In die week van die Vryfees

Die nuus van die tragiese vliegramp waarin so baie Nederlandse burgers gesterf het, het nie ongesiens by my verbygegaan nie. Ek verstaan weinig van al die politiek daar ver oor die water, daarom is ek dankbaar vir die plasing wat hier op die Afrikaanse Opinieplatform gemaak is deur ons Nederlandse korrespondent. Ek kan nie anders as om meegevoel met die Nederlanders te he nie. Dit is ’n donker dag vir hulle, eintlik net nog ’n donker dag vir die spesie homo sapiens sapiens.

 

Terwyl hierdie tragedie homself afspeel, het ek eintlik een heel rustige naweek. Dit is eintlik self ’n uitsondering op die reël aangesien ek altyd klomp dinge probeer inprop. Hier in Bloemfontein is dit nou Vryfees die afgelope tyd. Ek is nie self iemand wat juis belê in die kunste nie. Die grootste kuns waarin ek belê, is die kuns van hardloop rugby, soos te vind op Vrystaat stadion, wanneer die Vrystaatse Cheetahs uit is op jag. Maar hierdie jaar, soos meeste jare, kry ek toe mos komplimentêre kaartjies.

 

Ek was op pad om na twee vertonings te kyk, die een se naam is “Play me”, maar toe ek daar opdaag, was die vertoning gekanselleer. Die dametjie by die hek het wel gese dat mens ’n ander vertoning kan gaan kyk, maar ek het nooit, want ek was nie seker waar is die lokaal wat sy beduie het nie, en boonop het dit toe alreeds begin.

 

Toe gaan dwaal ek tussen al die stalletjies. Liewe genadige ons. Nee ek is jammer om dit te moet sê maar die storie het my nie geval nie. Dit is paintings en paintings en nogmaals paintings. As jy paintings soek, gaan Vryfees toe. Dit kom seker maar alles terug na die feit toe dat ek nie daardie fynere waardering vir hierdie kunsvorm het nie. Die kunsvorm wat ek die beste ken, liefhet, waardeer en verstaan, is die kuns van hardlooprugby, soos wat mens vind by Vrystaat Stadion, die tuiste van hardlooprugby.

 

In die fees se mondstuk, die “Stronk”, sien ek daar was ook drama met ’n ander vertoning, ene “Vettie Vettie”, waar die tyd skynbaar verander was sonder dat mense ingelig was, en hulle het aangebied om mense ’n ander gratis vertoning of hulle geld terug te gee.

 

Dit is tog asof die Vryfees groter was vanjaar, maar daar is baie kritiek. Veral die musiek, wat volgens die fees se mondstuk, die Stronk, as “flou” beskryf was. Maar tipies Vryfees staan meeste stalletjies maar getrou weer op dieselfde plekke.

 

Die toneelstuk wat ek toe wel kon kyk (want ek sou twee stukke gaan kyk het maar die een was gekanselleer omdat die toneelspeler in die hospitaal beland het), die stuk se naam is “Return of the ancestors”. Ek het verwag ek gaan hierdie stuk geniet, en ek was nie teleurgesteld nie. Ons bly eintlik in ’n wonderlike land, maar mense besef en waardeer dit nie. Ja, daar is baie dinge verkeerd. Maar hierdie toneelstuk sou verban gewees het in die ou Suid-Afrika. Vir verskeie redes sou dit verban gewees het. Die kritiek wat hierdie toneelstuk lewer op Suid-Afrika se huidige politieke heersers, is uiters, uiters fel en ongunstig. In een toneel staan die akteur met kerklike gewaad gemeng met ANC simbole op sy lyf, en dan preek hy oor al die wonderwerke wat die regering bring. Aan sy linkerkant staan sy mede toneelspeler en mimiek die gebare tolk Jantjies, wat so omstrede was tydens die gedenkdiens van oudpresident Nelson Mandela. En soos wat die ‘prediker’ een goeie ding sê, so tolk Jantjies en hy volg met sy verbale kommentaar wat die ‘goeie’ vordering weerlê.

 

Hierdie briljante stukkie toneelspel hamer natuurlik Suid-Afrika se godsdiensleiers, wat vandag, net soos dit maar onder die apartheidsbewind was, die regering passief steun.

 

Die toneelstuk handel oor ‘voorvadergeeste’, helde uit ons verlede wat Suid-Afrika van 2014 besoek. In die klimaks van die teks, staan Steve Biko voor die ingang van Nkandla, die omstrede nedersetting van Suid-Afrika se president, en dan word Biko deur die sekuriteitswag doodgeskiet.

 

Daar is ook een toneel wat waarskynlik bietjie lasterlik deur groot gedeeltes van die Christendom ervaar kan word. Ek het met een persoon van hierdie geloof na afloop van die stuk gesels wat gesê het die stuk was goed, maar dat die toneel wel bietjie onsmaaklik was. In die toneel vra staatsbeheerde mediamense vir Biko om soos die uitgestrekte Jesus op die kruis te poseer, en homself met tamatiesous te bevlek vir effek. Ek het dadelik tydens die toneelstuk gesien hierdie toneel kan skade maak, en ek het simpatie met gelowige Christene wat wel sou aanstoot neem. Tog verstaan ek die rasionaal agter dit, onsmaaklik of nie. Dit is ’n toneel waarin Biko gevra word om saam te speel dat sy nalatenskap verdraai en uitgebuit kan word vir eie gewin. Ekstreem? Ja dit is, maar so is mense se realiteite in Suid-Afrika ekstreem . . .

 

Al wat ek kan herhaal, is dat ons in ’n wonderlike land bly, en dat ons die vryhede wat ons tans het moet koester.

 

Ai so en toe gaan wen die Sharks darem daar in Durban! Ek is so baie bly. Nou moet hulle net daar oor die water hulle staal gaan wys! Ek sal duime vashou vir hulle.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s