Die Onafhanklike Verkiesingskommissie – ’n hickup hier en ’n sooibrand daar, maar uiteindelik tog daar

Die 2014 verkiesings het natuurlik sy kwota probleme opgelewer. Daar was klagtes deur verskeie partye, onder meer die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Agang SA en dan was daar die stembriewe wat in vullisdrome in Gauteng gevind was, meeste waarvan skynbaar die Demokratiese Alliansie (DA) bevoordeel het. Maar hierdie lyk sover vir my na klein probleempies.

 

Om ’n verkiesing in ’n land soos Suid-Afrika te organiseer, met sy reuse fisiese afstande, is iets wat geen mens met woorde kan beskryf nie. Voeg daarby dat baie, indien nie meeste nie, van die Verkiesingskommissie se personeel slegs maar tydelik is, dan word hierdie prestasie selfs meer merkwaardig. Met elke verkiesing lyk jou personeel dramaties anders. Tog vind daar stiptelik verkiesings plaas.

 

Die 1994 verkiesing het ook verskeie probleme gehad. Op die oog af baie meer as die 2014 een. Maar ek hoop dat in die toekoms, die digitale stemproses baie meer gewild sal word as die ou manier waar ons met die hand kruise trek.

 

Dit is onafwendbaar dat daar foute sal inkruip by die reëling van ’n verkiesing, maar tot dusver het ek redelike vertroue in die kommissie. By my stempunt was daar verteenwoordigers van die African National Congress (ANC), die EFF en die DA wat as waarnemers daar was. Dit is die drie groot partye in die Vrystaat. Drie baie uiteenlopende partye. Die feit dat daar korrupsie op klein skaal sal wees is na my mening eintlik half onafwendbaar.

 

Ek dink die groot rede dat mense so in hulle massas vir die ANC gaan stem het, is natuurlik weer verskeie redes. Maar een is dat baie tradisionele ANC ondersteuners, waarvan meeste swart mense, ook maar in die geheim bang is vir die EFF. En vir Malema. Wie wil in ’n diktatorskap lewe? Dis eintlik ’n groot ironie in hierdie land – dat daar blankes is wat glo dat slegs hulle bang is vir Malema.

 

In my eie kapasiteit wil ek geluk sê aan die Verkiesingskommissie. Dit lyk vir my die 2014 verkiesing was weer grootliks ’n sukses.

Advertisements

3 comments

  1. Ek dink die fisiese afstande is GEEN argument nie. Nederland moet byvoorbeeld transatlantiese verkiesings organiseer. Die stembusse is in Europa reeds gesluit as die stembusse in Amerikaanse deel nog oop is. Die Franse Republiek hou selfs verkiesings in 15+ verskillende tydsones.

    😉 #demokrasieisonserns

    Ek dink mense mag nóóit konsessies doen aan die raamwerk van demokrasie nie. Doen mense dit wel, dan is die einde soek en word bedrog, verkiesingskorrupsie en kospakkies die algemeenheid.

  2. Dit is maklik om korrupsie uit te skakel, gebruik ‘n digitale stelsel, maw, gebruik ipads of tablette, en jy kan net op jou spesifieke party waarvoor jy wil stem druk en dit stoor outomaties op die IEC se databasis,

    Ordinary Girl

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s