Vertaling: Wat te doen met “Orania is rassisties!”

Die Kuierstoep, een van Orania se vyf winkelsentrums (Foto: DAO)
Die Kuierstoep, een van Orania se vyf winkelsentrums (Foto: DAO)

Orania groei. Die volkstaat trek nou reeds baie joernaliste van regoor die wêreld. Dit sal, soos Orania groei, net verder toeneem. Die stem wat Orania uitdra, sal meer en meer gehoor word, op TV, in die koerante, op internet, tydens politieke byeenkomste, ens. Wil Orania kan uitgroei tot ’n volkstaat, dan benodig sy steun, laat ek sê, enige welwillendheid van die westerse wêreld. Die stigting van ’n land is nie maklik nie. So iets veroorsaak, soos reed blyk, harde teenkragte. Wat sal die eerste aanval/beskuldiging wees wat teen Orania ingebring word? Rassisme! “Die Afrikaners bou hul eie volkstaat omdat hulle rassiste is. Hulle haat swart mense en wil hulself weens hierdie rede isoleer.” Dit is die eerste aanval teen Orania en die volkstaat. En vir hierdie aanval is die westerse wêreld baie gevoelig.

My vrou en ek woon in Wes-Europa en sien met eie oë wat daar onder die mense hier speel. Afrikaners het geen goeie naam nie. Die vooroordeel teen Afrikaners wat in die algmeen bestaan, is: Julle is rassisties. Op YouTube is daar party video’s wat Afrikaners as lelik en monsteragtig, afbeeld, want hulle is mos rassiste. Dit is met name AWB-simpatisante wat hierdie beeld ondersteun. Daar is ’n video van ’n AWB-man op die internet, waar hierdie Afrikaner lekker vir jong seuns vertel dat Hitler hul voorbeeld moet wees.

Die westerse wêreld het nog altyd nie die gruwels van Hitler nie verwerk nie. Wat dink julle, wat die boodskap is, wat hierdie Afrikaner vir die wêreld oor julle vertel?

Die beskuldigings teen Afrikaners is nie tereg nie. Inteendeel, Afrikaners is die moeite werd. Ons dink dat hulle ’n liefdevolle volk is. Maar die westerse wêreld hoor dit nie. Video’s en verslae soos die van die AWB-man vorm die mening. En die teenstanders van Afrikaners weet dit baie goed. Hul doel is om Afrikaners vir die res van die wêreld sleg te maak.

Maar hoe kan Orania hom teen die beskuldiging van rassisme verdedig? In die eerste plek deur nie rassisties te wees nie. Dit is nie so maklik nie, omdat Afrikaners juis deur swart mense geteiken word. Ek, afkomstig van Wes-Europa, was skaam vir die rassisme in Suid-Afrika, nie deur, maar teen Afrikaners. Dit is verstaanbaar dat ’n mens gemengde gevoelens kry teen die groep mense deur wie hy steeds aangeval word. Presies dieselfde het gebeur met die Nederlanders. Hulle het na die Tweede Wêreldoorlog glad nie van die Duitsers gehou nie. (Niemand het daaraan gedink om die Nederlanders weens hierdie rede rassisties te noem nie).

Afrikaners moet tog, as hulle wil oorleef, op hierdie gebied ’n kofskuif maak, selfs as dit nie gemaklik is nie. Daar is baie goeie mense onder die swart mense. En swart mense is nie beter of slegter as wit mense nie. Hierdie oorweging kan rassisme in almal se harte keer. Buitendien, as ons werklik ‘die Heere’ wil dien, laat ons dan ’n biejtie probeer – en dit is vir almal ’n moeilike gebod – om ons naaste lief te hê soos onsself. Ook dit keer rassisme.

My vrou en ek is van mening dat die Orania-bestuur hier en daar kunstmatige stappe kan neem om kwaardwillige joernaliste ’n stap voor te wees. Maar dit sal slegs ten dele help. Die belangrikste stap teen die aanval – “Julle is rassiste!” – is om nie rassisties te wees nie. Ons hoop, dat die Orania-bestuur dit weet. En soos hulle nou leiding gee, doen hulle dit goed. Carel Boshoff senior het ’n goeie geestelike riglyn in sy outobiografie (Dit is nou ek) gegee: As ons werklik ’n volkstaat vir Afrikaners wil stig, is dit van wesenlik belang om te bly by die gedagte wat Boshoff in sy boek uiteengesit het. Die gedagte is goed. Hoekom werk Oraniërs vir die stigting van ’n volkstaat? Omdat Afrikaners ook mag lewe en omdat Afrikaners in die huidige politieke situasie van Suid-Afrika geen kans kry om te (oor)lewe. Die enige uitweg vir Afrikaners is die stigting van ’n eie land, deur Afrikaners en vir Afrikaners. ’n Groot meerderheid van die inwoners van die staat moet natuurlik uit Afrikaners bestaan. Dit waarborg die voortbestaan van ’n land vir Afrikaners.

