10 Redes hoekom Front Nasionaal nie gaan werk nie

Is die politiek in Suid-Afrika die rede dat mense nie wil stem nie? Barend dink so...

Daar is eintlik nog maar gevaarlik min geskryf oor Front Nasionaal, die nuwe verregse Afrikanerparty. Slegs PRAAG gee grootskaalse aandag aan die party. Geen van die ander groot Afrikaanse media het die party aandag gegee. Nou hier – op die laaste oomblik – my storie hoekom ek dink dat die FN niks van die ander partye verskil nie – of juis wel. En hoekom die party nie gaan werk nie.

  1. FN is rassisties en nie kultuurgedrewe. Hoewel die verkiesingsmanifes van Front Nasionaal praat van die Afrikaner se kultuur en Afrikaneridentiteit, praat die party op Facebook net oor wit mense se belange. Dit beteken dat Front Nasionaal ook Engels verder sal bevorder in skole? Nee, die party moet eers reg kry wat sy doelgroep is.
  2. FN gebruik politieke foefies. Vandag berig MaroelaMedia dat Front Nasionaal die Republiek van Stellaland wil herstig. Dit is niks anders as ‘n politieke foefie om stemme te trek – nes ander partye dit doen.
  3. FN is arrogant. Die planne van Front Nasionaal getuig van min kennis van die omgewing en die werklikheid. Waar die party se Facebookblad skryf oor wit mense, sluit dit dieselfde probleme van swart mense uit. Soos ‘n omgekeerde SEB. Iemand wat nie ‘n ander se regte erken nie, kan nie sy eie regte opeis nie. FN wil te veel en te vinnig.
  4. FN het sy eie propagandamasjien. Talle Afrikaners kla oor die Naspers-imperium. Ondertussen het Front Nasionaal maar sy eie spreekbuis: die nuuswebwerf van PRAAG. As ons die verhouding tussen PRAAG en FN vergelyk met die verhouding tussen die DA en Napsers, is Naspers se dagblaaie skielik bastions van objektiwiteit.
  5. FN voer EFF-politiek. Front Nasionaal se planne is so eksklusief en sulke wensdenkery dat Suid-Afrika in ‘n burgeroorlog sal ontaard indien FN se planne uitgevoer word. FN-planne is vir die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking (inklusief die meerderheid Afrikaanssprekendes) absoluut onaanvaarbaar. Om te skree soos FN doen, beteken dit net skade vir die Afrikaner se selfbeskikkingsreg.
  6. FN se verkeerde naam. Dit is ‘n vraagteken of Front Nasionaal die voortsetting is van  ‘n Suid-Afrikaanse party met ongeveer dieselfde naam. Die Nasionale Front was ‘n fascistiese, verregse party wat selfs vir apartheid te regs was. Die naam van FN is minstens onhandig gekies.
  7. FN se wensdenkery-buitelandse bondgenote ondersteun geen selfbeskikking nie. Front Nasionaal wil met sy naam verbande met die Franse Front Nasional en verseker ook maar die Nederlandse Partij voor de Vrijheid uitstraal. Ongelukkig het die Franse party vir jare lank minderheidsregte ontken en minderhede se kultuurpolitiek hard onderdruk.
  8. FN se idees is verregs eksklusief. Dat Front Nasionaal se idees reeds eksklusief swart mense is – het ek reeds hierbo geskryf. Maar die FN is verregs eksklusief. So wil die party dat Afrikaanse skole oorgedra word aan sg. Afrikanerrade, wat die skole sou moet bestuur. Die meerderheid van die Afrikaanse skole se leerders is egter nie Afrikaner nie. Wat moet met die inspraak van nie-Afrikaner Afrikaanssprekendes gedoen word?
  9. FN se ‘verspilde stem’*. Om ‘n setel in die parlement te haal, moet ‘n party minstens 40 000 stemme haal. As ‘n party minder as 40 000 stemme kry en geen setel in die parlement behaal nie, gaan die stemme verlore, terwyl twee stemme meer (ten opsigte van ‘n ander party) vir ‘n party wat wel ‘n setel in die parlement haal, heel moontlik ‘n ekstra setel kan beteken.
  10. Vryheidsfront Plus is in 2014 ‘n beter alternatief. Hoewel die planne van FN en die VF+ amper dieselfde is, is die planne van VF+ haalbaarder en pragmatieser as die van FN. Buitendien het VF+ 20 jaar meer ervaring en het sy in haar geskiedenis geleer dat skree niks bring nie. As jy die agenda van VF+ en FN steun, gee VF+ ‘n kans vir sy nuwe agenda, want die alliansie tussen VF+, Solidariteit en Orania is sterker as ooit.

