DA behoort VF plus meer krediet te gee

Gereelde lesers hier op die Afrikaanse Opinieplatform sal weet dat ek min mooi woordjies het vir die Vryheidsfront Plus (VF+) of vir enige politici in die algemeen. Hulle is erger as die valse predikers wat ons heeldag en aldag teister. Die predikers kruip gewoonlik net Sondae uit hulle gate uit. Dies wat omgee darem op ander dae ook. Maar politici kruip net elke 5 jaar uit en kom stel jou bloot aan hulle leuens.

 

Maar ek is baie hard op hulle nou. Daar is baie politici wat ek bewonder. Die African National Congress (ANC), het byvoorbeeld uitstekende leiers. Ek wil nie te veel op name ingaan nie. Maar sommige van die ministers in president Zuma se kabinet is hoogs bekwaam. Andere natuurlik ietwat minder . . .

 

Maar in ’n staatsbestel het die opposisie ’n kernrol om te vertolk. In ons geval is die leier van die opposisie ’n baie indrukwekkende en dinamiese dame – Helen Zille. Soos haar voorganger, Helen Suzman, het Helen Zille al in haar leeftyd ’n besondere rol gespeel om te baklei vir demokratiese waardes. Sy is een van die leiers van ons land waarop ek trots is, selfs al steun ek nie noodwendig haar party nie.

 

Tog dink ek die DA maak ’n fout in die manier waarop hulle die VF+ benader. Die VF+ verteenwoordig ’n spesifieke groep mense. Daardie mense wat hulle verteenwoordig, hoort nie in die DA nie. Ja net soos wat die Konserwatiewe Party se mense destyds nie in die NP gehoort het nie, net soos wat die Afrikaanse Protestantse Kerk se mense nie tuisgevoel het in die Nederduitse Gereformeerde Kerk nie, so is daar mense wat nie gemaklik voel in die DA nie.

 

Maar ag, die modderdooiery sal seker nooit ophou nie. Ek voel om te sê dat daar min dinge in my lewe is wat vasstaan, maar een ding staan vas, en dit is dat die DA en die VF+ altyd sal stry oor stemme, met die DA wat altyd meer morsig sal raak. Dit is opvallend dat die VF plus nie soos die DA gaan en sommer reguit die ander party by die naam noem en slegsê nie. Hoekom weet ek nie. Want daar is tog sekerlik meer as genoeg skietgoed. Maar ek vermoed die punt is dat die VF+ meer fokus op die endpunt as op die drama van die veld af.

 

Tog voel ek dit is verkeerd van die DA, en spesifiek hulle leier, Helen Zille, om in advertensies te beweer dat die VF+ niks vir Suid-Afrika beteken nie. Dit is net soveel nonsens soos om te beweer dat Helen Zille niks vir ons land se demokrasie gedoen het nie. Dit is sommer net vuil politiek, en die DA moet meer diplomaties wees.

 

Die Engelse (en die DA is veral vertroud met die Anglo-Saksiese kultuurmilieu) het ’n gesegde wat lui – be careful what you wish for. Helen Zille kan maar gehoor gee aan daardie gesegde. Net soos wat daar sekere mense is wat nie met mekaar behoort te trou nie. En net soos wat daar sekere mense is wat glad nie in geen huwelik moet betrokke raak nie, so moet die VF+ mense nie met die DA mense saam in ’n party betrokke word nie. Die DA steun gayregte. Die VF+ nie. Die DA is nie gekoppel aan enige spesifieke godsdiens nie. Die VF+ is. Die DA is nie besonder geïnteresseerd in Afrikaans nie. Die VF+ is wel.

 

Hoekom dan die laaste bietjie bloed probeer uittap uit so party soos die VF+? En gaan dit die gewensde effek he? Die feit dat Niekie van den Berg, en sommige ander Afrikaners waarvan ek weet, sommer so sonder seremonie weggelaat is van die DA se ranglyste af, laat baie mense met die gevoel dat die Afrikaners se stemme gebruik is vir eie gewin, en dat Afrikaner mense soos kondome gebruik is en weggegooi word.

 

Watter mens hou van daardie gevoel?

 

Nee wat Helen Zille. Demokrasie beteken dat mense moet verskil van mekaar. Die meeste Suid-Afrikaners stem alreeds DA of ANC. Ek voel die DA behoort die VF+ meer krediet te gee. Daar is baie goeie werk wat deur die VF+ plus gedoen was in die verlede. Net soos wat die DA self al baie goeie dinge gedoen het. En nes die ANC al baie goeie dinge vir Suid-Afrika gedoen het. Elkeen het sy plek, en die aaklige kritiek van die DA teen die VF+ mag net dalk backfire, indien dit nie alreeds tot ’n mate het nie.

Advertisements

2 comments

  1. VF Plus het DA gaan verkla by OVK oor hul onwaarhede versprei oor Pieter Mulder en VF Plus. DA tree nou soos ANC op en dink hul kan maak soos hul wil. Kiesers moet DA en ANC n les leer by die stembus. Ek stem VF Plus en is trots daarop!

    • O ek het agtergekom jy is ‘n vurige ondersteuner hoor. Dit is nogal opvallend.

      Dankie vir jou lees en kommentaar.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s