Een rede hoekom mense nie Front Nasionaal wil stem nie

Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel het diensplig gedoen. Dan Roodt het nie.

Advertisements

43 comments

  1. Het Roelf Meyer, Die Mulders en Groenewaldts, FW de Klerk, Pik Botha. Zille, Zuma, Malema, diens gedoen???
    En so kan ons aangaan en aangaan.
    Dalk een of twee van bogenoemde name het opleiing gedoen.
    As ek almal wat nou in die politiek is, se name moet noem, dan het Dan Roodt meer mense aan sy kant wat ook nie diens gedoen het nie,
    Hoekom word hulle name nie genoem nie??
    Lyk my daar is meer idiote tussen die Afrikaners as wat besef word. Geen wonder ons is in ons donner in nie.

    • Ja ek weet die politici wat in die kabinet of die parlement gedien het binne Suid-Afrika se grense het nie gaan veg nie terwyl die doktor gaan wegkruip het in Europa. Daar is mos maar sekere mense wat altyd sukkel om saam te werk. Nie in 1980 saamgewerk nie. Nie met die oorgang nie. Hoekom sal hulle nou.

      Jou styl herinner my nogal aan die dok. Ek het al van sy opiniestukke gelees. Mense wat anders dink word graag so as onnosele idiote gebrandmerk.

      Maar jong, my idee was nie om met iemand te stry nie. Ek het bloot ‘n feit gestaaf wat ek anderdag gesien het. Ek het gesit en luister na ‘n ou oompie. Toe beginne hulle politiek praat en toe maak die oompie (die oompie het juis self erge beserings op ‘die grens’ gekry terwyl hy vir sy land geveg het) die observasie dat hy nie vir dok kan steun nie. En dat dit is oor die ding dat die dok nie gaan veg het nie.

      So ek state net die obvious jong. Dis maar net ‘n terloopse opmerking waarmee ek ‘n bepaalde waarheid stel. Dis teen niemand gemik nie.

      Vrede vir jou.

      • Om vir Dan Roodt uit te sonder moet dus kwaadwillig wees. Dalk het hy toe al gesien dat dit ‘n lewens gevaarlikke spel was, om fw de klerk genoeg tyd te gee om die land sommer net weg te gee.
        Gaan lees Asseblief wat hierdie outjie so pas op Fb geplaas het. ‘n Oud soldaat van grens oorlog se tyd.Dit sal dalk ‘n help om jou mede Afrikaner/Boer beter te verdra, en minder beskinder.

        • Skinder is iets wat mense in die geheim doen. Ek het in die openbaar ‘n feit gestaaf. Ek het gestaaf dat baie mense nie FN stem nie omdat die FN se leierskap nie juis vertroue by hulle inboesem nie.

          Ek het regtig mense gesien wat so voel. Ek maak dit nie op nie. Ek het dit gesien en stel dit net hier op ‘n ander manier. As dit tog skinder is, dan is dit ook skinder om te se die pous het paastyd gepreek oor God.

      • En terwyl ons nou so lekker gesels oor Diensplig.
        Eienaardig dat nie een van die vorige Dienstiges kan doen vir ons wat die ondiensbare Dr. Dan Roodt vandag vir ons doen nie.
        Ek het nogal baie gewonder waar die storie vandaan kom dat ons Afrikaners nie kan saamstaan nie.
        Jy het dit nou pragtig vir my gewys.

        • Ander mense wat sover ek weet ook nie diensplig gedoen het nie was PW Botha en A.P. Treurnicht

          • Ek het êrens gelees dat goeie Militêre manne nie ook goeie land of Volkleiers is nie.
            Weet nie of hierdie manne wat jy nou noem Diens gedoen het nie, maar meeste het nie daarin geslaag om hierdie land te behou nie. Dalk sou Oom Jaap die beste van almal gewees het, maar hy was nie deel van die geheime organisasies nie.
            Dit bly vir my ‘n raaisel waarom AL ons generaals en Oorlog Fundies alles in die land so gelate en stil aanvaar.
            En hier kom ‘n “Army Dodger” en doen juis die dinge wat van ‘n generaal verwag sou word.

            • Mooi Arnie! Sit jy so ‘n van der Merwe skaakmat! Hy kan in sy lewe nie sinvol redeneer nie. Dit blyk uit sy kommentare dat hy al om die kat se stert hardloop.

              • Dankie Willy.
                Ek het altyd gewonder waarom hulle “van der Merwe” moes kies, om grappies te vertel.

    • Hulle het ‘n twintig jaar oue voorsprong. En FN het klaar baie meer vermag in vier maande van hulle “nie amptelikke” bestaan.

      • Nee, Front Nasionaal het verdagte leiers net soos die EFF. Daar is nogal baie ooreenkomste tussen Roodt en Malema. Hulle is albei geneig om andere se karakter aan te val. Ek het al van Roodt se opiniestukke gelees. Hy hou daarvan om andersdenkendes sleg te se en te beledig. Ek wil beslis nie vir so iemand stem nie.

