As jy DA stem, stem jy vir…

Die Democratic Alliance* (DA) se verkiesingsmanifes gaan veral oor dit wat die party die afgelope jare bereik het en wat sy verder wil doen. Dit is duidelik dat die DA sy ondersteunersbasis wil vergroot en die ANC as grootste teenstander sien.

DA-leier Helen Zille (Foto: DA / Wikimedia Commons)
Regering:
  • Stop korrupsie deur ‘n transparante tenderproses;
  • Stop korrupsie deur familie van staatsamptenare te verbied om sake met die staat te doen;
  • Beperk die persoonlike begroting van ministers;
  • Mense, veroordeeld weens korrupsie, mag nooit weer ‘n staatsamp uitoefen nie;
  • Die staat moet sy verantwoordelikheid vat vir wat in die land gebeur;
  • Hervorming van die verkiesingstelsel en,
  • Vergroot die kontak tussen plaaslike owerhede en die plaaslike gemeenskappe.
Werk:
  • Politieke vryheid het nog geen ekonomiese vryheid gebring;
  • Instelling van ‘n jeugloonsubsidieprogram;
  • Uitbreiding van die Publieke Werke Program om 7 miljoen werksgeleenthede te skep;
  • Skepping van vakleerlingprogramme deur die opleiding vir werkgewers te vergoed;
  • Die arbeidsmark moet toeganklik wees vir mense met gestremdhede;
  • Ondersteuning van klein bedrywe;
  • Demokratisering van arbeidsverhoudings en,
  • Spesiale programme vir landbou, vissery, mynbou en toerisme.
Sakeondernemings:
  • Die instelling van kansesentrums wat klein sakeondernemings ondersteun;
  • Minder reëls vir klein sakeondernemings;
  • Tenders kleiner maak, sodat die werk onder meer en kleiner sakeondernemings verdeel kan word;
  • Bevordering van die informele sektor om die verbetering van welvaart te versnel;
  • 10% van die BBP moet in infrastruktuur geïnvesteer word;
  • Die privatisering van sommige staatsondernemings moet oorweeg word;
  • Die energiemark moet oopgegooi word;
  • Die oprigting van spesiale ekonomiese sones en tegniese parke om innovasie te versterk;
Grond:
  • Die verkoop van staatsgrond vir stedelike ontwikkeling en klein boerdery;
  • Ondersteuning en oefening vir nuwe boere;
  • Die grondhervorming moet effektiewer;
  • Die prinsipe van koper/verkoper is heilig en dit moet die onrus op die huidige eiendomsmark tem en,
  • Grondhervorming moet ook stedelike grond omvat.
Onderwys:
  • Die verbetering van onderwys is die enige pad na verbetering van lewenstandaarde;
  • Beter aansluiting tussen die skoolkurrikulum en die gevraagde vaardighede deur die arbeidsmark;
  • Vergroot die kapasiteit van universiteite en VOO-kolleges;
  • Fokus op verbetering van kwaliteit van onderwys in die maatskaplike gebiede waar dienslewering die meeste nodig is;
  • Afskaffing van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsagentskappe (SETAs);
Welvaart:
  • Sosiale kontrole en gemeenskapsin moet gebruik word om die misbruik van kindertoelae te stop;
  • Die oprigting van MOD-sentrums (Sentrums vir massadeelname; geleentheid en toegang; ontwikkeling en groei) in alle provinsies wat die DA oorvat van die ANC;
  • Betaling van ‘n beloning aan die geregtigdes van maatskaplike toelae wat graad 12 bo ‘n vastgestelde standaard voltooi het;
  • Uitfasering van die inkomstelimiet vir ouderdomspensioene;
  • Alle Suid-Afrikaners moet toegang hê tot basiese dienste;
  • Geen tol op pendelroetes en stedelike paaie;
  • Slegs tol as daar goeie onderhoue, alternatiewe paaie beskikbaar is en slegs in konsultasie van die gemeenskap;
  • Die invoering van ‘n enkele kaartjie vir die openbare vervoer, wat in die verskillende tipes van transport, soos bus, trein, taxi, gebruik kan word;
  • Elke Suid-Afrikaner het die reg op toegang tot internet en,
  • Die gebruik van dwelms en alkoholiese dranke moet ontmoedig word.
Omgewing:
  • Instelling van ‘n beloningstelsel vir die wat die natuur en omgewing beskerm of dit op ‘n volhoubare wyse gebruik;
  • Invoering van ‘n stelsel wat die energie-doeltreffendheid-etikettering reguleer.
  • Oprigting van rampebestuursentrums.
Veiligheid:
  • Die justisiële stelsel moet onafhanklik van politiek en druk op die begroting kan werk;
  • Nuwe polisiemanne- en vroue moet goeie opleiding kry;
  • Tegnologie moet beter gebruik word in die stryd teen misdaad;
  • Brutaliteit van die polisie se kant moet beter ondersoek word, veral deur ‘n onafhanklike kommissie;
  • Gemeenskapskontrole en -betrokkenheid is die beste wapen teen misdaad.
  • Oprigting van spesiale eenhede by die polisie wat spesiale tipes misdaad beveg;
  • As sake by die hof terug getrek word, moet slagoffers die reg hê om die besluit uit te daag;
  • Deur oorbevolking van die gevangenisse word kriminele juis in ‘n kultuur van geweld opgelei, eerder as om van misdaad ontslae te raak;
  • Misdadigers moet beter voorberei word op hul terugkeer in die samelewing om so die kans op herhaling te verklein en,
  • Die weermag moet gebruik word om die grense beter te bewaak.

Lees die DA se hele verkiesingsmanifes hier.

* Volgens die webwerf van die OVK is die DA se amptelike naam van Democratic Alliance/Demokratiese Alliansie gewysig in Democratic Alliance.

Hierdie artikel maak deel uit van die reeks verkiesingsmanifeste wat op Die Afrikaanse opinieplatform in Afrikaans vertaal word. Lees hier ander verkiesingsmanifeste.

Advertisements

2 comments

  1. Dankie dat hierdie partye se inligting almal in Afrikaans beskikbaar gestel word redakteur. Daar is beslis ‘n groot behoefte daaraan.

  2. “◾Grondhervorming moet ook stedelike grond omvat.” – Die DA gaan jou grond vat, jou huis ook en aan die volk oordra.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s