Beeld – Jou DA, jou koerant

As daar een ding is wat ek smag dat die mense van hierdie land sal begin besef, dan is dit dat elke mens sy of haar plekkie in die son het. En dat daar baie partye en individue was, wat demokrasie na Suid-Afrika gebring het. Maar die African National Congress (ANC) erken nooit die Demokratiese Alliansie (DA) se voorgangers soos byvoorbeeld die PFP se rol nie. Die ANC gee ook nie genoeg erkenning aan die Pan African Congress (PAC) se rol in byvoorbeeld die Sharpeville skietery nie. Ja selfs Buthelezi was een van die knaende kritici van Mandela se aanhouding. Min mense dink vandag nog daaraan. En die DA wel, hulle wil op hulle beurt nooit die rol van die Vryheidsfront plus (VF+) erken nie. En tog het die VF+ en sy leierskap baie gedoen in die proses om demokrasie na Suid-Afrika te bring. Daarvan getuig hulle ontstaan onder generaal Constant Viljoen.

Want in teenstelling met wat sommige mense vandag lyk dit my glo, was dit nie die AWB of doktor Dan Roodt wat die grootste bedreiging vir die onderhandelinge ingehou het nie. Dit was die ondersteuners van die VF plus en die IVP!

Die vyandskap teenoor verskeidenheid word uitstekend geïllustreer deur die manier hoe die dagblad Beeld te werk gaan. Enige mens wat gereeld my opiniestukke lees sal weet dat ek al te gereeld die VF+ kritiseer. Maar hierdie is ’n opinieplatform, dit is nie ’n koerant nie. En die manier hoe die redakteur van die Beeld onlangs uitgevaar het teen Suid-Afrikaners wat VF+ stem, is vir my werklik verstommend. Dit is waarlik jammer dat Beeld so baie mense wat bloot hulle demokratiese reg uitgeoefen het, nou wil tipeer as stiksienige Afrikaners wat niks weet nie.

Daar bestaan by my nou geen meer twyfel oor waar Beeld se lojaliteit le nie. Beeld en die DA is soos twee vurige jong minnaars op die wittebrood. Hulle kan net nie genoeg van mekaar kry nie en is pal tussen die lakens aan die kafoefel. Dit was al klaar duidelik tydens die verkiesing, toe Beeld deur middel van die popsanger Bobby van Jaarsveld stemme vir die DA probeer werf het. Ek het self al in my lewe vir ’n DA kandidaat in ’n verkiesing gestem. Ek het al vir baie partye gestem. Ek het geen gunsteling as dit by partye kom nie. En so, wanneer ’n publieke publikasie soos Beeld só openlik agter ’n bepaalde party posisioneer, dan word ek ongemaklik. Want ek soek objektiewe verlsaggewing.

Dit herinner my aan die eenogigheid van die donker jare van apartheid.

Dit herinner my aan die Suid-Afrika se openbare uitsaaier, die SABC (Afrikaans – SAUK). Onder apartheid was die SAUK bloot maar ’n propagandamasjien van die Nasionale Party. Vandag is dieselfde instelling ’n propagandamasjien van die ANC. Dit was veral opmerklik in die onlangse verkiesing, toe ’n klein party, die African Independent Congress (AIC), genoeg stemme op hulle verenig het dat hulle nou verteenwoordiging in die parlement het. Die omroepers van die SABC se radiostasies kon net nie genoeg daarvan kry om hierdie mense te beskuldig dat hulle bloot die parlement gehaal het omdat hulle kleure en naam ietwat ooreenstem met die van die ANC nie. Oor en oor en oor het dit aangehou. Maar toe daar daarop gewys was dat die teenoorgestelde ook moes gebeur het, naamlik dat daar mense was wat vir die AIC wou stem en toe per abuis ANC gestem het, toe het dieselfde omroepers dit maar baie teësinnig toegegee.

Die probleem in hierdie land is nie watter party regeer of watter party regeer nie. Nee die probleem in hierdie land is dat die mense van hierdie land dikwels vir mekaar nie die stukkie son gun wat op die ander skyn nie. Dit is jammer dat Beeld se redakteur mense wat hulle reg uitgeoefen het, wil afmaak as reaksionêre en eenogige mense. Die VF+ het nie genoeg stemme gekry om meer verteenwoordigers in die Nasionale lekgotla te kry nie. Dit gaan maar weer 4 wees. Maar hulle het wel in paar provinsiale parlemente verteenwoordigers gekry wat hulle nie voorheen gehad het nie.

Hierdie mense het hulle rol om te speel in Suid-Afrika se demokrasie van 2014. Hulle mandaad kom nie uit die 2014 verkiesing nie maar uit ’n lang verbintenis tot die gemeenskaplike belang sedert 1994.

Wat Beeld miskien kan doen, is om vir Volksblad of die Burger te gaan vra of hulle nie die rooi kleur van Beeld kan ruil vir Volksblad of die Burger se blou nie. En dan moet die Beeld maar aanhou om groot getalle van hulle lesers te beledig. Voor 1994 was dieselfde Beeld immers ook partydig, nes die SABC, hoekom sal hulle in post-apartheid Suid-Afrika anders optree?

Advertisements

6 comments

  1. Baie goeie stuk wat jy geskryf het. n Koerant moet objektief wees en nie kant kies vir n spesifieke party nie.

  2. Mens kan vereis dat ‘n instansie soos die SABC neutraal moet wees, want dit word met almal se geld bevonds. Maar dis wereldwyd tradisie vir koerante om kant te kies – daar kan mos ook ander koerante wees wat die ander party steun.
    In Engeland is die Guardian en ander kleiner publikasies onbeskaamd links, terwyl die Telegraph, Times, FT, Daily Mail en Sun onbeskaamd regs (die laaste 2 verregs).
    Hierdie koerante kies almal kant, en dit werk goed uit want almal weet uit watter perspektief hulle opinies kom. As iemand ten volle ingelig wil wees, kan hy die Guardian en die FT (of Telegraph of Economist) lees, en so ‘n eie opinie vorm gebaseer op insette van alle kante.

    Die probleem in Afrikaans is dat een maatskappy – Naspers – so ‘n groot deel van die Afrikaanse mark het – en ‘n regse party naamlik die DA steun. Maroela Media, Naspers se enigste kompetisie is boonop ook regs.

    • Daar was al koerante wat neutraal was. Baie ander koerante is ten minste nie so agressief soos wat die Beeld die laaste tyd is nie.

      Onder die Beeld se vorige redakteurs was hulle beslis nie so agressief pro-DA nie. Dit is baie erg die laaste tyd.

    • Ek dink dit is ‘n baie goeie berig daardie en ek voel die Beeld moet geluk gewens word.

      Van my lekkerste herinneringe as tiener was hoe ek na skool altyd die Beeld gaan koop het, ek het al die pad winkeltoe gestap na skool. Beeld was amper die enigste koerant wat ek daardie jare gelees het. En ek het dit altyd geniet om hulle berigte te lees en ek het daai jare nogal ‘n baie hoe dink van Beeld gehad. En vir baie jare daarna. Dit is deels hoekom dit vir my so sleg is dat Beeld met hulle Bobby van Jaarsveld stemme probeer werf het vir DA in die 2014 verkiesing.

      Ek hoop dit gebeur nie weer nie.

      Ek hoop daar is baie meer berigte soos hierdie een wat gister verskyn het, wat vir my bewys dat Beeld ook krities teenoor die DA kan wees en nie net die gewilde sanger Bobby van Jaarsveld wil inspan om hulle koerant te verkoop en sommer terselfdetyd stemme vir hulle DA bondgenote te wen nie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s