* Die verspilde stem-argument werk net op baie klein skaal, dus indien ‘n party geen setel behaal nie. Hierdie verspilde-stem-argument geld nie by partye wat seker een of meer setels in die parlement behaal.

8 comments

  1. Dankie Christian.

    Soos jy weet verskil ek en jy baie oor vele sake, maar ons kry dit reg sonder om mekaar name te noem. Daar is egter eending waar ek 100% met jou saamstem, en dit is my afkeur van Front Nasionaal en hulle muishondpolitiek.

    Ek het simpatie met van die mense wat vir hulle gaan stem want van hierdie mense is desperaat, net soos wat baie jongmense uit desperaatheid vir Julius Malema gaan stem, maar dit verander niks daaraan dat die Front Nasionaal en die EFF van die begin af vrot idees was nie.

    Ek steun geen party openlik nie maar dit is my mening dat dit gevaarlik is om vir hierdie twee partye te stem. Niemand behoort vir hulle te stem nie.

  2. VF+ het bewese resultate. Hulle is nou betrokke by die groei van Orania. ‘n Eie Afrikaner stad. Front Nasionaal is te wild na my mening en sal nie genoeg stemme kry om eens ‘n setel in die parlement te verkry nie. Ek voorspel by die volgende algemene verkiesing sal die VF+ nog ‘n setel bykry in die parlement.

  3. Elkeen wat ‘n party stig wil dit bedryf soos hy goed dink en volgens sy eie idiale.
    Geen party sal bestaan as dit nie vir lede is wat saamstaan en saamstem nie.

    As afrikaners kan die meerderheid van ons ongelukkig nie saamstem en of saamstaan nie.

    Wat wil die mense he? hoekom word daar nie na basiese behoeftes gekyk bv werk, kos, water, opleiding, gesondheid en dies meer nie.

    oartye moet ophou om vir die verhoog te speel en ‘n slag kyk na die mense wat hul verwag om die party te ondersteun.

    Klink dalk kras maar die eie ek moet vrek. alleen sal ons niks uitgerig kry nie.
    Ons wil skree afrikaner afrikaner, ek dink ons voorouers skaam hul as hul nou moet sien hoe ons teen mekaar staan.

    Wat orania aan betref, dis eksklusief geld praat daar nie samehorigheid, omgee en broers nie.

  4. Maar wil VF+ dan he^ dat ons hierdie morele bankrot land, wat altyd deur die nie-Blanke beheer sal word, moet aanvaar. En daarby moet ons AA, BEE, BBBEE en talle wette wat ons Blankes uit die werkplek hou, aanvaar. Tradisionele Afrikaanse universiteit is nou totaal Engels en ons Afr skole is die volgende teiken. Mens is selfs verstom as jy ‘n Blanke gesig in die staatsdiens nog sien. Voeg by dat SA leeg gesteel is sedert 1994 en ‘n klein handvol belastingbetalers onderhou die hele struktuur wat stadig maar seker momentum kry in die naderende moeras van hopeloosheid.
    Nee wat, die VF+ het niks noemenswaardig verrig die afgelope klompie jare nie en ons iets nodig wat ons hoop kan gee vir die toekoms.
    Ons is moeg om ons kinders eenkeer in 3 jaar te sien weens verlies aan geleenthede vir die Blanke in hierdie land. Die skrif is duidelik aan die muur – maar dit het ons in elk geval geweet al in 1994 toe de Klerk ons nalatenskap vir ‘n pot lensiesop wegegee het.

  5. Hulle vat ons plase binnekort nadat hulle ons taal verwoes het en ons uit die regeering uit vorseer het dan kom hulle vir ons pensioene en dan ons huise en dan gebeur wat in rwanda gebeur het. Nog steeds al wat ek sien in hierdie berig is n afrikaner wat hou van die klank van sy eie stem. Of hoe het Ramaphosa gese? N padda wat kook. Enihe iemand wat nog dink ons gaan lewendig uit die land uit kom of sonder n oorlog is getik in sy kop.
    Word wakker suid afrika en draai julle harte terug na God

Lewer kommentaar op Robert Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s