Lord, we give you Barend . . .

Daar is nou hierdie liedjie, ’n treffer, wat net op al wat ’n radiostasie is. Dit is ’n treffer van Suid-Afrika se liefling, Juanita ‘Skarumba’ du Plessis. En die ding se naam is – as vandag my laaste dag is. Of so iets. Dit is in elk geval een reël uit die lied. En hoewel Du Plessis se musiek my in die algemeen nie juis aanstaan nie, is dit tog ’n lied wat mens aan die dink sit. Hoe sal ek my laaste dag wil spandeer? Wat sal ek kies om te doen op daardie dag?

 

Meer bepaald het die vraag toe by my opgekom – hoe sal ek wil he dat daar ‘begrafnis’ gehou word oor my? Sal ek enigsins ’n begrafnis WIL he? Want ek weet ook so van mense wat versoek het dat hulle deur die wilde diere of aasvoëls opgeëet word, en op daardie manier terugkeer na die voedselketting. Andere wil he hulle liggame moet gebruik word vir mediese navorsing by universiteite. Ander wil veras word. En so is mense verskillend en wil hulle verskillende eindes he.

 

So gebeur dit toe ook toevallig dat ek vir ’n TWEEDE keer in een week die film “City Slickers” kyk. Ek kyk selde ’n film twee maal, dit verveel my te erg, maar so gebeur dit toe hierdie rare keer. En soos dit gaan met films weer kyk, sien mens dan dinge wat jy nie die eerste keer gesien het nie. Behalwe vir die tipiese Hollywood kaaserigheid, is die film ‘City Slickers’ eintlik ’n heel spirituele film. Die karakter ‘Curly’ is die een wat hiervoor sorg.

 

En in een spesifieke toneel, dan kom Curly tot sterwe. En dan word daar vir hom ’n seremonie gehou. Maar in plaas van ’n lang toespraak, dan se die een man net “Lord, we give you Curly. Try not to piss him off”.

 

En ek dink, dit is presies hoe ek dit ook sal wil he. En as ek veras word, dan wil ek ook nes my een familielid eenkeer gesê het, wil ek ook he dat my as by die Kirstenbosch Nasionale tuin gestrooi gaan word. Want ek het my land lief en dit is waar ek die graagste wil gaan rus eendag.

Advertisements

3 comments

  1. Barend,soos gewoonlik skryf jy interassante goed,hetsy mens daarmee saamstem of nie. Ek het op n Engelse weergawe vd Afrikaanse Opinieplatform afgekom. Dis gedoen op Google Drive. Een v my artikels oor regstellende aksie is daar in Engels geplaas. Die Engels is uiters swak en ek sal nooit,ooit so swak in Engels skryf nie. Ek’s uiters teleurgesteld dat my goed in Engels vertaal is en boonop uiters swak Engels ook! Die Opinieplatform moet bietjie kyk dat sulke goed nie gebeur nie. Dit skep n swak beeld vd skrywers en die Afrikaanse Opinieplatform as artikels uiters swak vertaal word.

    • Hallo Frik. Dankie vir die kompliment. Ek kan dieselfde van jou se. Ek waardeer al jou bydraes. Ek en jy verskil vreeslik maar elke opiniestuk van jou waardeer ek.

      Ek is wel ‘n subredakteur op die Afrikaanse Opinieplatform maar my magte is beperk, en so glo ek ook die hoofredakteur, met wie ek nooit kontak het nie, se magte is ook beperk, in soverre dit die verspreiding van jou skryfwerk betref. So min weet ek van die hoofredakteur van die Afrikaanse Opinieplatform, ek het daardie persoon slegs een keer in my ganse lewe ontmoet.

      Die doel van hierdie plek is om mense die kans te gee om kommentaar te lewer. Daar word geen rassisme of skeltaal geduld nie. Wel af en toe skeltaal, solank dit binne konteks is. Bowenal word daar geen persoonlike aanvalle geduld nie. Ons droom is en was om gesonde, respekvolle, maar warm debat te stimuleer. Daarom dan dat ek en die hoofredakteur van die Opinieplatform nie skrik om van mekaar te verskil en mekaar uit te daag nie.

      Wat jou stuk oor regstel aksie betref, ek het dit gaan soek en stem saam dit is uiters treurg vertaal. Maar daar is weinig wat ek dink die Afrikaanse Opinieplatform daaraan kan doen. Die ding met webjoernale is dat jy jouself eenmaal oneindig blootstel. Mens het weinig tot niks beheer nie.. My skryfsels is ook al op baie plekke geplaas. Soms sonder my medewete.

      Ek is jammer dat dit met jou skryfwerk moes gebeur. Jy verdien nie dat iemand sulke onreg aan jou skryfsels veroorsaak nie.

      Leke week vir jou verder.

      Barend.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s