Orania se internasionale politiek kan anders

 

Vir jare hou ek, as Nederlander, Orania dop. Wat opval, is dat die dorpsbestuur deur die Orania Dorpsraad, wat die munisipale dienste lewer, baie professioneel is en dat die benadering van die res van Suid-Afrika deur die Orania Beweging baie oopkop en pragmaties is.

Vanuit feite word die dorpsbestuur sowel as vraagstukke van die res van Suid-Afrika wat op Afrikaners en Orania betrekking het, benader. Emosie en politieke betrokkenheid word dikwels gelos omdat Orania se belange eerste kom.

omtzigt-300x225
Carel Boshoff met Pieter Omtzigt, Nederlandse LP en buitelandwoordvoerder namens die Christen-Demokratiese Appèl. (Foto: Orania Beweging)

Orania gebruik ‘n tipiese val,-staan-op-en-probeer-weer-strategie. Orania is ook nie te skaam om sy mislukkings – want baie projekte en idees het reeds misluk – te toon nie. Van foute word geleer. So kan die bestuur van die dorp steeds verbeter word. Dit is nog nie perfek nie, maar vooruitgang word oor die algemeen steeds behaal.

Verder is een van die sterkste punte van Orania dat sy na ander gemeenskappe uitreik, sonder om ‘n waarde-oordeel oor dié gemeenskappe se kultuur en lewenswyse te vorm. Orania reik nie net uit na gemeenskappe soos Mnyameni en Eersterus, maar speel ook ‘n rol van betekenis binne die Afrikaanse Taalraad, waarvan Orania ‘n lidmaat is. Persoonlike menings van Orania-bestuurders lyk geen rol te speel tydens hul binnelandse politiek.

Hoe anders is dit in Orania se internasionale strategie. Politieke voorkeure van bestuurders lei tot internasionale alliansies, soos Vlaams Belang in België en die Partij voor de Vryheid in Nederland. Verder spreek leiers van Orania op Orania se ‘onafhanklike’ blogwerf dikwels steun uit aan Euroskeptiese partye; hierby word egter Orania se belange vergeet.

Oraniërs – saam met baie ander Suid-Afrikaners – vergeet dat die meerderheid van die Europeane ‘n sekere mate van Europese samewerking wil (45%) of selfs die huidige koers van Europa steun (35%). Slegs ‘n minderheid van 20% is Euroskepties. Indien Orania of sy leiers (persoonlike) steun aan Euroskeptiese partye gee, gee sy ook ‘n onwenslike waarde-oordeel oor die Europese politiek en nasionale politiek in Europa.

Orania word met hierdie politieke strategie afhanklik van sy Europese alliansievennote, omdat dit amper onmoontlik raak om met nie-politieke organisasies of ander politieke partye te praat. Die PVV, VB, Ukip en FN is dalk sissies as ons dit vergelyk met die Afrikaner Weerstandsbeweging en die Kommandokorps, maar hulle word nog altyd verregs genoem. Orania kan darem ook weereens as verregs gemerk word. En sodra een van Orania se alliansievennote in Europa kwyn, verdwyn die steun vir Orania daarmee saam, omdat geen ander party sal wil saamwerk met ‘n beweging wat bande onderhou (het) met verregse partye.

Die Vlaams Belang is byvoorbeeld so ‘n vennoot van die Orania Beweging. In 2004 was hulle die grootste party in Vlaandere, maar die steun van die Vlaams Belang het egter so dramaties geval dat sy in sommige Vlaamse provinsies uit die provinsiale parlemente verdwyn het. Die grootste Vlaams-nasionalistiese party, die Nieuw-Vlaamse Alliantie is tans een van die mees sterke kultuurpartye in die Lae Lande. Anders as die Vlaams Belang wat heeltyd foute gesoek het by die Franstalige Belge en Islamitiese immigrante, probeer die N-VA die dade van Vlaminge te verander om so sy outonomie en selfbestuur tot die uiterste te kan vergroot.

Maar noudat die N-VA een van die magtigste kultuurpartye is, sal dit met Orania se huidige houding moeilik raak om kontak tussen die party en Orania op te bou. Want die party is een van die mees pro-Europese partye van België. Hulle gebruik die Europese Unie en die subsidariteitsbeginsel (wat ook deur Orania gebruik word) om die Belgiese staat te ontmantel en maksimale selfbeskikking vir die Vlaminge te bereik.

