Redakteursnota: Gáán stem!!!

Stemlokaal in Stellenbosch (Foto: HelenOnline/Wikimedia Commons)

As jy vandag nog nie gestem het nie, maak seker jy doen dit voor 21:00 uur! Dit is uiters belangrik om jou mening te laat hoor.

Gaan stem – na jou werk, voor die aandete of na die aandete. Maak seker dat jy na ‘n stemlokaal gaan en jou twee kruisies trek. Selfs as jy tans buite jou kiesdistrik of provinsie bly. Dit gaan hoogstens 20 tot 30 minute vat – vanaf die oomblik dat jy jou huis verlaat.

Met al hoe meer ANC-stemmers wat tuis bly, laat jou opposisiestem swaarder weeg. Met as voordeel dat kleiner groepe relatief meer setels in die parlement kan kry. Maar die voorwaarde is dat opposisiespartye hul kiesers kan mobiliseer om te stem.

Vandag is nie net die nasionale verkiesings nie. Die provinsiale rade word ook gekies. En vandag kan opposisiepartye in die Noord-Kaap sowel as Gauteng wen. Jou stem in die provinsies is goud werd.

As jy nie gaan stem, gaan niks in jou voordeel verander nie. Meer swaar jare sal kom.

Maak ook seker dat jy op die party stem wat jou waardes en standpunte verteenwoordig. In die huidige proporsionele stelsel is daar geen verlore stemme nie.

As jy gaan stem, kan jy buitendien jou stemlokaal op onreëlmatighede kontroleer. As jy enige onreëlmatighede ontdek, sê dit vir die voorsitter van die stemlokaal en stuur tewens ‘n e-pos vir AfriForum by verkiesing@afriforum.co.za. AfriForum is by hierdie verkiesing as amptelike waarnemer aangestel.

Dus maak seker dat jy stem. Dit is nie net ‘n stem, maar ook ‘n geleentheid om te kontroleer of die verkiesings vry en regverdig is. En ongelukkig is dit nodig, omdat die eerste onreëlmatighede reeds ontdek is.

Vat jou verantwoordelikhede: jy ‘s ‘n burger van hierdie land. Of jy daarvan hou of nie.

Stem vandag. Voor 21:00 uur.

VIND HIER JOU NAASTE STEMLOKAAL

LEES HIER DIE VERKIESINGSMANIFESTE IN AFRIKAANS

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s