Telling van stemme laat ANC en OVK sleg lyk

Die verloop van die telling van stemme lyk nogal rommelig. Amper alle munisipaliteite het reeds hul eerste uitslae by die OVK ingedien. Dit lewer nogal snaakse beelde op. So was gisteraand na die eerste halwe uur van telling sowel die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes DA-blou.

Met amper ‘n derde van die stemme getel het die helfte van die kiesdistrikte sy uitslae by die nasionale OVK-kantoor ingedien. Wat egter opval, is dat die groot metropolitaanse munisipaliteite stadiger is. Distrikte in Kaapstad het die meeste getel, Pretoria net ‘n bietjie en Bloemfontein, Johannesburg en Durban het nog geen uitslae ingedien.

Die huidige stand van 62% vir die ANC en 23% vir die DA lyk dan ook ‘n bietjie vroeg. Dat stede soos Bloemfontein, Johannesburg en Durban nog nie getel is nie, is slegte nuus vir die DA se tussentydse resultate, omdat die drie groot stede gewoonlik meer as gemiddelde steun vir die ANC gee – en omdat daar natuurlik ‘n groot getal stemmers woon.

Die skema van die afgelope ure toon dan ook verdere verswakking van die DA ten opsigte van die ANC.

Dat kiesdistrikte in die groot metro’s nog geen uitslae gelewer het word veroorsaak deur wanbestuur van die ANC-beheerde munisipaliteite en onmag van die OVK. Stemlokale wat nog gisteroggend nog gesluit was toe die stemlokale lankal oopgemaak moes hê, het groot rye veroorsaak wat tot ver na 21:00 uur aangehou het. Ook was sommige stemlokale te laat oop weens OVK-agente wat te laat opgedaag het.

Dat dieselfde stemlokale vervolgens baie lank vat om uitslae te produseer, is tewens ‘n wanvoorstelling. Verseker, die kiesdistrikte waar hierdie foute gemaak is, is tewens belangrike, groot kiesdistrikte, waardeur die impak van hierdie wanbestuur relatief groot is. Dat stemlokale geen middels het om die effekte van wanbestuur te beperk, is ‘n brevet van onvermoë vir sowel die ANC, die OVK as ook die voormalige NP, wat gesamentlik die argitekte van die huidige verkiesingsproses is.

Na die huidige telling van ‘n kwart van die stemme het nege partye seker reg op een setel of meer. Tydens die vorige verkiesing het geblyk dat ‘n mens 0,20% van die stemme moet haal om ‘n setel in die parlement te kry. Volgens die huidige persentasies sou Agang SA net-net ‘n setel haal en COPE selfs kleiner wees as die VF+ (1%).

Dit lyk of die ANC sy verlies deur die implosie van COPE kan beperk. COPE stemmers kies sowel vir die DA as die ANC. Die ANC se groei of krimp hang af van EFF se groei – soveel is duidelik. Gesamentlik sou die EFF en ANC ‘n tweederdemeerderheid hê. Ek dink dit sou beteken dat die ANC die VF+ uit die 66%-koalisie kan gooi en dit vervang met die EFF. Dit sou groot gevolge vir grondbesitters kan hê.

Maar dit is slegs wat ek dink – niks gaan verander.

Dit is duidelik dat die Noord-Kaapse kieser geslaap het. Die ANC groei selfs in die Noord-Kaap… In Gauteng is daar nog te min duidelikheid oor die uitslae om enigiets te kan sê.

Maar net oor ‘n paar ure gaan hierdie pos weer te oud wees. ^^

Die definitiewe uitslag word teen Saterdag verwag.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s