Dagdrome kan baie gevaarlik wees

In Rapport vandag – ’n groot dubbelbladsy artikel van een van die grootste kritici van Naspers koerante, dr. Dan Roodt. Verlede jaar nog het Roodt en sy meelopers gepleit dat mense ophou om koerante soos Rapport te koop, vandag pryk sy artikel daarin. Tsk tsk tsk. Ek het net anderdag ’n stuk geskryf oor Afrikaanse media en dat die media tog nie so ‘sleg’ is soos sekere mense beweer nie. Die Afrikaanse media gee aandag aan ’n breë spektrum van mense en idees, presies nes die Afrikaanse mense is, uiteenlopend, maar sjoe daar is ongelukkig sekere mense wat net een ding oor en oor wil he.

 

Nietemin, die doktor is bekend daarvoor dat hy vir die ‘onafhanklikheid’ van ’n bepaalde groep mense baklei, mense namens wie hy al te graag praat en skryf. Tog, met die onlangse verkiesing toe sy party, die Front Nasionaal, se mandaad getoets was, het hulle net oor die 5000 stemme op hulle verenig. En natuurlik nie sonder ’n stroom beledigings en verwyte het hulle gesink nie. Kenmerkend aan die standaard van dialoog waaraan mens al gewoond geraak het by hulle mondstuk, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG), op wie die Afrikaanse spreekwoord “die leegste blikke maak die grootste geraas” uiters van toepassing is.

 

Daar is mense met baie snaakse idees in hierdie land. Hoewel die konserwatiewe visie skynbaar tog baie lewend is in Europa. het gebeure soos die Tweede Wêreldoorlog ’n onuitwisbare gewetenswroeging op Europa gelaat.

 

Die gedagte om groot gedeeltes van Suid-Afrika weer onafhanklik te verklaar en apartheidswette in daardie gebiede weer in te stel, gaan nie suksesvol gebeur nie. Dit is wat baie van hierdie mense begeer. Hulle begeer dit want die idee agter apartheid was grootliks om een groep ten koste van die ander uit te buit. Wel, miskien was dit nooit die presiese idee agter elke liewe enkele stuk apartheidswetegewing nie. Maar dit is wat in effek gebeur het. Apartheid het misluk omdat mense gierig was. Hulle het op ’n stadium opgehou om oor hulle kulturele bande om te gee, en hulleself deur die sonde (?) van geldgierigheid laat regeer.

 

Dit het veroorsaak dat hulle elke liewe enkele aspek van swart Suid-Afrikaners se lewe probeer reguleer het. Deur pasboeke. Deur groepsgebiede. Deur drankwette. Deur die Ontugwet. Ja, haas elke aspek van mense se lewens is beheer en reguleer en dit was alles gedoen omdat mense gierig was. Met selfbehoud had dit weinig te doen. Dit was suiwere, gewetenlose, kapitalistiese gierigheid.

 

Vandag is daar mense wat daarna smag om daardie mislukte wetgewing weer op onskuldige mense af te forseer, omdat hulle terugverlang na die vleispotte van apartheid. Maar daar is wel mense wat doen wat hulle doen bloot omdat hulle hul kultuur hoog ag.

 

Dit is die laasgenoemde wat veel eerder mense se welwillendheid moet geniet as die eersgenoemde.

Advertisements

2 comments

  1. Dan sien die handjievol “uitverkorenes” van 5000 nog boonop kans om op mekaar te spioeneer en mekaar se gatte met sement toe te messel.

    • Voorwaar hou die artikel en kommentare van 22 Mei – Motsepe ontken hy studiefooie beloof het – intriges in van n sioenasie-riller wat skrik vir niks.
      Merk juis twee vd groot rolspelers skuil ook op die rante van hierdie forum.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s