‘Die Stem’ is nie ‘net vir ekstremiste’

Steve Hofmeyr in 2006 (Foto: AB in South Africa / Wikimedia Commons)

Is dit ‘n goeie daad van Steve Hofmeyr om Die Stem te sing op die Inniebosfees in Nelspruit? Nee, sou die eerste polities-korrekte gevoel wees. Steve Hofmeyr het ‘n fout gemaak deur ‘Die Stem’ by die Inniebos-fees te sing. Maar is die gevoel goed genoeg? Met ander woorde, is dit geregverdig om die polities-korrekte gevoel wat sê dat Steve Hofmeyr Die Stem eintlik nie gesing moes hê nie, te laat oorheers?

Sou bepaalde mense dalk gekwes word as hulle Die Stem hoor? En hoekom word die mense dan gekwes? Dit is die groot vrae.

Ek dink die polities-korrekte gevoel kan geen goeie antwoord gee, omdat dit Die Stem in hokkies plaas waar dit – ook in polities-korrekte kringe – nie behoort te wees nie.

Ja, Die Stem was Suid-Afrika se volkslied tydens apartheid. Ja, dit kan dalk mense aan daai dae laat dink en kwes.

Maar Die Stem was ook Suid-Afrika se volkslied na die afskaffing van apartheid. Sterker, na die transformasie van die volkslied, is Die Stem steeds deel van die Nasionale lied van Suid-Afrika.

Om te kan konkludeer of die sing van Die Stem onregmatig is, sal ons eers die konklusie moet trek dat Die Stem dieselfde status het as Nkosi Sikelel’ iAfrika, wat ook deel is van die Nasionale lied van Suid-Afrika.

Die status van Die Stem en Nkosi Sikelel’ iAfrika is daarmee geheel anders as ander liedere wat tydens apartheid gebruik is – deur beide partye. Die Stem sowel as Nkosi Sikelel’ iAfrika is gekies om versoening in die land te bevorder én mag dus gesing word.

Waar Nkosi Sikelel’ iAfrika sonder probleme deur groot massa’s gesing kan word, moet Suid-Afrika aksepteer dat Die Stem van Suid-Afrika ook deur ‘n massa gesing kan word. Dit is juis deel van die akseptasie dat Suid-Afrika ‘n eenheid in verskeidenheid is. Alle partye sal moet leer om – ondanks die sing van Die Stem en Nkosi Sikelel’ iAfrika – die pyn uit die verlede ‘n plek te gee.

Buitendien is dit juis goed dat Die Stem gesing word op ‘n groot fees én deur gematigde Afrikaners. Dit toon dat Die Stem van Suid-Afrika  die erfenis is van alle Suid-Afrikaners – nie net van ‘n klein groepie ekstremiste nie.

Die ANC-LP wat stel dat die SAUK meer dikwels die nasionale lied moet uitsaai, sê indirek ook dat almal ‘n deel van Die Stem moet hoor en sing.

Die mense en koerantredakteurs (lees: Beeld) wat nou skree dat die sing van Die Stem verkeerd is, sal moet besef dat hulle ‘n eensydige akseptasie van verskeidenheid predik. En om eensydigheid binne ‘n demokrasie te predik om gevoelens uit die verlede probeer reg te stel is soos om ‘n kind met die badwater uit te gooi.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s