As jy VF+ stem, stem jy vir…

Vryheidsfront Plus (VF+) se verkiesingsmanifes gaan oor die verdeling van mag in Suid-Afrika. Die VF+ gebruik die Suid-Afrikaanse grondwet en die Bybel as ankerpunt vir sy manifes, waarin minderhede hul plek in Suid-Afrika mag en kan opeis.

VF+-leier Pieter Mulder (Foto: US Department of Agriculture / Wikimedia Commons)
Bestuur:
  • Die ANC moet ontsetel word en ons moet saamwerk om dit te bewerkstellig;
  • Die Kollektief vir Demokrasie is so ‘n samewerking;
  • Suid-Afrika is ‘n samelewing met individue, gemeenskappe en kulture en moet ook so bestuur word;
  • Die beginsel van subsidiariteit en outonomie van laer bestuursvlakke moet deur die ANC gerespekteer word;
  • Plaaslike regering moet weer kleiner en plaaslik word.
  • Die huidige stelsel van toekenning van tenders en staatskontrakte moet vervang word deur ‘n transparante stelsel;
Minderhede en diversiteit:
  • Afrikaners het ‘n reg in Afrika, nie net as deel van die Afrikaanse taalgroep nie, maar ook as ‘n kultuurgroep;
  • Kulturele, ekonomiese, morele, geestelike en selfs fisiese oorlewing van minderhede kom in die huidige Suid-Afrika in gevaar;
  • Vryheid is meer as die afwesigheid van beperkings, dit is ook die vermoë om iets as groep te kan doen;
  • Deur velkleur as ‘deler’ te vat, kan elke voorstel tot kulturele eiendom tot rassisties verklaar word;
  • In gewoon demokrasieë word kulturele verskeidenheid soos biologiese verskeidenheid bewaar en gekoester;
  • ‘n Grondwetshersiening is nodig om naas individuele verskeidenheid ook die verskeidenheid tussen groepe te erken.
  • VF+ is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe se internasionale reg op selfbeskikking, territoriaal of op ‘n ander wyse;
  • ‘n Nasionale Afrikanerraad moet opgerig word, wat as ‘tradisionele bestuur’ kan optree, soos nou ander gemeenskappe reeds sulke bestuur ken;
  • Instellings – privaat en openbaar – moet kan affilieer met gemeenskappe;
  • Kulturele nedersettings soos Orania en Kleinfontein vir die Afrikaner, en ander nedersettings soos Nkandla, Sekhukhuniland en Mnyameni moet beskerm, en uitgebou word;
  • Die distriksmunisipaliteite Pixley ka Seme, ZF Mgcawu (Bo-Karoo en Benede-Oranje) en Namakwa saam tot kwotavrye sone verklaar word.
  • Tale moet beter beskerm word en verdere taalimperialisme van Engels moet getem word.
Onderwys:
  • Goede gehalte van onderwys en moedertaalonderwys is ononderhandelbaar;
  • Die skuld van die huidige staat van onderwys lê in die ANC se destruktiewe rol tydens apartheid;
  • Die destruktiewe mentaliteit, wat na die val van apartheid nog in die skoolstelsel aanwesig is, moet definitief verwyder word deur die implementering van ‘n nuwe landwye onderwyskultuur.
Transformasie/Regstellende aksie:
  • Regstellende askie dien net om die swart elite se posisie te bevestig danksy grootskaalse misbruik van Swart Ekonomiese Bemagtiging;
  • Raskwota’s sonder kwota’s vir potensiaal is ‘n veelvuldige onreg;
  • Deur onbekwame persone in sekere posisies aan te stel, word nie net die stelsel benadeel nie, maar ook die persoon wat ten onregte bevorder word;
  • SEB ontwikkel ‘n nuwe geslag verbitterdes onder nie-swartes;
  • Regstellende askie moet heeltemal afgeskaf word.
Ekonomie:
  • E-tol veroorsaak ‘n onwettige wyse waarop tolgelde ingesamel en afgedwing word en VF+ voer steeds hofsake teen die stelsel;
  • Werkloosheid kan slegs oorkom word as regeringsbeleid verander word om ‘n gunstige omgewing vir werkskepping en beleggings te bewerkstellig;
  • Arbeidswetgewing moet aangepas word om werkskepping te bevorder;
  • Stakings en spesifiek onwettige stakings wat tot die verlies van honderde duisende werksgeleenthede lei, moet daadwerklik beperk en verbied word;
  • Rasgebaseerde regstellende aksie en onbillike swart ekonomiese bemagtiging moet opgeskort word.
  • Die instelling van ‘n jeugloonsubsidie, is onder voorwaardes, ‘n goeie plan;
  • Opleidingsinstellings wat vakmanne oplei moet toeganklik en toegerus wees om die jeug toe te rus om die werksplek te betree;
Grondbesit en landbou:
  • Grondbesit moet vir almal moontlik wees, ook vir Afrikaners;
  • Genoeg grond vir herverdeling is beskikbaar, maar administratiewe gesloer benadeel die proses;
  • Ongebruikte staatsgrond moet direk herverdeel word;
  • Die beginsel van koper-verkoper is heilig;
  • Die onteieningsmagte moet deur ‘n hof uitgeoefen word, nie deur die Minister;
  • Die strategiese waarde van die landbou as voedselprodusent en werkverskaffer in Suid-Afrika moet beskerm word;
  • Groter staatsbesteding aan landbounavorsing is nodig;
  • Geen tarief- en subsidiebevoordeling deur internasionale rolspelers en die storting van substandaard ingevoerde landbouprodukte;
  • Geen heropening van grondeise.
Veiligheid:
  • Die polisiediens moet deur professioneel opgeleide lede gelewer en gelei te word, nie deur die mense van baantjies-en-boeties;
  • Jong polisielede moet steeds uitsig op bevordering hê;
  • Die polisiediens moet toegelaat word om te dien en te beskerm, sonder politieke inmenging en binne behoorlike dissiplinêre norme;
  • Misdaad binne die polisiediens moet bekamp word;
  • Private besteding aan veiligheid moet van die belasting aftrekbaar wees;
  • Die reg van bevoegde burgers om vuurwapens te besit en in gepaste gevalle ter beskerming van eie lewe en goed dit te mag aanwend, gaan gepaard met die plig tot deeglike opleiding;
  • ’n Deeglike polisieplan teen plaasmoorde moet opgestel word en plaasmoorde moet ’n prioriteitsmisdaad gemaak word.
Gesondheid:
  • Die algemene kwaliteit van gesondheidsorg moet verbeter word, voordat die Nasionale Gesondheidsversekering geïmplementeer word;
  • Die oorregulering van die mediese fondsbedryf moet gestop word;
  • ‘n Nasionale vennootskap tussen privaat- en openbare mediese dienste is nodig om ‘n goeie gesondheid vir almal te verseker.

