Woord van dank aan ons redakteur

Ek wil graag dankie se vir die hoofredakteur van die Afrikaanse Opinieplatform vir al die moeite om die manifeste van die politieke partye op te som en in Afrikaans te vertaal en beskikbaar te stel. Dit was regtig ‘n reuse taak wat onderneem was om die inligting beskikbaar te maak van al die GROOT partye. Met die uitsondering van die EFF is elke belangrike party se manifes gedek. Mens kan tot ‘n mate die uitlating van die EFF verskoon aangesien bitter min van ons lesers, verstaanbaar, in die EFF belangstel.

 

Miskien kan daar egter na verskiesingsdag wel meer inligting oor die EFF bekendgemaak word in Afrikaans, sodat ons almal meer ingelig kan wees. Ek het ‘n vermoede dat die EFF om en by 20 sitplekke in die Nasionale lekgotla  gaan inneem, en ons sal in die volgende 5 jaar baie van hulle hoor. Dit sal goed wees as ons almal ingelig is.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s