Hierdie konsep, waarvan rassisme geen deel is, is te verdedig ten oorstaan van die wêreld. Ons moet nie ’n volkstaat probeer bou in isolasie van die res van die wêreld en van die res van Suid-Afrika. Die rassistiese volkstaatkonsep is die AWB se idee en dit is bestem te misluk. Dit sal – so is ons van mening – uitloop op die ondergang van die Afrikaners. Laat ons daarteen kies. Ook Afrikaners mag lewe! Die volkstaat kan, as God ons hierin seën, kom, maar by voorkeur moet Oraniërs hierin samewerking met hul swart bure in die res van Suid-Afrika soek.

Die artikel is geskryf deur Frits en Ella uit Nederland.

Nota: Die oorspronklike Nederlandse teks het verskyn op Orania se blogwebwerf. Die Afrikaanse opinieplatform het die artikel vertaal om so die debat oor rassistiese ingesteldhede te bevorder.

Advertisements

10 comments

  1. Dit is ‘n interessante onderwerp hierdie. Ek dink nie daar moet gedink word aan hoe om die stryd te wen nie, want dit sal nooit ooit gewen word nie. Daar sal maar altyd mense wees wat Orania as rassisties tipeer. Die fokus moet liewer le in opregtheid en in vreedsaamheid. Ek is nie iemand wat Orania direk steun nie maar indirek wel. Maar selfs om net vir mense te probeer oortuig dat Orania se mense hulle konstitusionele reg uitoefen is om jou kop op ‘n blok te sit. Maar ek sal nooit ooit vyandig kan raak teenoor Orania nie.

    Die skrywer is reg dat Orania reeds op die regte pad is. Daar is al baie mense wie se houding teenoor Orania verander het weens die optrede van Orania se mense. Maar hulle sal beslis moet aanhou om mense se persepsies uit te daag en goeie bande met alle mense te bevorder.

  2. Mense moet hulle eie persepsies laat uitdaag en mense moet andere se persepsies uitdaag. Dis al manier wat ons kan ontwikkel, anders staan ons stil.

  3. Orania se mense is nie rassisties nie! Watse snert is dit? Hul pas net hul reg op selfbeskikking toe. Artikel 235 vand die grondwet maak juis voorsiening vir selfbeskikking,vir enigeen wat dit wil toepas. Nelson Mandela was dan al op Orania en hy het niks rassisme beleef toe hy vir Betsie Verwoerd ook gaan kuier het destyds nie. Selfs Julius Malema was al daar en hy kon niks fout vind nie!

    • Frik, lees asb die artikel. Die skrywers sê Orania is nie rassisties nie. Die skrywers sê hoe Orania kan reageer op beskuldigings van rassisme: Bloot deur nie rassisties te wees nie.

      • Ek het die artikel gelees! Ek praat van ander mense se persepsies oor Oranie,mense wat vyandig staan teenoor selfbeskikking en dan sê dis rassisties as mense dit dan toepas,soos in Orania.

  4. Ek lees nou ook die boek deur prof. Boshoff met die naam Dis nou ek. Baie goeie boek en die moeite werd om te lees.

    • Ek het die boek ook in my besit. Dit was baie interessant om daardie boek te lees. Laat my raai, het jy lid geword van die Orania Beweging en toe die boek gekry? 😉

      • Nee,ek gaan neem boeke uit by ons biblioteek en dis waar ek hom raakgesien het. Het jy al die boek Rigtingbedonnerd van Fred de Vries gelees? Ook n interessante boek.

  5. Ja Frik. Jy moet dit in perspektief sien. Suid-Afrika is die land van apartheid. En hier is hierdie mense wat skynbaar nie wil inmeng met die res nie maar hulle eie klein ‘ou’ Suid-Afrika wil skep. En dan het die dorp daardie beelde van Verwoerd en ander ou apartheidshelde. Dit is net gegewe dat mense gaan praat, en dat hulle nie mooi dinge gaan se nie.

    So die vraag ontstaan, hoe bewys hulle persepsies verkeerd? Hoe bewys hulle dat dat hulle Orania opregte en eerbare bedoelinge het? Want daar is mense wat glo hulle is Nazi’s.

    DIT is waaroor hierdie stuk handel.

    Sjoe ek wil self eendag daardie boek van professor Boshoff lees!

    Miskien kan jy vir ons ‘n resensie skryf hier op die Afrikaanse Opinieplatform?!

    Ek sal dit baie waardeer!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s