Voorgestelde Mensa toets: ANC is tot EFF soos VF plus is tot …?

Op Woensdag 7 Mei 2014 gaan Suid-Afrikaners stem in die 5de algemene verkiesing. Elke stem gaan ’n rol speel, veral met die dat daar voorspel word dat tot 46% van alle stemgeregtigdes nie gaan stem nie.

 

Die miljoene stemgeregtigdes gaan vir die eerste keer gekonfronteer word met nuwe partye soos die Ekonomiese Vryheidsvegters en die Front Nasionaal.

 

Julius Malema gebruik die arm mense om stemme vir sy party te wen. Ons ken hom al as iemand wat mense se karakter kritiseer. Van sy dade is al as haatspraak verklaar.

 

Op ’n veel kleiner skaal is die Front Nasionaal se leierskap, in die besonder hulle adjunkleier Dan Roodt. Ek het al verskeie van sy opiniestukke gelees en was gegrief deur die manier waarop hy daarvan hou om mense se karakter aan te val. As mense dit waag om met hom verskil, dan hou die doktor daarvan om mense sleg te sê en hulle karakter af te breek, soos wat ek al dikwels op PRAAG gesien het.

 

Ek wil beslis nie in so ’n staat bly nie. ’n Staat waar niemand die grootkoppe mag bevraagteken nie. Dis ook die tipe staat wat Julius Malema na strewe, want een van Malema se helde is die jong diktator van Noord-Korea Kim Yong Un, asook die ou diktator van Zimbabwe, Robert Mugabe. Laat ons eerlik wees, as die EFF die verkiesing met 70 persent wen, dan gaan dit waarskynlik die laaste verkiesing wees wat ons sal sien in Suid-Afrika.

 

Dit strook alles met wat ek op universiteit met reaksionêre en revolusionêre politici geleer het. Hoe verder hulle uit mekaar beweeg, hoe meer stem hulle gedrag ooreen. Reaksionêre mense sowel as revolusionêre mense wil graag oorlog maak. Hulle weier om enige erkenning aan mense te gee wat van hulle verskil. Want sulke mense lewe met hipernorme. En die hipernorm mag nie uitgedaag word nie.

 

Soos wat Malema die armes gaan uitbuit vir stemme, so wil die Front Nasionaal diegene uitbuit wat ontnugter geword het met Suid-Afrika van vandag. Met die moorde, die swaarkry ens. ens.

 

Ek ondersteun geen spesifieke party nie, maar een ding is ek seker van, en dit is dat dit is beter om vir die African National Congress (ANC) te stem as vir die Economic Freedom Fighters (EFF). En dit is beter om vir die Vryheidsfront plus te stem as vir die Front Nasionaal. Die ANC en die VF+ se leiers word dikwels kritiseer, onder meer deur myself, maar beide die twee partye is beslis die lesser of the evils. Daar behoort geen twyfel eens by kiesers te wees nie.

 

Ek hoop dat die EFF en die Front Nasionaal doodgebore is. Die EFF het elk geval ten minste ’n kans, want daar is groot ontnugtering in die ANC, maar enige stem vir die Front Nasionaal is beslis een reuse mors van tyd en selfs die ink van daardie spesifieke pen.

Advertisements

29 comments

  1. Weereens die retoriek van FW de Klerk, en nog anders verraaiers van 22 jaar gelede.
    Stem “JA” as jy nie ‘n oorlog wil ontketen nie. En nou hèt ons daardie oorlog. Stem of te not.
    Stem vir the lesser of the evil word hier verkondig. Dit is ‘n stadige oorlog wat hierdie lesser of Evils uitvoer.
    Dit wil vir my voorkom of ek hier met ‘n dissipel van hierdie most “Evil of the Evil” ‘n debat voer.

  2. Eienaardig dat die Pers en al die ander Afrikaner/Boere haters se skrywes nooit so ‘n herrie ontketen het nie.
    Slegs Dan Roodt se skrywes, wat waar is, word aangevat.
    Die enigste persoon wat die “Guts” het om sy ding te doen. Die enigste persoon wat via sy Web bladsy, Praag, al vir jare lank die liberale wêreld onverskrokke aanvat.
    En nou word daar skielik Trane gestort omdat hy nou kwansuis so ongevoelig is, en mense slegsê en die “waarheid” oor hulle skryf. As hy dan lieg, vat hom hof toe****
    ********
    OPINIEPLATVORM IS ‘n LIBERALE NES !!!

