Boere kry nuwe SAKP-minister vir grondgryp

Graan-oes in Limpopo (Foto: NJR ZA/Wikimedia Commons)

Boere in Suid-Afrika gaan swaar kry. President Jacob ‘Bloedbad’ Zuma het sy nuwe kabinet aan die land getoon. En dit belowe niks goeds nie. Dit gaan nou gebeur: Landonteiening, die groot grondgryp of hoe jy dit ook al wil noem.

Hoewel die Vryheidsfront Plus meer stemme gekry het en met 13% gegroei het, het dr. Pieter Mulder sy regeringspos verloor. President Bloedbad het hom nie weer aangestel as onderminister van Landbou aangestel nie. Hy is vervang deur Bheki Cele, die voormalige (en korrupte) baas van die polisie. Hy is waarskynlik beloon vir sy ondemokratiese optrede rondom die Nkandla-verslag. Cele het geprobeer op die publikasie van die verslag uit te stel.

Om die Boere se toekoms nog maar net donkerder te maak: die ou minister, Tina Joemat-Pettersson, kon maar as ‘n baie goeie minister van Landbou beskou word, want die nuwe een gaan heel moontlik nog slegter vaar. Die nuwe minister van Landbou is naamlik Senzeni Zokwana, partyleier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.

En die woorde ‘private eiendom’ staan nie in die woordeboek van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie. Grondhervorming en nuwe onteiening gaan waarskynlik deurgedruk word.

Tegelyk het president Bloedbad die laaste reste van die regering van Nasionale Eenheid (RNE) uit sy kabinet verwyder. Naas Pieter Mulder is ook Martinus van Schalkwyk uit die regering verwyder. Hy is nie langer minister van Toerisme nie. Max du Preez wys Van Schalkwyk uit as een van die ministers uit die vorige kabinet wat die hardste gewerk het. Hy word vervang deur Derek Hanekom wat tussen 2012 en 2014 minister van Wetenskap en Tegnologie was.

Derek Hanekom sal ook moet vrees dat hy op die pad uit is, omdat minister van Toerisme ‘n relatief onbelangrike pos is. Dat hy die onbelangrike pos gekry het, dui daarop dat die ANC sy invloed so klein moontlik wil hou, verseker met die oog op ‘n nuwe grondhervormingsera. Hanekom was mos minister van Landbou en Landsake in die RNE en kan dus relatief veel weerstand bied. Maar nou hy ‘n onbelangrike pos in die kabinet gekry  het, is die mag van Hanekom baie ingeperk.

Die enigste (swak) hoop vir die boere lyk juis in die persoon van minister Gugile Nkwinti (Grondhervorming) te skuil. Aan die een kant het Nkwinti gesê dat nasionalisasie is geen opsie nie, terwyl hy aan die ander kant beweer het dat boer hul grond moet deel om ‘n lot erger as Zimbabwe te vermy. Dit lyk of boere se enigste hoop die uitspraak van Nkwinti oor nasionalisasie is. Hoe swak dit ook is.

En wat verder te doen om grondhervorming te voorkom? Niks anders as hoop en agter die skerms en internasionaal (onder meer in Nederland en België) steun te verwerf. Die tyd van die baasskap-oppie-plaas en rassistiese boerdery sal definitief verlede tyd moet wees – anders gaan daar nooit internasionale steun kom nie. Boere, wees oopkop en pragmaties!

Miskien bied die ervaring dat Cele gevoelig is vir omkopery ook nog uitkoms – maar dit sal logieserwys net vir ryk boere geld.

En boere wie se plase in die Noordwes-Kaap geleë is, kan hul plaas dalk vrywillig inskakel by Orania. Op die wyse word hul eiendom heel moontlik beskerm deur artikel 235 van die grondwet. Maar dit is weer ‘n ander storie.

Advertisements

3 comments

  1. Die DA het mos baie te sê gehad oor Pieter Mulder adjunk-minister v landbou was. Nou het ons n top lid vd SAKP as minister v landbou en sy adjunk is Bheki Cele. Sal die DA nou tevrede wees? Dr. Mulder het fantastiese werk gedoen en met hom nie meer daar nie,gaan hul maak nes hul wil en landbou gaan daar onder lei,wat weer die ekonomie gaan knou. Hier kom n harde tyd en saam met die ANC se grondhervorming,wat die DA steun, is ons in vir groot probleme. Dis tyd dat meer mense die VF Plus begin steun,want dis die enigste party wat werklik veg vir mense se regte.

  2. Ek is nie so seker nie. Dit is nie die grootste geheim dat Suid-Afrika se “kommuniste” nie ware kommuniste in die sin van die woord is nie. Baie van hulle steun glad nie nasionalisering soos wat Malema se EFF wil he nie.

    Ek se nie dit is onmoontlik dat grondoneienings sal gebeur nie. Maar ek is skepties of dit sommer net sal gebeur.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s