Wat sê die prokureur? Regsake wat jou raak – Igna Klynsmith

Ai, ek het nooit kon dink dat ek die tyd gaan he om gou klompie dinge oor “Wat sê die prokureur?” in hierdie week kwyt te raak nie. Het gedink ek los dit maar vir ’n ander dag, iewers volgende week. Maar nou het die behoefte my tog beetgepak. Wat ek wil sê gaan tog nie veel tyd of spasie in beslag neem nie. Ek wil maar net van my indrukke van hierdie boek iewers vaslê. En waar beter as hier, op die Afrikaanse Opinieplatform?

 

My heel eerste indruk toe ek die boek begin lees, was ’n mate van skeptisisme. Nie oor die inhoud nie, maar oor die tegniese versorging. Ek het net ’n week gelede ’n boek gelees wat by dieselfde uitgewer, naamlik Naledi, gedruk was. Dit was die boek “God se oë is blou” van Abel Pienaar. En daardie boek was maar redelik treurig afgewerk in terme van veral skryffoute. Gelukkig was dit nie so kopseer met hierdie boek van Igna Klynsmith nie. Daar is wel enkeles wat voorgekom het. Die heel eerste een wat ek teëgekom het, het ek nogal aangeteken, dit was op bladsy 182, heel onder, waar die woord ‘manier’ in meervoud geskryf moes wees.

 

Natuurlik maak alle mense wat skryf spelfoute. Ek maak baie. Maar wanneer mens so baie betaal vir boeke, dan verwag jy die minimum skryf en spelfoute. Boonop doen skryf en spelfoute afbreuk aan die inhoud van die teks. Dit is asof dit enige argumente verwater en die kundige onkundig laat lyk. Dit is waarskynlik omdat “Wat sê die Prokureur?” geskryf is deur hoogstaande regslui, dat die boek nie TE veel irritasies in hierdie verband het nie. Moet sê ek is altyd beïndruk met boeke van Lux Verbi en Tafelberg, ek is seker daar is ander uitgewers wat ook uitstekende werk doen, en mens waarde vir jou geld gee wat betref die versorging van tekste.

 

Hoekom het ek “Wat sê die Prokureur?” gelees? Daar is net een goeie rede. Die boek bevat ’n korterige afdeling waarin daar ontledings verskaf word van groot historiese hofsake. En daar is spesifiek een hofsaak wat Klynsmith ontleed wat my aandag erg getrek het – Die mensdom (?) vs. Jesus van Nasaret. En hoewel dit ’n kort bespreking was, het ek dit geniet om die kundige interpretasie te lees van die gebeure rondom Jesus se hofsaak.

 

Wat die res van die boek betref, ek het alles gelees. Die vrae en antwoorde gedeelte beslaan die grootste gedeelte van die boek. Hierdie vrae is van die mees algemeenste vrae wat Klynsmith oor die jare op die gewilde program “Wat sê die Prokureur?” (vandaar die titel van die boek ;-)) moes hanteer. Dit is nie jou tipiese Deon Meyer verhale hierdie nie. En mens moet dit seker nie eintlik sommer net invaar en dit lees nie. Nie soos ek het nie. Maar ek het. Die grootste nut is dat dit as goeie naslaangids sal dien vir enige navorser wat meer wil uitvind oor die reg. Daar word ’n wye reeks belangrike onderwerpe gedek, van wapeneienaarskap, huwelike en egskeidings, tot die opstel van ’n testament en grondeienaarskap. Daar is selfs inligting oor musiekregte en wat mens mag plant en wat nie.

 

Wat ek net weer van vooraf besef het by die lees van hierdie boek, is dat ek:

 

1. Nooit in ’n hof wil staan nie en

2. Dankbaar is ek beoefen nie die regsberoep vir ’n lewe nie.

 

Nie dat ek neersien op hulle beroep nie nee, inteendeel. Dit is mos nou maar net so dat elke liewe mens sy eie geaardheid het. En dat sekere dinge werk vir sekere mense en ander dinge werk vir hulle nie. As ek darem elke dag met daardie tipe taal moes werk, dan sou ek bitterlik swaargekry het. Daar is net een woord waarmee ek dit kan beskryf, en dit is sieldodend.

 

Die boek “Wat sê die Prokureur” is egter, om heel verstaanbare redes, al reeds uitverkoop. Dit het dus daardie rare prestasie bereik, naamlik die van ’n Afrikaanse blitsverkoper.

 

Advertisements

One comment

  1. As daar een ding is wat ek haat, is dit spelfoute en leestekenfoute in ‘n boek waarvoor ek betaal het, en wat veronderstel is om my juis met taal te help – ons leer immers ons kinders om te lees vir kennis en om taal te verbeter. Ek maak self baie foute – maar ek word nie betaal om foute te korrekteer nie. Dis nie my werk nie.
    Ek hoop hierdie boek sal weer gedruk word, dit klink interessant. Ek sal dit graag wil lees.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s