Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan

Ek is geen aanhanger van die African National Congress (ANC) of die Demokratiese Alliansie (DA) nie, maar as daar een ding is wat ander partye maar gerus by hulle kan leer, is dit om jou leier ten minste elke tien jaar te vervang. Helen Zille is ’n merkwaardige en magtige vrou, maar daar het al krake in haar termyn begin wys. Maar sy gaan uittree, want dis die kultuur in haar organisasie. Zuma? In sy geval nie krake nie, maar valleie. Verkeerde soort valleie! Maar ook hy gaan eendag uittree.

 

Ek het die laaste dag of wat baie mense kwaad gemaak deur hulle party en leier te kritiseer. Daar is geen heilige koeie op die Afrikaanse Opinieplatform nie. So was dit nog altyd en so hoop ek dit sal bly. As dit anders gaan word gaan hierdie plek doodloop soos die ou Suid-Afrika. En gaan ek tjaila hier. Nietemin, my grootste kritiek vandag is teen die VF plus.

 

Baie mense gaan more VF plus stem. En ek vermoed die VF plus gaan beter vaar as in 2009. Maar die VF plus kort nuwe leierskap. Hulle huidige leier is al sedert 2001 die leier.

 

Elke leier bereik ’n plafon. Dit is iets wat te min leiers in ons land besef. Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan. Thabo Mbeki wou dit nie erken nie. Die ANC skeep die jeug te veel af. Dit is hoekom daar vandag iets soos die EFF is. So is dit met te veel partye in ons land. Die UDM se Holomisa. Die ACDP se Meswhe. Die grootste voorbeeld is miskien die IFP (IVP) se Buthelezi. Laasgenoemde klou aan elke laaste stukkie mag wat hy kan. Ander oumense uit sy tyd soos Lucas Mangope en Constant Viljoen het uitgetree, maar doktor Buthelezi word as ’n lewende fossiel gesien.

 

Die VF plus kort ’n jonger, vurige leier. Miskien kan die huidige leier as goeie raadgewer dien.

 

Maar, so gepraat van nuwe leiers. Wat gaan gebeur in Suid-Afrika? Met die DA en die ANC?

 

Ek dink die ANC kan baie van hulle ou glorie herwin indien hulle die regte leiers kies. Daar is uiters bekwame leiers binne die ANC. Wat die DA betref, Mayimane maak ’n groter indruk op my as Mazibuko. Vir meer as een rede. Een rede is dat Suid-Afrika erg paternalisties bly en ook erg godsdienstig. Mans beteken meer in godsdienstige terme. Mense luister eerder na mans. Dis ’n tragedie dat jou manlikheid steeds meer vertroue inboesem as jou karakter maar so gaan dit maar in die land waarin ons nou lewe.

 

More is stemdag. Mag ons almal die regte keuses maak!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s