Uitslae: Plotseling groot verskuiwings, wat gebeur daar?!

Nota: Die rede vir die verskuiwing was ‘n fout in die SAUK se databasis. Die fout is inmiddels herstel.

Ek hou so bietjie al die uitslae dop. Die SAUK het ‘n lekker tabel met ‘n regstreeks-fiktiewe setelverdeling van die nuwe parlement en die provinsiale rade op hul webwerf. Hulle verander die tabel steeds nadat nuwe uitslae binnekom. Nou die telling byna voltooi is, is daar nogal groot verskuiwings!

Tot vanoggend het die ANC – volgens die SAUK – reg gehad op 262 setels, die DA 90 en die VF+ 4. Die EFF sou met 25 setels die derde party van Suid-Afrika wees. Maar sowel die EFF, ANC en DA verloor skielik setels – met nou 95% getel. PAC haal die parlement net-net. Agang SA nie.

Dit is snaaks, omdat Agang SA meer stemme het as PAC. Die UDM, wat meer stemme gekry het staan skielik op 6 setels, terwyl VF+ 8 toebedeel kry. Dit beteken dat VF+ die vyfde grootste party van Suid-Afrika is.

In dieselfde verskuiwing daal die ANC tot 256 setels, die DA tot 86 en EFF tot 16. Dit is snaaks dat die IFP 18 setels kry, terwyl die EFF 2x meer stemme as die IFP gehaal het.

Dalk het dit van doen met die uitslae in die provinsies. Want die VF+ het – met die telling in die Noord-Kaap voltooi net-net ‘n setel bemagtig. Dieselfde geld vir Noordwes. In beide provinsiale rade was VF+ nie verteenwoordig nie.

Ek weet nie presies hoekom hierdie verskuiwing gebeur nie. Dalk maak die SAUK weer groot foute. Ek weet nie – maar ek dink daar is enigiets fout in die SAUK se databasis…

Ek sal niks glo nie, totdat die definitiewe uitslag môre bekend word.

Verdeling van die nuwe parlement soos die SAUK dit Vrydagoggend om 11:00 uur toon (Foto: SAUK)
Advertisements

2 comments

  1. Die SABC is ‘n joke Christian. Net soos in die ou Suid-Afrika word die SABC beheer deur die heersende politieke orde. Een van die min stasies wat onafhanklik gedink kry is Radio Sonder Grense. Maar die SABC se nuus is maar dikwels regeringspropaganda.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s