Dis nie al nie. Dis beslis nie al nie

Die kommunistiese ster (Foto: Zscout370/ Flanker/ Penubag/ Wikimedia Commons)

Kommunisme – dit is soos ’n siekte. Iemand wat daardeur geïnfekteer is, daar moet met so iemand gesimpatiseer word. Maar moet hulle nie spaar nie. Nee wat. Why?

Meeste mense in Suid-Afrika kry swaar. Ons is arm. Die bietjie wat werk het is ook arm. Dit is die klein elite wat ryk is. En sedert 1994 het die ongelykhede gegroei. Mens kan sê almal is “minder arm”. Want meer mense gaan skool toe. Meer mense het klinieke. Maar die gaping tussen die haves en die have nots bly maar net aanhou groei.

Die rympie van die gewetenlose kapitalis ken ons maar te goed. Verslap die arbeidswet. Betaal mense peanuts. Dit sal die werkloosheid verlig.

En hulle sê daar is wel werk beskikbaar, maar mense het nie die vaardighede nie. . .

So klompie mense word tussendeur al die gejaag gegrief oor hulle arm medemense wat krepeer van ellende en om hulle gewetens te sus oortuig hulle en andere hulle dat kommunisme die oplossing is.

Hulle ontleed die ganse menslike toestand in ekonomiese terme en hulle glo met hulle teorie kan hulle als oplos. Maar die teorie en die praktyk bots. Hulle bots iets vreesliks. Dit was altyd so en dit sal altyd so wees. Wie dit nie besef nie ontleed die wêreld met ’n ahistoriese benadering. En ek kan dit nie ernstig opneem nie.

Wat, die heel heel ergste is Suid-Afrika se sogenaamde kommuniste. Ek kan nie anders as om die twee here, Mashele en Qobo aan te haal wanneer ek aan ons situasie dink nie. In hulle boek “The fall of the ANC – What next?” (Johannesburg 2014), besin hulle oor Suid-Afrika se eie Kommunistiese party, en hulle doen dit as volg:

“ …the heirs of the SACP legacy have opportunistically accepted positions as ministers and officials in the new ANC government and have abandoned their socialist convictions. This has meant a fundamental change of class position – moving from townships to live in the capitalist conditions, these so-called socialists are communists by sentiment, and capitalists by material reality. All this is epitomised by Blade Nzimande, who, soon as he was appointed Minister of Higher Education, was quick to use state resources to buy himself an expensive 7-series BMW as his official vehicle” (p 114).

Ja boet. Ja. Dit is wat “kommunisme” in Suid-Afrika behels . . .

So dan kry ons nou hierdie minister wat sê hy is ook een “kommunis” en dat almal nou alles gaan deel. Een moewieske utopia van voor tot agter.

Ja. Kommunisme is op pad na Suid-Afrika mense!

Dis die rooi

dis die mooi

dis die blink

dis die goud

dis al

dis alles en nog wat

Advertisements

One comment

  1. […] Tot ’n mate maak dit egter sin dat sekere mense terug sal verlang na hulle posisie van bevoorregting. Dat hulle in die verlede sal lewe. Wie wil nie dinge op die skinkbord kry nie? Wie wil nie beter behandeling kry as ander nie? Meeste mense sal graag wil. So, ook die onlangse opmerkings op PRAAG se webwerf, toon in hoe ’n mate Suid-Afrika se mense dikwels nog in die verlede lewe. Dit mag miskien so wees dat lede van Suid-Afrika se “kommunistiese” party baie hoë posisies in die regering geniet. Maar die vraag is, hoe “kommunisties” is hierdie kommuniste van ons land regtig, daar waar hulle in gegoede buurte bly en in luukse motors rondry? Is hulle kommuniste in die sin wat Joe Slovo, Ruth First, Chris Hani en Bram Fischer was? Ek het juis anderdag iets hieroor geskryf en my gevoel laat blyk. […]

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s