As jy COPE stem, stem jy vir…

Die Congress of the People (COPE) se verkiesingsmanifes gaan veral oor sy planne as COPE die geleentheid kry om te regeer. Dit lyk of COPE met sy verkiesingsmanifes die vertroue wil uitstraal dat hy gaan regeer.

COPE-voorsitter Mosiuoa Lekota (Foto: R. D. Ward / Wikimedia Commons)
Regering:
  • ‘n President wat regstreeks verkies word;
  • Meer transparante telling by verkiesing en,
  • ‘n Kleiner regering.
  • Die regering moet dienste lewer, soos goeie skole, behuising, hospitale, water, riool en paaie;
  • Spasie vir meningsverskille binne beleidvorming;
  • Aanstelling van vaardige amptenare, ongeag hul politieke voorkeur;
  • Instelling van ‘n gebruikersvriendelike stelsel om wanbestuur in munisipaliteite te meld;
  • Beter kontrole op die verspreiding van dienste;
  • Herindeling van die nasionale begroting om beter dienste te kan lewer en,
  • Beter opleiding van amptenare én politieke gesagdraers.
Ekonomie:
  • Implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) en dit so nodig aan te pas om dit te laat werk;
  • Ondersteuning van groei van die landboubedryf, fabrieke en myne;
  • Ondersteuning van klein bedrywe deur minder reëls;
  • Staat-lenings vir klein bedrywe moontlik maak;
  • Ondersteuning van nismarkte;
  • ‘n Gebiedgebaseerde grondhervorming, waarin alle plaaslike partye betrokke word;
  • Werkers moet aandele kan koop in kommersiële plase.
Onderwys:
  • Onderwys moet tienerswangerskappe voorkom;
  • Meer kunsvakke in die kurrikulum ;
  • Hoër minimum slaagsyfer;
  • Beperk die mag van vakbonde in die onderwys;
  • Betaal onderwysers op basis van hul opleiding;
  • Minder leerders per dosent;
  • VOO-kolleges moet spesiale aandag vir belangrike vakke soos wiskunde hê;
  • Leerders moet multi-dissiplinêre vaardighede leer;
  • Liggaamlike onderwys (sport) moet deel van die skoolkurrikulum wees en
  • Hoër onderwysinstellings moet meer outonomie kry.
Gesondheid:
  • Verseker die toeganklikheid van gesondheidsorg vir almal;
  • Verklein die verskille in kwaliteit van gesondheidsorg tussen verskillende gebiede, soos stad en platteland en arm en ryk buurte.
  • Landwye verbetering van die kwaliteit van gesondheidsorg;
  • Hospitale moet regstreeks medisyne by fabrieke en leweraars kan bestel;
  • Staatshospitale en klinieke moet 24 uur per dag oop wees;
  • Professionele mense moet die gesondheidsorgbedryf bestuur;
  • Tradisionele gesondheidsorg moet geakkrediteer en gemonitor word.
Misdaad en veiligheid:
  • Polisie-amptenare moet volledig gekwalifiseerd wees en die polisiehoofde moet genoeg ervaring hê;
  • Sake rondom veiligheid mag nooit gepolitiseer word;
  • Die Wet op beskerming van staatsinligting (muilbandwet) mag geen impak op die persvryheid hê nie;
  • Die inset van polisie moet oorweeg word na aanleiding van sekere kriteria, soos bevolkingsdigtheid en misdaadvlakke;
  • Polisie-amptenare se betaling en promosie moet gebaseer wees op hul kwalifikasies en vaardighede;
  • Die polisie se spesiale magte moet heringestel word;
  • Die polisie moet hoë-impak-misdaad prioritiseer;
  • Invoering van ‘n minimum straf vir dwelmsmokkel en stropery;
Internasionaal:
  • Suid-Afrika moet ‘n rol speel om menseregte regoor die wêreld belangriker te maak;
  • Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrikaanse Unie moet beter gebruik word om regionale integrasie, misdaadbestryding, vryheid, stabiliteit, demokrasie en menseregte in ons regio te bevorder;
  • Hervorming van die Verenigde Nasies en,
  • Beter internasionale samewerking met gelykgesindes.

Lees die COPE se hele verkiesingsmanifes hier.

Hierdie artikel maak deel uit van die reeks verkiesingsmanifeste wat op Die Afrikaanse opinieplatform in Afrikaans vertaal word. Lees hier ander verkiesingsmanifeste.

Advertisements

One comment

  1. Ha ha ‘n baie jonger Lekota daardie. Het net anderdag ‘n hele oggend langs hom gesit by ‘n konferensie van die FAK. Briljante spreker is meneer Lekota maar sy party is regtig in ‘n groot gemors.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s