        En ek is nie al een nie. Daar is baie mense wat voel mens moet nie iemand se karakter beledig nie selfs al verskil jy van hom.

        Wat is elk geval jou probleem met hierdie plasing van my, ek se weereens vir jou dat ek maar net iets wat ek die afgelope tyd gesien het hier rapporteer. Dit is nie my eie idee nie. Dit kom van elders af!

        Don’t kill the messanger!

        Of moet ek dalk liewer se – die waarheid maak seer?

        • Ek het vir VF+ gestem voor FN bestaan het. Ek het vir VF+ gestem vir die Leuen wat hulle verkondig het. Om met jou eerlik te wees Barend, ek kon net eenvoudig nie van Mulder hou nie. Ek kan nie verklaar waarom nie, maar dit is nou maar so.
          Dalk was dit maar die sintuie se voorgevoel wat my so beheer het.
          Dan Rood was baie “Stout” in sy jong daë. Ongelukkig weet alal no van sy dinge, en niemand van ons eie nie. Dit pla my nie, want hy het alles openlik gedoen. Eintlik tè openlik sou ek reken. As onskyk na Saulus, wat later Paulus genoem was, se streke en doodslag, sal ons seker maar moet ophou Bybel lees nê. Ek glo nie Roodt was erger as hy nie. Eintlik moet ek darem erken dat Roodt blerrie guts moes gehad het om sulke vieslikke stories te skryf. Gelukkig is hy maar net een van miljoene wat al erger dinge geskryf het. En dalk was dit maar om sy merk te maak. Wat hy inderdaad ook vermag het.
          Ons kan hom dus as ‘n wenner beskryf sou ek reken.
          Man ek gesels lekker met jou. Jy kry dit reg om my kalm te hou. Min mense kry dit reg. Hehe.

        • Jammer Barend as ek jou persoonlik raak geslaan het. Glad nie so bedoel nie.
          Ek lees soveel kommentare van mense wat dit duidelik ten doel het om tweespalt te veroorsaak, dat dit ‘n mens op ‘n permanente stand van “aanval” laat inneem.
          Ek het my eie vrou aan die dood moes afstaan. Ook vermoor in de klerk se nuwe reënboog land.
          Sulke dinge maak mens hiper sensitief vir teenstand.

          • Ja, dan maak dit sin hoekom die politiek van die land jou so ontstel. Ek is ook jammer as ek sensitiewe dinge in jou gees omgekrap het. Mooi loop.

  2. ‘n Ander bekende Afrikaner wat ook diensplig gedoen het aangesien hy nie daardie jare in die politiek was nie is Jurie Els.

    • Ek het diens gedoen al voordat oorlog uitgevind was. Hehe.
      Ek ag nie diensplig baie hoog nie. Alles wat ek in nege maande moes leer, kan in twee maande gedoen word.
      En gaan doen tog ‘n bietjie navraag oor Dan Roodt se nie-amptelikke opleiding.
      Hy het vrywillig by opleidings kampe aangesluit, om die nodige kennis op te doen.

  3. Ek gaan nog een laaste keer herhaal wat ek al reeds twee keer sonder enige sukses vir jou gese het. Ek het ander mense so hoor praat oor hoekom hulle nie Front Nasionaal gaan stem nie. Dat dit is omdat hulle nie die doktor kan vertrou nie want hulle sien hom as iemand wat plig ontduik. Verstaan jy nie wat ek se nie? En in daardie lig verstaan ek steeds nie jou kritiek teen my plasing nie.

    Feit is daar is mense wat voel dat terwyl hulle hul lewens op die spel geplaas het, het hierdie Roodt karakter soos ‘n lafaard gevlug. Roodt kon onmoontlik geweet het FW gaan by PW oorneen en dat De Klerk die land gaan lei tot vrywillige oorgawe. In die 1980’s was daar eendag ‘n dinkskrum gehou deur van die land se slimste mense en hulle het geraai dit gaan dekades neem voordat Suid-Afrika tot oorgawe sou gaan.

    Ek het bloot ‘n feit gestaaf oor wat baie mense dink en voel, en toe gaan jy en beledig my intelligensie. Ek het jou nie beledig nie. Maar jy maak nes jou held.

    • Duidelik het jy nie my kommentare almal gelees nie.
      Ek stel voor jy doen dit,
      As jy graag wil hê ek moet maar weer arrogant reageer, sal ek dit met oorgawe kan doen.
      Buitendien het ek reeds my sê gesê, en hiervandaan kan jy stem soos jy wil of nie.
      Ek het my rigting, en sal nie daarvan afwyk nie, en ek glo jy ook nie.
      So !! laat dit met jou en jou besluite gaan soos dit wil.

