SANBS se stap oor homoseksuele mense word verwelkom

‘n Pasiënt se bloed word ondersoek, sodat hy (miskien) bloed kan skenk (Foto: USAF/Wikimedia)

’n Mens kan nie anders as om die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) se besluit om homoseksuele mans toe te laat om bloed te skenk te verwelkom nie. In Suid-Afrika, net soos elders in Afrika, het ons ’n reuse probleem om homoseksuele mense aanvaar te kry in ons gemeenskappe. Ou stereotipes floreer nog dikwels, en word veral deur stiksienige godsdienstige gemeenskappe in stand gehou.

’n Mens kan seker voel dat die SANBS, deur vir so baie jare gay mans se bloed te weier, ook bygedra het tot die stereotipering van gays. Maar miskien moet mens die SANBS versigtigheid waardeur. Dit is immers so dat homoseksuele mans histories in terme van persentasie ’n groter risiko ingehou het vir bloed wat met die MI virus besmet is. Maar vandag weet ons danksy navorsing dat gay mans se bloed nie meer ’n groter risiko inhou as wat heteroseksuele mense se bloed inhou nie.

Dit bewys dat losbandigheid nie meer algemeen is in die gay gemeenskap as wat dit is onder heteroseksuele mense nie. Want, laat ons eerlik wees, die hoë voorkoms van die MI virus dien vir baie mense as ’n ekstra “bewys” dat homoseksuele mense “verkeerd” is.

 Alhoewel daar al baie vordering gemaak is onder geloofsgemeenskappe, is daar ongelukkig steeds baie Suid-Afrikaners wat glo dat die aarde in sewe letterlike dae geskep is en dat God ’n wese moet wees wat doer ver bo die berg Olymus woon, eintlik anderkant die eertydse planeet Pluto. En gevolglik glo hierdie mense ook dat homoseksualiteit “sonde” is en “teen die natuur” is.

Dit is belangrik dat Suid-Afrika leiding neem in hierdie verband. Elders in Afrika heers daar natuurlik erge onverdraagsaamheid teenoor homoseksuele mense en word hulle swaar tronkstrawwe en in sekere gevalle selfs die doodstraf toegedien. ’n Verskynsel soos korrektiewe verkragting , waar groepe mans homoseksuele vroue verkrag in die hoop om hulle te “genees”, is gladnie vreemd nie. Baie mense het al op daardie manier in gruwelike en tragiese omstandighede gesterf.

Ek moet sê dat ek dink nie dit was ooit die SANBS se bedoeling om ou stereotipes in stand te hou nie, maar dit is waarskynlik wat ongelukkig in die praktyk gebeur het. Suid-Afrika het nog ’n baie lang pad om te stap voordat ons ’n land sal he waarin die regte en keuses van individue gerespekteer word. Maar die besluit om gay mans toe te laat om bloed te kan skenk is ’n goeie ontwikkeling.

Dit wat ons eintlik moet ontmoedig, is vir mense om meer as een seksmaat te he. Natuurlik is dit óók ’n reg en ’n keuse, net soos homoseksualiteit. Maar in plaas daarvan om losbandige mense se gedrag meer te kritiseer, word daar gehammer op homoseksualiteit, omdat ’n sekere gedeelte van ons land se mense glo hulle en nét hulle verstaan die Bybel en nét hulle verstaan die presiese manier waarop die Bybel moet funksioneer in ons gemeenskappe.

So is dit dan ook dat die president van ons land verskeie seksmaats het, ook buite sy vier huwelike.

Die ou stereotipe, naamlik dat ’n suksesvolle man stringe vroue moet kan verlei, floreer in ons land. Die feit dat heteroseksuele mans nou ewe veel van ’n voorkoms van MIV besmette bloed het as homoseksuele mans, bewys dit. En daarmee saam is daar die stereotipe dat gay mense “sonde” doen. Beide van hierdie moet voortdurend beveg word – dit is in internasionale belang.

Advertisements

One comment

  1. Dit is nou hoogtyd dat dit gebeur, so ja ek stem saam, dat daar rerig nie meer onderskeid geneem kan word tussen hetro en homeoseksuele mense nie, want deesdae is die MI virus oral in die samelewing te kry

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s