blended

Ek het gister die film “Blended” gaan kyk met die twee groot Hollywood sterre Drew Barrymore en Adam Sandler. Die film het my spesifiek geïnteresseer, nie omdat dit ’n romantiese komedie is nie, maar omdat ’n groot deel van die film in Suid-Afrika afspeel, meer spesifiek, my tuisprovinsie, die Noordwes, eintlik nie meer my tuiste nie, maar dis waar ek opgebring is. Nou ja, dit is nie ’n film wat ek gaan onthou nie. Ek sien die baie bekende filmresensent professor Leon van Nierop was gladnie vleiend in sy repliek op die film nie. Dit is te verstane. Die film is bietjie uitgerek. Natuurlik redelik voorspelbaar. Maar tog, net skadelose vermaak. Tipies Hollywood, maar relatief skadeloos. Grootste skade is die 50 of wat rand per kaartjie maar nou ja. Dis maar so. Hollywood moet ook sy brood en botter en veral sy botter maak . . .

 

Ek dink tog mens is nie altyd in die bui vir die meer ernstige rolprente nie. En bowenal kan ek nie hierdie films kyk waar dit net monsters en goggos en ruimtegoggos en vetweet wat als is nie.

 

So van die groot skerm na die klein skerm – dit is ’n skok dat die SABC die Afrikaanse nuus gaan skuif na SABC 3. Eintlik affekteer dit my nie direk nie. Ek kyk immers nooit die SABC 2 nuus in Afrikaans nie. Ek verkies radio en koerante, en veral die internet, vir my nuus. En wanneer ek kan, dan kyk ek die sogenaamde E-news op die satelliet. Nie dat ek satelliet het nie. Dis maar net wanneer ek toegang het tot een. Ek verkies E-news want ek vind die SABC, met die uitsondering van Radio Sonder Grense, is gladnie objektief nie. Net soos in die donker dae van apartheid, is daar geen objektiwiteit by ons openbare uitsaaier nie. Wat meer is, ek bly boonop in Bloemfontein, so as ek regtig die SABC nuus sou wou kyk, dan kon ek vir my TV gekry het, want ons vang al die SABC se kanale hier op.

 

Die mense wat die swaarste getref gaan word, is die arme mense in die diep Noord-Kaap en Oos-Kaap, waar, as ek reg verstaan, die SABC se kanaal drie glo nie opvang nie.

 

Dit is miskien regtig nou dringend tyd dat die openbare uitsaaier begin om die skuif van analoog na digitaal te maak. Daar is al so lankal sprake van dit, maar dit bly net by praat.

 

Goeiste maar daar is bedelaars wat regtig beter geklee is as ek. Miskien is wat my ma altyd van my se tog waar . . . Maar hoe ook al, hierdie mense trek miskien meer deftiger aan as ek, maar ek kan beter spel. So dis hoekom ook ek my plekkie in die son het. Daar is mense wat glo duisend rand per dag op die manier maak. Dit is tog ’n beroep wat ek ook dalk na my aftrede sal oorweeg. Dit of karwag. Maar ek geniet my huidige werk te veel om dit nou te los. Ek werk liewer vir minder geld en bly argivaris. Ek het darem nog 37 jaar oor wat ek kan werk, hopelik langer. En dan kan ek my laaste jare gaan slyt daar, langs die robot of in die parkeerarea. Miskien dra ek dan ook das daai tyd wie sal weet? Dis nou as ek ooit so lank lewe.

bedel

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s