En dit terwyl Orania geen belang daarby het om enige inisiatiewe vir óf teen Europese samewerking te ondersteun nie.

Verder gebruik Orania in sy binnelandse politiek allesbehalwe populistiese strategieë, maar fokus op ‘n langtermyn ontwikkeling van Orania, ‘n volkstaat en Afrikaners. Orania se Europese vennote het nie van die woorde ‘langtermyn ontwikkeling’ gehoor nie, want die grootste deel van hul politieke programme en toesprake gaan oor hoekom hulle teen enigiets is. Min eie beleid word uitgesit en voorgestel. Ook word debatte dikwels deur die populistiese partye versteur en ken hulle geen respek vir demokraties gekose en funksionerende (!) owerhede en andersdenkendes nie. In ander woorde gestel: Orania se huidige Europese politieke vennote verteenwoordig nie Orania se waardes en norme nie.

Dit is ook hoekom Orania se natuurlike bondgenote in Nederland – die gereformeerdes – waarmee Orania tans geen bande mee onderhou nie, geen belang stel in Geert Wilders se politiek.

Buitendien is voorstanders van die Groot-Nederlandse gedagte (ook wel Dietse gedagte genoem) wat meer samewerking tussen Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge wil, deur die gehele politieke spektrum versprei. Nederlandse politici van VVD, CDA, PVV, SGP, CU en D66 as ook Vlaamse politici van CD&V, N-VA, LDD, Open-VLD, sp.a wil meer samewerking. Dit is almal hoofstroom partye. Verder is daar nog baie gematigde organisasies soos die Algemeen Nederlands Verbond, die Orde van den Prince en die Marnixring. Die laas genoemde organisasie is natuurlik reeds betrokke in Orania. Om nog nie eens van die potensiaal van tientalle Nederlands/Vlaams-Suid-Afrikaanse organisasies te praat nie.

Die opgradering van die Elim-woonstelblok is onder meer moontlik gemaak deur die Marnixring, wat ‘n hoofstroom organisasie is. (Foto: DAO)

Dit in oënskou geneem, dink ek dat Orania se internasionale politiek anders kan. Die binnelandse taktiek kan ook in die buiteland gebruik word. Orania sal eerder na gemeenskappe en bewegings moet uitreik as na politieke partye.

Gereformeerde dorpe in Nederland (Foto: Wikimedia Commons / Danny Cohen)

En Orania kan uitreik na gemeenskappe in Europa, want sy doen dit reeds! Soos in Suid-Tirol. Aan die een kant kan die Orania Beweging uitreik na bewegings van gemeenskappe, terwyl die Orania Dorpsraad kan uitreik na stede en dorpe, deur byvoorbeeld ‘n dorpeband (twin towns) probeer te kry. Daar is genoeg gereformeerde dorpe in Nederland wat waardes en norme met Orania deel. Buitendien is die steun vir die Afrikaner in die gemeenskappe van oudsher baie groot.

Orania, los die Europese politiek. Julle sal dáár net simpatie verloor, omdat hierdie onnodige politieke keuses ondersteuners uitsluit. Leiers van Orania, steek julle persoonlike voorkeure weg, bloot omdat dit te min voordele en teveel nadele bied.

Laat die Orania Dorpsraad of die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) probeer om bande met munisipaliteite in die buiteland te bou.

En laat die Orania Beweging probeer om bande met nie-politieke kulturele organisasies te bou.

Dan sal internasionale steun baie vinniger – en meer hoofstroom – toeneem.

Advertisements

3 comments

  1. Interresante perspektief. As ‘n Suid-Afrikaanse ondersteuner van Orania het ek nog nooit te veel aandag gegee aan Orania se internasionale strategie nie (Alhoewel ek die belangrikheid daarvan erken, raak dit my nie persoonlik nie) Ek is dus nie so in voeling met die beeld van die organisasies waarmee Orania in verbinding tree nie.

    Ek dink u maak ‘n geldige punt, en het u artikel onder die aandag van Orania se bestuur gebring.

    Groete

  2. Christian

    Dankie vir hierdie skrywe. Ek het dit eers onlangs te siene gekry. Ek dink jy maak verskeie wesenlike punte. Ek is baie betrokke by ons buitelandse skakeling en sal graag die aangeleentheid met jou wil opneem. Sal dit waardeer indien jy met my kontak kan maak by frans@orania.co.za.

    Groete en dankie.

    Frans de Klerk

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s