Lees die VF+ se hele verkiesingsmanifes hier.

Hierdie artikel maak deel uit van die reeks verkiesingsmanifeste wat op Die Afrikaanse opinieplatform in Afrikaans vertaal word. Lees hier ander verkiesingsmanifeste.

Advertisements

6 comments

  1. Aag foeitog.
    Oor ‘n paar jaar sal hulle net weer sê dat dinge so verander het, dat hulle hulle beleid moes aanpas, en dat daardie “ou” beloftes nie meer “haalbaar” is nie.
    Professionele Politikusse is meesters met die “Leuen”
    Front Nasionaal het nie EEN professionele Politikus in hulle span nie.
    EN Front Nasionaal gaan NIE met die regering “Saamwerk” nie.
    Hulle gaan vir ALLE Blanke Afrikaners, van ALLE bevolkings groepe en tale. ‘n Onafhanklikke staat in plek plaas.
    Selfs vir Blankes wat vir ander partye gestem het.
    Want hulle sal nie lank in hierdie kommunistiese hool bly nie.

    • ” FN het geen professionele politici in hul span nie “…..sou ek fluister as ek jy was. Hul “LEIER” se swak patetiese vertoning op 567 CT is bewys van wat jy in jou onkunde kwytraak.
      Inteendeel. Die skaamte om te verduur was soortgelyk as om jou pa by std 10 meisietjies te sien aanle.

      • Nog ‘n stomme liberale pateet wat rond swerf van werf tot werf.
        Daar is vasgestel dat julle liberale patete aan ‘n ongeneeslikke siekte lei, wat maak dat julle so eienaardig optree.
        Baie te sê het oor ander kommentare, maar ongelukkig te gebrekkig gebore is met genoegsame grysstof om die alledaagse gewone probleme op ‘n selfstandige manier te bowe te kom.
        My innige simpatie met jou onoorkomelikke siekte toestand.
        Selfmoord is al oplossing vir jou geestes toestand.
        Vaarwel.

        • Ek verkies die woord ‘selfdood’ bo ‘selfmoord’

          Selfmoord het te veel van ‘n teologiese geurtjie.

          Dankie vir jou kommentaar.

  2. Ou Mulder het regtig “High Hopes” Hy kon nie ‘n enkele ANC besluit suksesvol verander nie.
    En nou wil hy met ‘n groot minderheid feitlik die land regeer.
    Daardie lys van dinge wat hy kamstig gaan aanspreek, sal hy dalk kan doen as hy nagmerries kry van teveel vark vleis eet laat in die nag.
    En dt die mense wragtig nog kans sien om vir hom te stem, gaan my verstand te bowe.

    • Dis swaar as mense van jou verskil ne?

      Laat ek raai in jou ideale wereld sal geen mens ooit beswaar maak teen jou opinies nie . . .?

      Daar is ‘n woord vir dit.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s