerwe van die dagblaaie Republikein en Die Son is nog altyd gratis. En Rapport kry elke Sondag ‘n spuit met gratis nuus.

En met geluk kan jy sommige artikels wat jy op Media24 se betaalde webwerwe kan lees, verniet op Republikein se webwerf lees… ^^

Advertisements

One comment

  1. Dankie vir hierdie “timely” plasing Christian. By gebrek aan beter woord “timely”. Ek geniet dit as iemand vir my navorsing bring wat ek self nie eens sou geweet het hoe om te doen nie!

    Oor Maroela Media. Ek dink in die eerste plek moet mens vir Maroela gelukwens met dit wat hulle vermag het, en tweedens bedank vir wat dit alles vir Afrikaans/Nederlands beteken. Wat betref jou lekseltjie kritiek. Ek is dit amper 100% met jou eens. Maar daar is tog klemverskille in hoe ek en jy redeneer. Ek voel die feit dat Maroela se berigte dikwels geneig is om nie buitengewone interpretasie te bring nie, is juis tot hulle voordeel. En dit is na my mening deel van hulle wenresep. Die ontleding van hulle wat ek wel al gelees het, het ek nie juis geniet nie. Dit is wanneer hulle goeie berigte bring wat ek hulle skakels sal volg. En dan, veral, die krag van ‘n goeie opskrif! Dis wat mens se aandag trek op die internet. Of dan liewer, dit is wat dit in my geval neem om my te laat kliek.

    Maar daar is een probleem met Maroela Media, en dit is iets wat hulle self weining aan kan doen. Die tradisionele mediagroepe is beter ingerig om stories te breek. Dit kom met dekades se ervaring en netwerke wat opgebou word. Stadig maar seker, glo ek, sal Maroela ook hierdie netwerke kan bou. Drie jaar is eenvoudig net te kort.

    Ons sien dus dat Maroela Media soms berigte plaas wat na my mening bietjie vol beuselagtighede is. DIe groot stories word deur die tradisionele media gebreek.

    Maar, Maroela Media is besig om van krag tot krag te gaan en dit wat hulle doen is ‘n eerste in Afrikaans – om ‘n mediahuis te stig wat suiwer digitaal is. En hulle doen dikwels ook uitstekende werk en ek hoop dat hulle van krag tot krag sal gaan. Bowenal hoop ek dat die beriggewing self sal aanhou om net gewone verslaggewing te wees.

    Laastens, die Afrikaanse Opinieplatform is darem ook nou al amper een jaar oud. Ek is dankbaar vir hierdie platform waar ek ook my gedagtes kan kom plaas. En ek hoop die plek sal nog met ons wees vir lank. Ek het nog baie wat ek als beplan waarvoor ek hierdie plek nodig het om dit uit my kop uit te skryf!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s