  3. Ek het sopas my kosbare tyd gemors om ‘n skrywe te lees wat NIKS werd is nie. Dr Roodt, ek wens u toe alle sterkte met Front Nasionaal – DIE ENIGSTE PARTY OM VOOR TE STEM MORE !

  4. Dr Roodt wat 5 tale vlot magtig is – n doktorsgraad afstudeer het – en n internet koerant vir die Afrikaner op die been gebring het – met nog n verdere internet koerant op die buiteland gerig praag.org – nee wat ons wat hom ken se elkedag dankie vir n man van sy statuur wat onbevreesd suiwer met die waarheid omgaan.

    Die skrywer van hierdie mening klink vir my maar bra onkundig en jaloers kom na Praag.co.za en word wys.

    • Skrywer van die artikel het nie ‘n mening gelug nie – baie gepraat maar NIKS wyshede uit sy pen nie. Goed gestel Riempies (Trippie)

      • Jou voortdurende keffende opinies as jy met die groter honde saamdraf, is sonder bewese inhoud.
        Sonder hul aanwesigheid bly jy maar n temend- en hoogs irriterende skoothondjie wat net wil / kan enkels byt.
        Om gedigte van ander sonder erkenning te plaas is n suiwer vorm van plagiaat. Neem kennis ek hou jou in die verband….met valkoe dop.

  5. Gaaaap! Ek wonder of Heer van der Merwe so ‘n ou ietsie op die kant ontvang vanaf die DA om sy twak – ekskuus, opinie – te gee

  6. Dit is juis omdat “intellektuele reuse” soos jy Ja gestem het en alles aan die volk oorgelaat het dat ons in hierdie verknorsing sit. As julle nie besef dit is ‘n verknorsing nie moet julle maar die oogarts gaan sien. Ons wil hê dinge moet verbeter vir ons volk en om vir die gewone grapjasse (DA, VF, ens) te stem sal GEEN verskil maak nie ( inteendeel “The definition of insanity is to keep on repeating the same thing, expecting a different outcome” – blykbaar deur Einstein gesê)

    Die feit dat jy MENSA se naam gebruik in jou opskrif, is dit duidelik dat jy jouself intellektueel verhewe ag. Jy mag dalk “slim” wees, maar jy het geen idee hoe die volk se koppe werk nie. Juis daarom onderskat jy die EFF se invloed en dit gaan al julle DA stemmers nog duur te staan kom. Die volk gaan julle goed ook kom vat. Die volk gaan julle vroue en kinders ook vermoor en verkrag voor julle oë voordat julle ook vankant gemaak sal word. Wie ore het moet luister. Wie oë het moet sien.

    • Een van Volksblad se liberale koerant verkopers is juis pas geskiet in Bloemfontein.
      Seker gedink dat hulle “Gevrywaar” is teen die barbare.

  7. Dit is vir my duidelik dat die skrywer van hierdie twak geen benul het waarvan hy praat nie, en maar net nog een van die skuim-om-die mond libverkramptes is wat ‘n podium soek om sy gal te braak (Die sg. “skrywe” is baie ironies eintlik ‘n persoonlike aanval op Dan Roodt is onder die dekmantel van ‘n politise mening) .

  8. Kyk die ou is dood bang die Boere staan op – jy beter wees sakkie! Dinosourusse soos jy se rak leeftyd is nou verby… Daar is n nuwe era van selfbeskikking op pad en julle hele multikulturele wêreld val uitmekaar… geniet die anargie jy en kiepie gaan tog daarvoor stem…

  9. Dankie! Dit is lekker om al ons PRAAG vriende bietjie hier te sien.

    Aan al die beledigings kan ek sien hoekom die dok julle held is.

    Daar is ‘n ander ooreenkoms tussen Malema en Dan Roodt. Wat ek nie eens genoem het nie. Malema se vorige meesters was die ANC. Roodt was voorheen VF plus. Sien julle nou waar die opskrif bykom?

    So gepraat van daardie opskrif, ek is nie self lid van mensa nie, my intelligensie is nie hoog genoeg nie. Maar daar is geen korrelasie tussen ordentlikheid en intellegensie nie. Ek voel nogsteeds sekere mense is te ongeskik om my stem te verdien. Dan veel veel eerder die VF plus.

      • Hoekom nie sot ?
        Beide was eens in hul lewe pro ANC. Jou dr se gekattemaai in Frankryk onderskryf die feit.
        Ignoreer geboekstaafde geskiedenis tog nie. Die wil om dit te herskryf eweneens pateties.