  4. Hoorsê – en jy vorm ‘n waterdigte mening daaroor. Goed gedoen. Probeer nou jou eie mening vorm sonder om klem te plaas wat jy by ander gehoor het. Jy het seker diensplig gedoen en was sekelik by tye verplig op ‘n eie besluit te neem. Wel, gebruik asb nou daardie ervaring en vorm jou eie innerlike opinie. Moenie op hoorsê gaan nie – feite vriend, feite is die basis vir ‘n eie opinie!

    • Die Bybel is geskryf deur mense wat dinge by ander mense gehoor het (Sien Lukas 1 vers 1 tot 4 ou vertaling). . . En baie mense glo die Bybel sonder enige vrae.

      • Jy is reg en daarom dalk die woorde in Hosea 4: 6 My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis…Hoe waar is alles wat deur die jare ons wysgemaak is. Ons luister na ander sonder om self die waarheid te ondersoek. Die waarheid wat deur eie kennis bekom is. Nie wat prekers of ander vertel nie. Hoorsê is en bly gevaarlik. Veroorsaak ‘n gebrek aan kennis!

    • Nee ek het nie diensplig gedoen nie. Lank voor my tyd. Die politiek van die ou manne affekteer egter nog soort van my lewe met regstel aksie, swak dienslewering ens. ens. ens.

      Maar ek neem aan jy verwag van my om te glo dat die ou oom na wie ek gesit en luister het nie regtig gese het dat hy nie vir Dan Roodt gaan stem nie omdat hy Roodt as ‘n dienspligontduiker sien. Maar ek weet wat ek gehoor het. Ek was daar.

      • Jy het gehoor. Niemand veg dit aan nie! Wat aan geveg word is dit wat het jy nie gedoen het nie om self uit te vind! Ou omies is ook maar slagoffers van hoorsê.

        • Niemand onken dat Dan Roodt nie diensplig gedoen het nie! Is dit ‘n rede genoeg om nie Front Nasionaal te stem nie?! Wat bied die FN wat dalk wel van waarde is Roodt ten spyt! Hy bly tog vervangbaar!

          • Ek gaan jou terugverwys na die titel van my stuk en na wat ek al 3 keer vir die ander man gese het. Ek het iets gerapporteer wat ek gesien het. Ek het mense so hoor praat. Die gedagte kom nie van myself af nie. Daar is baie mense wat so voel. Ongelukkig is beleid sonder goeie leierskap leeg. En daar is heelwat mense wat voel dat die dok en sy meelopers nie goeie leiers is nie.

            Net soos wat Malema nie ‘n goeie leier is nie.

            Nee ek gaan beslis nie Woensdag FN stem nie.

            En ek dink meeste mense gaan ook nie, veral as ek so luister na hulle. Of hulle nou gebreinspoel is of nie, ek weet wat meeste van hulle gaan doen.

            • Ek stem glad nie. Die tyd is nog nie reg nie! Dit sê egter nie ek veg nie ‘n geveg teen die barbare nie! Ek sê ook nie enige ander persoon se pogings is niks werd nie! Ek sê die tyd is nog nie reg nie!

          • Jong los die kjend…..en gaan soek jou portuur. Al wat hy vra is dit : Dan die pseudo-intellektualis wil graag sy lyf boerklong hou. Kan jy jou indink wat die werklike manne met die vermofde wese sou doen as hy stilletjies sou wegsluip om sjampanje in Frankryk te loop suip, terwyl hul hul lewens moes inboet gedurende die Boere-oorloe ??
            So gaan dink weer. Sal jy n vermofde skeepskaptein as matroos volg as mnr nog self nie eers die see gesien het nie ??

  5. My mening oor Front Nasionaal het ek klaar gelig. Ek vertrou nie hulle leiers nie. Hulle adjunkpresident ken net van slegse. Ek wil in ‘n staat lewe waar mense van mekaar kan en mag verskil. Sonder vieslike smerige beledigings. Ek wil my vyande kan liefhe en meer dikwels as nie die ander wang draai.

    Soos wat Christene beweer Jesus gese het ons moet doen. Die ding van ander wang draai.

    Nag maats. Ek loer weer more in.

    • A, soos wat, wat jy noem Christene beweer… is ‘n snaakse aanhaling. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat ons Verlosser gesê het: Die oordeel kom ons nie toe nie. Goeie nag!

        • Nie vir my om te oordeel nie! Ou Dan moet maar self pa staan! Hy en ek het seker maar elkeen ons eie geraamtes wat geoordeel gaan word!

    • Ek het regtig mense hoor se dat hulle nie FN gaan stem nie omdat hulle nie die doktor vertrou nie. Belowe ek maak dit nie op nie. Ek het dit gehoor met my eie ore en gesien met my eie ogies. Belowe.

  6. Ek het bietjie gaan krap oor die Mulders, ten minste een van hulle het skynbaar wel diensplig gedoen in die vloot, die bekende ene Pieter. Kan wees dat die ander een ook het. Ek het nie so diep gaan delf nie.

    So dis darem een punt vir my teen die PRAAG bende?

    Seker nie . . .

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s