Vliegramp Oekraïne: Nederlandse koerante vol gesigte

Bladsy 7 van die passasierslys toon hoe hard Nederland getref is (Foto: Malaysia Airlines)
Bladsy 7 van die passasierslys toon hoe hard Nederland getref is (Foto: Malaysia Airlines)

Na gister se ongeloof, rou Nederland vandag om hul landgenote wat gesterf het toe Donderdag die vliegtuig van Malaysia Airlines (MH-0017) bo die Oekraïne uit die lug geskiet is.

In die vliegramp het 298 mense gesterf, onder wie 193 Nederlanders. Die hoë aantal Nederlanders word nie net verklaar deur die vliegveld van vertrek (Amsterdam), maar ook deur die Malaysia Airlines se code-sharing met KLM (KL4103), die belangrikste lugdiens van Nederland. Tewens is dit die eerste vakansieweek van die somervakansie. Dit beteken dat baie mense (ongeveer 5 miljoen Nederlanders) in die buiteland op vakansie gaan.

Sedert die eerste nuus van die vliegramp, word die nuus steeds slegter. Dit het begin met die melding dat die vliegtuig code sharing met KLM gehad het. Vervolgens kom berigte dat enige tientalle Nederlanders aan boord was, sonder enige amptelike bevestiging. Toe die eerste minister sy eerste reaksie gegee het, het hy gesê dat dit moontlik een van die swaarste vliegrampe met Nederlandse betrokkenheid was. Dit was opmerklik, omdat die nuus op daardie oomblik nog van 20% Nederlandse passasiers was. Toe Malaysia Airlines sy eerste getalle gee, was daar 154 Nederlanders dood. 44 passasiers se nasionaliteite was Donderdagaand nog onbekend. Toe Malaysian Airlines op Saterdag die definitiewe passasierslys openbaar maak, was daar 193 Nederlanders op die lys…

Nederland se reaksie is versigtig en behoedsaam. Waar Nederlandse bondgenote al praat van ‘n aanslag, het Nederland slegs ‘n moontlike  aanslag veroordeel. Waar Nederlandse bondgenote praat van ‘n dader, beskuldig Nederland nog niemand nie. Nederland wil naamlik eers die ondersoeke afwag. Neutraliteit is in hierdie situasie baie belangrik, omdat Oos-Oekraïne ‘n oorlogsgebied is en amper onbereikbaar is vir hulpdienste. Bykomend wil pro-Russiese separatiste geen toegang gee vir ondersoekers.

Hoe versigtig Nederland ook is, die pers is woedend. Waar die eerste uitgawe van koerante op Vrydag titels soos “298 doden”, “Neergeschoten” en “Verbijsterend”. In die eerste uitgawe oorheers die ongeloof. Die tweede uitgawe na die vliegramp (op Saterdag) van De Telegraaf spreek egter boekdele:

Die tweede en derde blad van De Telegraaf staan ongeveer 70 foto’s van ongeveer 90 Nederlandse slagoffers.

Wat die Nederlandse regering woedend maak, is dat mense se liggame verplaas word en sommiges selfs verdwyn het. Tewens word die vliegtuig se inhoud geplunder. Buitendien is die pro-Russiese separatiste erg selektief in wie toegang het tot die plek van die ramp. Selfs ‘n inhoudelike rusie word sedert vandag met Rusland gevoer, omdat die Nederlandse regering wil dat Rusland sy invloed by die pro-Russiese separatiste ingooi om so die toegang tot die rampplek te verseker.

Die ongeloof en woede in Nederland sal maar net toeneem met die huidige houding van die pro-Russiese separatiste en Rusland…

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s