Die verskil tussen haatspraak en vryheid van spraak

Ek weet ek mors my tyd hier, maar ek gaan dit tog sê. Ek blog immers nie vir ’n gehoor nie, maar vir myself, dis ’n vorm van meditasie.

 

Wanneer ’n mens iemand ’n “doos” noem, dan is dit baie kru, en dit is iets wat ek as sosiaal onaanvaarbaar beskou. Dit is nie aanvaarbaar sosiaal nie, maar dit is aan die ander kant ook nie onkonstitusioneel nie. Maar wanneer jy vir iemand sê “ek wens jy word verkrag”, dan is dit beide sosiaal onaanvaarbaar maar ook onkonstitusioneel. Die rede hiervoor is omdat dit geweld verkondig teenoor die ander party. Enige geval waar geweld aangemoedig word, of gesuggereer word, of dit nou teen een mens of teen 40 000 is, dit is teen die wette van ons land.

 

Oor apartheid is daar al genoeg gesê. Mense het ’n Utopia geskep met goedkoop (grootliks swart) arbeid. Bo-op dit het hulle die massas arm swart burgers laat belasting betaal sonder om aan hulle dieselfde dienste te lewer. Elke aspek van hierdie mense se lewens was gereguleer, van waar hulle mag bier koop en dit drink, tot waar hulle mag bly, met wie hulle mag slaap, waar hulle mag reis en wat hulle burgerskapstatus is. Die kontrakte vir wie hierdie bier mag brou en verkoop is natuurlik gereserveer vir mense van die wit ras, nes elke ander aspek van hierdie mense se lewens uitgebuit was vir kapitalistiese gewin.

 

Uiteindelik het apartheid in duie gestort, omdat dit onwerkbaar was. Die sosiale en politieke skeiding van mense wie se lewens ekonomies intiem met mekaar verweef was, was nie werkbaar nie. Dit het misluk. Maar natuurlik verhoed dit nie sommige mense om terug te verlang na daardie mislukte politieke staat waar hulle op grond van ras bevoordeel was nie.

 

Gelukkig is hierdie mense ver in die minderheid – die meerderheid mense van ons land sal ongemaklik voel om webwerwe te bedryf wat artikels plaas wat die aanhitsing tot verkragting probeer rasionaliseer. Hierdie mense wat so dagdroom oor die ou Suid-Afrika leef lekker in ’n wêreld van fantasie, en meet hulle “sukses” aan die aantal Twitter volgelinge wat hulle het, aangesien hulle steun by die stembus, in opeenvolgende verkiesings, niksseggend is. Die feit dat baie mense op Twitter bepaalde mense volg, nie omdat hulle aanhangers van daardie mense is nie, maar juis omdat hulle daardie mense se uitsprake wil monitor en op hoogte wil wees, tel vir hulle niks. Vir hulle is die aantal Twitter aanhangers gelykstaande aan hulle sosiale en politieke invloed.

 

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s