Ken jy die minister van wanbestuur?

Henk Kamp, minister van Ekonomiese Sake van Nederland, ook wel minister arrogant of minister wanbestuur genoem. (Bron: Rijksoverheid/Wikimedia Commons)

Die slegste minister in die land? Ken jy vir hom of haar? Is dit maklik om hom of haar uit te wys as jy die hele kabinet in oënskou neem? Nie die minister wat net niks doen nie, maar juis die minister wat die verkeerde beleid maak en dit ook nog dodelik effektief kan invoer. Ek dink daar is in elke land wel so’n oom of tannie in die regering.

In Nederland het ons ook so’n minister. Lank is die linkse minister Ronald Plasterk beskou as die slegste minister. As minister van Onderwys het hy nooit iets gedoen nie, en in 2007 het hoërskoolleerlinge letterlik teen sy niks-bestuur in opstand gekom. Noudat hy sedert 2012 minister van Binnelandse Sake is, begin die hele storie met die veiligheidsdienste wat mense afluister. Om nog maar stil te bly oor die minister se volstruispolitiek met betrekking tot die korrupsie in die Karibiese deel van Nederland.

Maar daar is altyd baas-bo-baas. Ook in Nederland. Hoewel minister Henk Kamp reeds vir 2003 hoë poste in die staat vervul, word die gevolge van sy wanbestuur eers nou duidelik. Toe hy tussen 2003 en 2007 minister van Verdediging was, het hy die verdediging-begroting gekort, sodat daar nou te min helikopters is om ‘n mediese nooddiens vir 23 000 Nederlandse eilandbewoners te kan onderhou.

Na 2007 was Kamp die “kommissaris” wat die integrasie van drie voormalige kolonies by die moederland in moes begelei. Die resultaat was ‘n mooi-weer storie, maar nou sukkel die eilande byvoorbeeld met hoë inflasie en om Nederlandse wette in te voer.

Sedert 2012 is daai man minister van Ekonomiese Sake – gedurende een van die ergste ekonomiese krisisse. Met ander woorde: ‘n resep vir ‘n ramp. Op die oomblik is daar baie groot ekonomiese probleme in die noorde van die land. Die mynbou van gas veroorsaak aardbewings en baie fabrieke sluit en kantore word in die weste van die land hervestig. Rapporte wat die gevare van die gaswinning stel, word met opset in ander tale (Engels, Duits) gepubliseer, sodat dit moeiliker is om te lees vir Jan Alleman. Dit maak inhoudelike proteste ook moeiliker. Mense in die provinsie Groningen is bang omdat hul huise reeds ontset is deur die aardbewings.

Om die aardbewings te beperk, het die minister besluit om die gaswinning in die dele van dié provinsie verminder – maar in ander dele te verhoog. So bly die produksie amper gelyk, terwyl navorsing toon dat die gaswinning in die algemeen met 40% moet daal om die aardbewings te stop.

Ook kry dié provinsie die een klap na die ander. Fabrieke sluit, en as die minister van Ekonomiese Sake genader word om fabrieke in die noorde van die land te red, verkoop hy ronduit “nee”. Terwyl bankrot fabrieke in die weste van Nederland – die ekonomiese hartland – wel gered word.

En om sy status as minister van wanbestuur te verstek, het hy besluit dat die nasionale posdiens, PostNL, die helfte van sy ingee-briewebusse en dienspunte mag sluit. En weer word die platteland en klein dorpe hard getref.

Wanbestuur in ‘n kabinet sonder visie (en waar die minister-president dit ronduit toegee) is lewensgevaarlik, omdat die meetlat vir die meet van wanbestuur ontbreek.

Maar dalk is dit nog gevaarliker om ‘n regering te hê wat dink hy’t ‘n visie, maar eintlik glad geen visie het nie. Dan is dit doellose *** in die lug. Soos die ANC-regering daagliks doen.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s