Hier gaan ons al weer . . .

Ek kan nie anders as om myself by die koor van stemme te voeg wat onse hoofregter, Mogoeng Mogoeng, kritiseer vir sy onlangse uitsprake dat godsdienstige oortuiginge meer dikwels in wetgewing moet figureer. Volgens die regter sal die stap verskeie van Suid-Afrika se probleme oplos. Wat vir my gerusstellend is, is dat daar skynbaar baie gelowiges self is wat ongelukkig is met sy mening. Ons sit met ’n jammerlike verskynsel van godsdienstige onverdraagsaamheid in Suid-Afrika, ag, eintlik wêreldwyd. En dit sny na baie kante toe. Maar ons moet onsself gelukkig ag dat daar baie meer verdraagsame as onverdraagsame mense is. Gematigde Christene, Muslims, ateïste en agnostici en al die ander gelowe, wat mense is waarop mens kan reken.

 

Maar die godsdienstige onverdraagsaamheid, die sal daar altyd wees.

 

Miskien die mees kommerwekkendste eienskap van ons hoofregter se geloof is dat hy deel van ’n spesifieke Christelike groepering is wat baie sterk anti-homoseksueel is.

 

Wat my egter die mees ongelukkigste oor die hele saak maak, is die manier hoe sommige mense sommer net kan insinueer dat omdat jy nie hulle godsdiens beoefen nie, of omdat jy geen spesifieke godsdiens beoefen nie (soos ek), of omdat jy aan geen god glo nie, dat jy kwansuis ’n mens is met geen morele waardes nie. Dit is presies waarop die regter se opmerkings neerkom. Hy glo basies skynbaar dat godsdienstige mense se morele waardes beter is as ongelowige mense. Niks kan verder van die waarheid wees as dit nie!

 

As ’n mens kyk hoe baklei die kerke onder mekaar, en hoeveel skandes daar onder hulle is, datnis dit maar erg aanvegbaar om te beweer dat godsdiens ons moraliteit bepaal. Ek onthou ek het eenkeer vir ’n prediker gevra, as julle dan nou beter is as almal net oor julle godsdiens, wat dan van die kruistogte waar mense van jou godsdiens massas onskuldige mense gemoor en gemartel het? En sy antwoord was, nee dit was die slegte Katolieke wat eintlik nie die regte ware gelowiges is nie.

 

Eers later het ek daaraan gedink, ek moes hom gevra het, wat dan van die Verenigde State van Amerika? Een van die mees aggressiefste lande op aarde? Wat van die Britse ryk in die gloriedae van kolonialisme? Beide diep gelowige Protestantse state, beide uiters wreed. Maar nou ja, hierdie tipe mense sal altyd altyd ’n manier kry om almal wat anders is as hulleself sleg te sê.

 

My hart bloei die meeste vir daardie ware opregte Muslims en Christene en ateïste, wie se naam deur andere wat hulle godsdiens deel, deur die modder gesleep word. Want daar is baie godsdienstige mense wat opreg en eerbaar is, en wat die waardes van hulle filosofie leef. En wat gematigd en aanpasbaar is.

 

Dit is soos hierdie mense wat Duiwelspiek se naam wil verander. Ag liewe aarde. Kerksekte verwerp hulle grootste produk. Satan “bind” glo mense volgens hierdie mense. Is dit dalk omdat dit ’n abstrakte wese is wat nie werklik bestaan nie, maar dat mense se geloof daarin hulle gesondheid erg benadeel?

 

Hoeveel nonsens gaan hierdie mense nog uitdink? O ja, daar is Satan ne, soos wat daar purgatory is, of was. Ag ja. Siestog.

 

Ek het Saterdag deur ’n optiese teleskoop gekyk vir die heel eerste keer in my lewe. Mens sou dink, soos wat party van hierdie mense praat, dat ek die engel Gabriel of vir Jesus daar anderkant Saturnus moes gesien het. Of dalk daar by Omega Centauri. Jesus het mos opgestyg soos ’n vuurpyl die hemelruim in. Met Omega Centauri nagenoeg sestien duisend ligjare weg, is Jesus seker nog op pad. Want as hulle vir Jesus sien opstyg het, dan het Jesus nie eens teen die spoed van lig beweeg nie.

 

Maar ag nou ja, soos van hierdie mense praat moes al die plante op aarde eers sonder sonlig gelewe het, aangesien die son na plante geskep was. Dit is nou voordat die slange gepraat het.

 

Ek oh, ja, ek is ’”slegte” gelowige omdat ek hierdie dinge nie glo nie. Ek gaan warm plek toe.

 

Maar tot dan soek ek, net soos miljoene ander verdraagsame gelowiges en ateïste, ’n land waar die regbank nie deur dogma beïnvloed word nie.

Advertisements

2 comments

  1. Dankie vir die goeie artikel. Ek is ‘n CPUT student 2de jaar en besig met ‘n opvoedkunde taak. “Morele waardes van verskeie gelowe” en het gewonder of ek gedeeltes van U artikel mag gebruik. Ek sal terug verwys na die artikel in my bronnelys. Hierdie is ‘n onderwerp wat ek nog altyd intressant gevind het. Groete

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s