Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) uiters beïndruk met Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)

In aanloop tot die 2014 algemene verkiesing het ek ’n paar opiniestukke geskryf waarin ek die ooreenkomste tussen die twee nuutgestigte partye, die Front Nasionaal (FN) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aangedui het. Ek het daarop gewys dat hoe verder mense van die sentrum af beweeg, hoe meer stem hulle gedrag ooreen. Revolusionêre sowel as reaksionêre magte word gekenmerk aan dramatiese retoriek. Hulle smag beide na ’n radikale verandering in die gemeenskap.

Tog, wat die laaste aantal dae aan die gebeur is het selfs vir my verstom. In nie minder nie as twee artikels op die webwerf van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG), wat die groot mondstuk van die FN is, sien ons hoe hulle bydraers positiewe geluide oor die EFF maak. In die een opiniestuk geskryf deur die onderleier van FN, dr. Dan Roodt, skryf die doktor oor hoe die leierskap van die EFF hom beïndruk het tot die punt waar hy sy hart wou vermurwe. Dit is dieselfde EFF hierdie wie se leier, Julius Malema, al aan haatspraak skuldig bevind was weens sy sing van die lied ‘skiet die boer’. Dieselfde EFF waarvan die beleid is dat hulle mense se grond sonder enige vergoeding wil onteien.

Maar ook hierin lê daar ooreenkomste met die Front Nasionaal. Is dit nie juis die redaksie van PRAAG wat toegelaat het dat ’n sekere opiniestuk geplaas was waarin beweer word dat die verkragting van babietjies ’n “fenomeen” is onder ’n bepaalde etniese rasgroep? Is dit nie daardie stuk wat die dame haar baantjie gekos het nie? Dis dieselfde rasgroep wat die oorgrote meerderheid van die EFF se ledetal uitmaak. En vir wie die doktor nou so ’n enorme affiniteit ontwikkel het wat ons nie altyd in sy publikasies, en die van sy platform PRAAG, gemerk het tot nou nie! Is dit nie ongelooflik hoe vinnig dinge kan verander nie?

En dan was daar ook hierdie interessante stuk oor die EFF daar by PRAAG. U lees reg, PRAAG se bydraers doen beproep op u om nie langer die EFF by die stembus te opponeer nie, omdat hulle glo die Demokratiese Alliansie en die African National Congress gaan kort voor lank saamsmelt.

Maar terug by die doktor se skrywe. Dit lyk asof die doktor baie ontsteld is oor sekere eposse wat hy ontvang het. Die blote feit dat hy van hierdie mense wat hom in sy vertroue geneem het om nie hulle eposadresse nie uit te deel nie, dat hy dit gaan staan en uitlap het, spreek alreeds in eie reg boekdele. Maar wat vir my selfs meer vreemd is, is dat die dok so ongemaklik voel met skelwoorde. Hy wat in die jare van sy exile, sulke verse geskryf het wat die establishment moes ondermyn, tot die punt waar die ou apartheidsregering dit onder sensuur geplaas het. Dis net ‘p’ voor en ‘p’ agter. Ag ek wil tog een gedeeltejie hiervan aanhaal. So iets het ons nog nie op die Afrikaanse Opinieplatform gesien nie, maar nou ja, ek haal dit maar aan om my punt te illustreer:

“die groot trek is verby tra-la-la
die groot draadtrek is hier tra-la-la
ons is jags ons is oedipoes
ons wil jou hê volksmamma!
kwyl slurp by ons monde
ons oë en tonge ruk
jou kappie af jou vlegsels los
ons piele styf soos voorlaaiers
jou voortrekker-rok waai weg
jou borste ontwaak uit hul bra
ons gaan jou spyker/naai/skrop/paar/fok”

Uit: Roodt, D., Kommas uit ’n boomzol, 1980

Volgens die skakel het die skrywer in 2005 die stukkie afgemaak as ‘satire’. Wel, ek moet sê dat, selfs vir my, ek wat nogal af en toe as ’n pienk liberaal uitgekryt word, selfs vir my is daar niks aan hierdie (durf ek dit ‘digkuns’ noem?, ek is geen kenner van die poësie nie,) skryfsel wat ek amusant vind nie. Ja selfs vir my is hierdie bietjie dik vir ’n daler. Hoeveel te meer sal dit nie wees vir konserwatiewe Afrikaner/Boeremense nie?

As daar een ding is, wat nie twee is nie, dan is dit dat Front Nasionaal doodgebore was. Die leierskap waarvan is bloot magsbehep. Hulle het geen tyd daaraan spandeer om uit te vind of hulle ’n regte mandaat het nie.

En net soos in die geval van die EFF, is dit vir die FN ook maar ’n bitter pil om te sluk dat die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se mense vir gematigde partye soos die Demokratiese Alliansie, die African National Congress, die United Democratic Movement en die Vryheidsfront plus gestem het. Ja, daar is verskeie ooreenkomste tussen die EFF en FN, ons begin nou eers behoorlik agter die kap van die byl te kom.

Advertisements

2 comments

  1. Ek het juis gesê Malema moenie onderskat word nie en kyk wat het gebeur. EFF gaan ons nog baie hoofbrekens besorg. Terloops, dr. Pieter Mulder het n goeie artikel geskryf op Maroela Media by die Groot Debat. Gaan lees gerus.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s