Vliegramp: Die stories is eenvoudig te veel

Nadat vlug 17 van Malaysia Airlines Donderdag bo die Oekraïne neergeskiet is, kry die slagoffers nou stadig gesigte. Die impak van die vliegramp in Oos-Oekraïne verskil per land. Almal in die Verenigde Koninkryk het nege name in die koerante gelees, die Suid-Afrikaanse slagoffer het op Beeld se voorblad gestaan – maar wat van die 193 Nederlandse slagoffers?!

Waar slagoffers van ander nasionaliteite dikwels ouer as 40 jaar was, was die Nederlandse slagoffers relatief jonk. Nederlanders is – ook na 4 eeue – nog altyd ‘n reislustige volkie. Aan boord van die vliegtuig was baie jong Nederlanders. Die groep tussen 20 en 40 was die grootste. Almal jong mense: studente, afgestudeerdes, loopbaantiers, wie se lewe nog lank moes wees. 193. Dit is eenvoudig te veel… Selfs vir koerante se voorblaaie.

Bladsy 7 van die passasierslys toon hoe hard Nederland getref is (Foto: Malaysia Airlines)
Bladsy 7 van die passasierslys toon hoe hard Nederland getref is (Foto: Malaysia Airlines)

Almal het hul eie stories. Soos die van Joep Lange, voortrekker in die MIV/Vigs-navorsing, wat van Amsterdam tot Windhoek herdenk word. Die Republikein, Namibië se Afrikaanse koerant, het ‘n artikel oor sy werk gepubliseer. Saam met sy vrou was hy ‘n voorvegter van die jag op medisyne vir MIV/Vigs.

‘n Ander voorbeeld is Pim de Kuijer, 32 jaar, gewese (!!!) diplomaat by die Nederlandse departement van Buitelandse Sake, die Europese Unie en die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), tewens was hy in 2012 kandidaat-LP. As diplomaat vir die OVSE was hy in 2006 en 2007 waarnemer by die verkiesings in die Oekraïne. Noudat die konflik in die land ontvlam het, het hy asnog ‘n slagoffer in die konflik geword.

Of van die familie Wals, waarby twee ouers en hul drie laerskoolkinders in tydens die rampvlug gesterf het.

Of die sanger Cor Pan, wat voor sy vertrek ‘n foto van die vliegtuig op Facebook geplaas het met die berig: “Vir die geval dat hy verdwyn, so lyk die vliegtuig”, as verwysing na die verdwyning van die ánder vliegtuig van Malaysia Airlines in die Indiese Oseaan.

“Mocht hij verdwijnen, zo ziet hij d’r uit.” (Foto: Cor Pan/Facebook)

Of die broers wat by die vliegtuig se gate geskei word omdat daar teveel kaartjies vir die vliegtuig verkoop was. Een van die broers was aan boord van MH17, die ander het via Parys na Kuala Lumpur gevlieg. Dit is te erg om te bedink hoe hy uiteindelik in Kuala Lumpur gehoor moet hê dat sy boetie nooit daar sou aankom, omdat die vliegtuig van sy oorspronklike vlug – met sy boetie aan boord – neergeskiet is…

Of van Gary Slok en sy ma Petra, wat in die vliegtuig nog vinnig ‘n selfie op Facebook plaas. ‘n Paar minute sou hul vliegtuig opstyg…

Of Darrel Gunawan (19), DJ (bynaam Darryl Dwight) en student geneeskunde aan die Vrye Universiteit in Amsterdam. Sy laatste (openbare) liedjie het nog geen titel – en sal dit ook nooit meer kry nie. Maar die liedjie word ondertussen wel op die Nederlandse radiostasies gedraai. Van sy liedjies is ook beskikbaar op Soundcloud.

Voor elke slagoffer word ‘n herdenkingsdiens georganiseer. Maar met 193 slagoffers is dit baie baie baie. Toe die Nederlandse regering gister ‘n byeenkoms vir nabestaandes georganiseer het, was meer dan 2000 mense aanwesig.

Die impak op Nederland is darem ook maar baie groot. Gegewe ‘n konserwatiewe skatting dat ‘n mens in die daaglikse lewe ongeveer 100 mense ken, verloor ongeveer 20.000 Nederlanders iemand wat hulle weekliks sien. Die getal lê so hoog, omdat sosiale netwerke in Nederland erg geïndividualiseer is. Die groep mense wat jy ken in die skool verskil van die mense in die kerk en in die vereniging.

Dit beteken ook dat 2 miljoen Nederlanders iemand ken wat iemand verloor het. Ek self ken byvoorbeeld geen slagoffer nie, maar my pa ken iemand wat op daardie vlug was.

Herdenkingsdienste word orals in die land gehou. Vanaand is daar ‘n regstreekse herdenking op TV en Donderdagaand sal 50 (!) kerke in Amsterdam gelyktydig ‘n interkerklike diens hou.

Die Nederlandse staatstelevisie het ‘n kaart gepubliseer met alle dorpe en stede waar Nederlandse slagoffers woon. Let wel, soms skuil daar tot 10 name onder ‘n aanwyser…

Dit help nie om te dink dat dit ‘n ongeluk was. Die feit dat dit ‘n aanslag is en dat pro-Russiese separatiste, wat die rampplek beheer, nie wil saamwerk nie, help nie om die verlies te verwerk. So is daar nou – vyf dae na die ramp – nog steeds geen Nederlandse ondersoekers op die rampplek gewees nie, omdat die pro-Russiese separatiste dit keer.

Slegs mense van die OVSE word toegelaat, maar dit is geen ondersoekers nie, maar slegs waarnemers. En die pro-Russiese separatiste wéét dit.

Woede en frustrasie is slegte raadgewers, maar die walglike optrede pro-Russiese separatiste en president Poetin van Rusland tydens sowel as na die ramp, maak dit die Nederlanders baie baie moeilik om kalm te bly…

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s