Gauteng net-net vir ANC: Soweto nie langer ANC-bolwerk

DA-verkiesingsplakkaat met Mmusi Maimane in Midrand, Gauteng (Foto: Rute Martins / Wikimedia Commons)

Die ANC se regering in Gauteng wankel. En hoe! Die ANC het slegs 53% van die stemme in Gauteng gekry. In 2009 het die ANC nog 64% van die stemme in die provinsie gekry. Hoe erg die situasie vir die ANC is, het geblyk tydens die telling. Toe ‘n kwart (!) van die Gautengse stemme getel was, het die DA nog gelei met 46% teenoor die ANC se 42%.

Die verskuiwing, wat gelei het tot die ANC se wins in Gauteng, het eers begin toe die stemme van Soweto getel was. Dat Soweto die ANC se eie reddingsboei was kan almal wat vir die opposisie gestem het, hoopvol stem. Soweto is ‘n swak bolwerk, waar in 2014 “slegs 70%” van die mense ANC stem. In 2004 het die ANC meer as 90% van die stemme in Soweto gekry. Dit is ‘n daling van ongeveer 20 persentasiepunte! In Soweto het die DA ongeveer 5% van die stemme gekry, almal voormalige ANC-stemmers. EFF (15%) en IFP het in Soweto ook goed gevaar. IFP het selfs sommige kiesdistrikte in Soweto gewen.

In 10 jaar se tyd het die steun vir die ANC in die Stad Johannesburg baie hard gedaal. In 2004 het die ANC met 69% van die stemme in die Johannesburg gewen. In 2014, is dit dus gedaal na 53%. Dit is selfs minder as 1994 se 59% (in Gauteng/PWV). Wat opval dat die grootste opposisieparty, die DA, in Gauteng ongeveer ewe groot is as die NP in die 1994-verkiesing. Dit beteken ‘n toename van die aantal opposisiepartye in die provinsie.

Hoewel die voorspellers ook gesê het dat die ANC-regering in die Noord-Kaap sou wankel, het dit nie gebeur nie. Die party se steun het effens toegeneem weens COPE se onvermoë om te handhaaf. Die DA en EFF was nie in staat om alle COPE-stemmers in die provinsie ‘n tuiste te bied. Buitendien word die getal ANC-stemmers in die Noord-Kaap vergroot deur die immigrasie van mynwerkers uit Noordwes.

2019 is die jaar. As die DA geen grappies maak nie, gaan sy die Gauteng-provinsie blou kleur. Met of sonder die VF+, maar dit sal in 2019 slegs deur die kieser in Gauteng bepaal word.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s