Eerste gevalle van stembusbedrog?!

Nadat gister reeds onrus by die Wes-Kaapse stemlokale was, omdat daar nie regverdig gestem sou word nie, word vandag rond Pretoria en Johannesburg vullissakke vol met stembriewe gevind.

Een van die vullissakke is gevul met gebruikte stembriewe. Die meeste van die stembriewe is gebruik om DA te stem.

Daar is veel onduidelikheid oor die saak. Niemand weet of die stembriewe eg is, want die OVK weier tot nou elke kommentaar.

Hierdie storie kom met toenemende onrus oor die verloop van die verkiesing in Gauteng. Waar die Wes-Kaap, Noord-Kaap en die Oos-Kaap amper klaar getel het en die ander provinsies ver verby oor die helfte is, is in Gauteng – 24 uur nadat die stemlokale gesluit het – slegs ongeveer 40% getel. Die eerste uitslae in Johannesburg het eers in die namiddag op die borde verskyn, terwyl die telling in Kaapstad teen die tyd amper voltooi was.

Op minstens drie plekke is nou stembriewe gevind: in die Lynnwoodrif-park in Pretoria, en in Alexandra en Diepsloot in Johannesburg. Hierdie drie voorvalle se bewyse is op sosiale media gepos, terwyl sosiale media meer gevalle genoem word – hiervoor ontbreek die bewyse (nog) egter.

Omdat elke tipe sekerheid nog onvindbaar is, sal die onrus aanhou. En wat die effek van die stembriewe, wat gevind is, is? Ek weet nie.

Ek hoop die dat die ANC en die OVK die voorvalle nie onder die vloer probeer veeg nie. Dus hou jou oë en ore oop! En kyk uit die venster van jou motor as jy deur die strate ry!

Alle gevalle van verkiesingsbedrog kan gemeld word by AfriForum by verkiesing@afriforum.co.za.

Opdatering: Nuwe foto’s word op sosiale media versprei:

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s