          • Klomp TRAAG-aanhangers loop graag die krapspoor. Voortdurend n geklitter – klatter terug op die spoor van n “roemryke” verlede. Net alvorens die abissale afgrond voor hul oopmaak om te moet erken hul pseudo-intellektualis dottor Doodt het voete van klei, steek hul vas en maak dit gerieflik af as die indikatiewe optrede van n “voortvarende naiewe jong man in die stomheid van sy pril- en eense jeug”.
            Daar is niemand so blind as hy/sy wat NIE wil sien nie.

    • Oeps !!! En waar pas Niekie RSG in die prent???
      Dit is ‘n sprong wat alle politieke klowe oorspan. Om van die VF+ se oorspronlikke beloftes, wat nie meer geld nie, weg te breek is volgens jou vermoënde oordeel so goed as hoogverraad.
      Kom tog asseblief by Barend. Jy maak jou naam nou regtig gai.

      • Ja Niekie was leke stjoepit hy moes jare terug Vf plus geword het nou bietjie laat reken ek ook

        • En Dan Roodt moes jare gelede al by VF+ geskoert het.
          Hy was ook maar lekke stupid.
          Ons maak maar almal foute nê? Net sommige mense s’n word onthou.
          Ek wag nog om te hoor wat die Leier van Front Nasionaal gesondig het.
          Oor Hannes word daar nie ‘n sprook gesprak nie. Hehe!!

          • Ken hom nie.

            Ek dink julle is almal waarskynlik baie aangename mense, so lank die vrees nie beheer neem van julle nie. Malema beheer mense deur vrees, nes die Front Nasionaal mense lok deur vrees. Natuurlik gebruik baie partye vrees. Maar FN nes die EFF floreer op dit. Vrees en beledigings. Die een bou op die ander. Hoe meer beledigigns, hoe meer vrees. Amper soos meeste kerke werk. Selfde beginsel.

            • Ok Barend. Jy is nie bang dat jou familie of enige persoon na aan jou vermoor kan word nie.
              Jy gee nie om om helder oordag van joumotor beroof te word nie.
              Jy is vir niks bang nie.
              Mooi man. Laat jy my dink aan Keusenkamp se liedjie.
              Ek is ‘n dapper muis. Gaan luiser gerus daarna.

    • Jy bly hamer op die stomme Dan Roodt. Jy stem nie vir hom nie Broer.
      Jy stem vir Selfbeskikking.
      As Malema ‘n Party gestig het, om van ons blankes ontslaë te raak, deur vir ons ‘ngebied te gee, dan het ek ook vir hom gestem.
      Eientlik wil hy van ons ontslaë raak. Hy het ook die voorreg om vir FN te stem.
      Dink nt hoe go gaan hulle van ons ontslaë wees as hulle almal FN stem.
      Geen ander Party gee vir selfs die swartes daardie keuse nie.
      If you want to get rid of the whites,
      Just simply vote FN.

      • Dankie vir die opsie maar nee dankie. Maar ek aanvaar jy gaan. Jy het jou redes en ek aanvaar dit so. Sterkte.

        • Dankie Barend.
          Sê net as ek dalk van hulp kan wees in die toekoms. Ek glo ook dat jy ‘n aangename kalant ( hehe) kan wees.
          Ek hoop jy gaan môre vir FN stem. Dit sal jou enigse kans wees om jou “Kleim” te gaan afsteek in die nuwe Afrikaner staat.
          Sterkte so op die vooraand van ‘n nuwe Afrikaner toekoms wat more gaan aanbreek.
          En dankie by voorbaat vir die gelukwensing met ons groot oorwinning.

          • Groot oorwinning inderdaad. Een enorme onwelriekende wind, en n bruin bol innie broek. Op 0.03 % moet iets haper? Dink dit is die reuk van AWB brandewyn & coke stigma wat begin kleef.
            Kyk maar na jul uitlatings op Traag……en raak wys. Jy’s so verblind en verstok oor persoonlike dinge in jou lewe dat dit jou 5-min vat om te besluit watter sokkie pas by watter voet pas. ( In die werklike lewe sal jy uitvind….dis eintlik om’t ewe. )
            PS.
            Miskien tyd om daai glasoog van jou uit te haal en te poleer. Selfs die kleur van jou 19-voetsek trekker sal skalks mooier lyk.

  10. You actually make it seem really easy together with your presentation but I in finding this matter to be really something that I feel I would by no means understand. It sort of feels too complex and extremely broad for me. I’m looking forward for your next publish, Ill try to get the cling of it! bedfeccdbbdg

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s