Ek weet wat ek hierdie naweek gaan doen!

12 weke. 8 spanne. 1 prys: Die 2014 Curriebeker. Dit is een van die oudste, mees prestigerykste rugbykompetisies van alle tye. Die Curriebeker. Elke Vrydag en Maandag. In die oggend. Dan praat Jaco de Wet met Darren Scott op radio Rosestad. En net gister toe sê Scott daar een wysheid. Hy sê daar is ’n patroon wat herhaal met die Curriebeker. Elke jaar. Wanneer dit begin, dan is mense negatief. Nee want daar is geen Springbokke nie. Dit is afgewaterde rugby. Selfs op Wikipedia word dit daar gestel dat die Curriebeker deesdae in die skadu staan van die Superreeks en die Kampioenskap (voorheen die Drienasies). Maar, aldus Scott, soos wat die tyd aansleep, dan begin mense regop sit en notisie neem. Dan lewer die Curriebeker die gebruiklike kookwater.

So het ek vanoggend in Volksblad ’n Curriebeker-program vir 2014 gekry. Versigtig en bewerig het ek hierdie dokument uit die koerant geknip, met my hart se tempo wat vinniger geword het. Dit is waarskynlik die mees kosbaarste dokument wat ek hierdie jaar sal hanteer. En daarop het ek die wedstryde omkring wat ek wil bywoon, en die op ons buurstad het ek met ’n kolletjie gemerk. Hierdie naweek wat kom, is dit Kimberley toe. Griekwas teen die Sharks. Meeste kenners is dit eens dat die Sharks ’n opdraande stryd te wagte kan wees daar in die Diamandstad.

CURRDaar heers natuurlik reuse belangstelling in wat in die Vrystaat aangaan – in Cheetahland. Die rede hiervoor is miskien nie so voor die hand liggend vir buitestanders van rugby nie. So mens moet dit maar af en toe noem – die meeste van die agt spanne wat aan die Curriebeker deelneem, se spanne bestaan uit opgekoopte Cheetahs. Dis reg, die Vrystaat is nie net geografies sentraal soos ’n hart nie, dit is ook die hartklop van SA rugby. Hier word sterre teen ’n tempo gebroei so vinnig soos die hardlooprugby self wat opgedis word. Hoekom gebeur dit so? Dit het waarskynlik baie met die stad Bloemfontein self te doen. Met die feit dat die hele plek histories so belangrike skool en universiteitsdorp was en dit steeds is. Meeste mense ken die prestigeryke Grey Kollege. As mens ’n groter kans wil he om dit te “maak” in rugby, dan is dit beter dat jy so skool bywoon. Die mense op die klein plekkies word eenvoudig nie raakgesien nie. Daar is nie geleenthede vir hulle nie. Histories het die Vrystaat egter baie moeite gedoen om spelers te gaan soek. Of dit deesdae nog so is, is ek nie aldag so seker nie, maar daar word tog steeds proporsioneel baie spelers ontwikkel by die Cheetahs.

Die groot drama wat homself tans afspeel rondom die kaptein van die Cheetahs, Adriaan Strauss, wat die Cheetahs verruil vir die Blou Bulle – dit is nou vir jou een groot Cheetah drama. Dit is soos of ons op jag uit was en die groot bok het weggekom, en nou baklei die katte onder mekaar oor wie se skuld dit was. Dis net naels en krapmerke en ’n gegrom en geblaas van ’n ander wêreld. Ek moet sê, die nuutste berigte van die voormalige Springbokstut Ollie le Roux, ek weet nie of dit so slim was om media toe te gaan nie. Die dinge is sensitief. Strauss wou na wat berig word bly in die Cheetah trui, maar het ’n onafhanklike ondersoek geëis. Dit is geweier.

Ek dink onder ander omstandighede sou Strauss se vertrek minder pynlik gewees het. Maar dit kom op wat vir baie ondersteuners ’n skok seisoen was. Dit is of die vertrek van hulle held Strauss nou net die laaste sout in die wonde is.

Maar hoe ook al, ek sien baie uit na die kompetisie. Soos menige liefhebber van sport, neem ek ook deel aan Superbru. Ek het my eerste keuses reeds gemaak. Die wedstryd waaroor ek die onsekerste is, is die heel eerste een, naamlik die OP-Kings teen die Westelike Provinsie. My keuse het geval op die WP, maar ek is nie so seker of dit die regte keuse was nie. Anders as die Griekwas en die Pumas wat bloed moes sweet om die premierliga te bereik, is die Kings sommer net so toegelaat. Tog is hulle ’n span wat ander spanne al aan die slaap gevang het. In die wedstryd wat ek gaan kyk, Griekwas teen die Haaie, kies ek die Griekwas. Tussen die Leeus en die Blou Bulle, het ek Leeus gekies, en dan, tussen die Pumas en die Cheetahs, natuurlik die Cheetahs. Of al hierdie voorspellinge van my in die kol gaan wees, dit moet mens maar wag en sien.

Ek voorspel egter dat my span, die Cheetahs, ’n gedugte span behoort te wees vanjaar. Die atmosfeer gaan natuurlik weer elektries wees wanneer die Cheetahs op 18 Oktober hier in Rosestad in die halfeindrondte te staan gaan kom teen wie ook al die geval mag wees. Wen hulle daardie wedstryd, wat hulle waarskynlik sal, dan is dit natuurlik finaal. En finale is onvoorspelbaar. Kyk nou net hoe het die Super 15 finaal Saterdag heen en weer geswaai tussen die Warratahs en die Crusaders.

Ag wat kan ek sê? Rugby is SOOOOOVEEL beter as realiteit. Gelukkig of ongelukkig het ons albei nodig!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s