Wat gaan aan by die Cheetahs en die Griekwas?!

Was die Cheetahs en die Lions beroof van ’n wen hierdie naweek in Superrugby? Ek reken baie mense voel so. Ek voel ook tot ’n mate so maar, dan is daar ook die statistieke wat vanself spreek. Die Cheetahs het hierdie week in hulle nuwe oranje truie gespeel. Die kouse die broek die trui als, meer Oranje kan jy beswaarlik. En die afrigter Naka Drotske het sy 100ste wedstryd as afrigter gehad. Maar dit was sy 63ste nederlaag. Ja, die Cheetahs se wenpersentasie onder Drotske, so berig Volksblad, is 37 uit 99. En na vanaand 37 uit 100.

Sit ons nie hier met ’n span wat oor verskeie Springbokke beskik nie? Heindrich Brussow? Coenie Oosthuizen? Adriaan Strauss? Willie le Roux?

Alhoewel ek iemand is wat my so min as moontlik aan skinderstories steur, is dit tog moeilik vir my om die mense te ignoreer wat beweer daar is weinig dissipline in die span. Dat daar mense is wat net lewe vir die partytjie na die wedstryd. Die lewe van ’n soort van rockster – die lewe van die ongekontroleerde professionele rugbyspeler . . .

Ek studeer tans aan die Universiteit van Suid-Afrika. As ek 37 uit 100 gaan kry vir een van my 4 kursusse dan beteken dit dat ek druip.

Maar so van die een ding na die ander, ek sien die Griekwas het toe die Pumas uitgeskakel in die Vodacombeker. Nou gaan die Griekwas teen die Leeus moet speel in die finaal. Nou wonder ek net, beteken dit nou dat die Griekwas sal bly in die premierliga? Met ander woorde in die Curriebeker? Die feit is dat, die Pumas het die Griekwas supposedly uitgeskakel in die 2013 promosie/relegasiewedstryd. Toe kom SARU en sê nee, daai promosie/relegasie wedstryd verval in die aangesig van die 2014 wenner van die Vodacombeker. Of verstaan ek verkeerd?

So nou weet ons almal die Lions is ALREEDS deel van die Curriebeker. So wat gebeur nou as die Lions wen?

Gebruik ons dan die promosie/relegasie wedstryd om die 8ste lid van die premierliga te bepaal? Of gebruik ons die oorspronklike gedagte van promosie/relegasie?

Ek moet sê die manier hoe rugby geadministreer word in hierdie land laat veel te wense, want eintlik gaan hierdie hele drama oor die feit dat die OP Kings, sonder enige promosie/relegasie wedstryd en sonder om die finaal van die Vodacombeker te haal, nou onvoorwaardelik deel moet vorm van die Curriebeker, net soso wat hulle in 2013 outomaties toegelaat was tot die Superreeks.

Gelukkig gaan die OP Kings nou skynbaar in 2015 outomaties deel vorm van die Superreeks. Ek hoop dit los die hele drama op. En dan kan ons weer vir Griekwas in die Curriebeker sien.

Hou dit dan maar 8 spanne in die premierliga van die Curriebeker! Ons is nou moeg vir al hierdie verwarring omdat sekere mense voorkeur moet geniet en voor andere gehelp moet word net omdat hulle die regte kontakte het. Ons wil net rugby geniet!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s