Dewald Wasserval se ‘vergeet wat jy weet van liefde’ pla (teologie vir die twyfelaar 38)

Ek het op werkersdag bietjie rondgeloop daar by die Bloemskou. En daar sing Dewald Wassefval toe. Hy is een van daardie kunstenaars wat tot vervelens toe gespeel word op die radio. Maar sy goedjies is nog net liggies oorspeel in vergelyking met Karlien van Jaarsveld se liedjie ‘niks beter as liefde nie’. Nee kyk wat te erg is, is darem net te erg. Ek vermoed wat ek gehoor het was deelnemers aan een of ander talent sang kompetisie, maar dit het vir my op ‘n stadium gevoel dis al wat ek hoor op daardie feesterrein elke 5 minute, is dat daar net niks beter as die “liefde” is nie. Lieven loven.

 

Maar terug by Dewald Wasserval. Ek sal myself nou nie as aanhanger beskou nie. Popmusikante. Dit is nou al tien jaar sedert die dood van Kurt Cobain. En dit is asof die man se werk steeds die musiekbedryf beïnvloed. Daardie grommende kitare wat Wasserval se kaaslirieke begelei . . .

 

Want dit is maar net kaas dis al wat dit is. Met ekstra room bo op. Die groot geheim van Dewald Wasserval se musiek, so lyk dit my, le in die melodiese liedere wat hy sing. Want die musiek is nie die soort wat jou aan die slaap maak nie. Dit is melodies en vang die oor. Dit stimuleer die brein en wakker nuuskierigheid aan. Totdat jy na die lirieke begin luister. O aarde. Dis net ’n stroom aaneengevlegde clichés. En dis deels hoekom dit werk en so gewild is.

 

Maar als is ag genome steek die lirieke vir my nie goed af by die melodie nie.

 

Dit is bietjie soos ’n Theuns Jordaan en Robbie Wessels duet – stupit idee. Want in eie reg is albei dalk goed en reg het albei seker iets meriete, maar die punt is om vir Robbie Wessels saam met Theuns Jordaan te laat sing is soos om ’n muskiet en ’n leeu te vat van en ’n brulkompetisie hou. Ja, so skree Wasserval se lirieke vir my soms ten hemele. Die mooi melodiese musiek maak dat die liriek net erger afsteek.

 

Die ergste vir my is miskien die een in sy groot treffer – vergeet wat jy weet van liefde. Kyk net wat word hier gesing:

 

Ek wens ek kon teruggaan in tyd

En die een wat jou seergemaak het

Net so seermaak

 

Nou vra ek met trane in my ogies. Ons het al petisies gesien teen die Beatles en Fokofpolisiekar en Elvis en die hemel weet wie almal wat Satanistiese Illuminati gespuis is. Maar hoe kan ons toelaat dat die kinders (of enige ander mens) na hierdie tipe van wraakspraak luister? Nee man. Dit is nie reg om met so houding te lewe nie. Natuurlik maak mense mekaar seer. Almal kry seer en almal maak mekaar seer. Ons moet mekaar vergewe. Ons het almal maar ons foute. En om wraak so openlik in ’n poplied te verafgod is net verkeerd. Ek dink nie jongmense moet hierdie lied as inspirasie gebruik nie.

 

Gebruik dan eerder geloof in die liefde van Jesus of die vyf pilare van Islam of die agvoudige pad van die Buddha.

 

Sies Dewald Wasserval. Jy sing so mooi en lyk na so aangename man, maar ek hou nie van daardie lyn uit jou lied nie.

 

’n Ander curious ding van hierdie lied, is dat ek nie anders kan as om aan te neem dat dit ’n gay lied is nie. En dis baie interessant aangesien ek weet dat meneer Wasserval met ’n dame getroud is. Die rede hoekom ek vermoed dis ’n gay lied is – die spreker in hierdie teks spreek die wens uit om terug te gaan in tyd en ‘die een wat jou seergemaak het, net so seermaak’. As dit ’n dame is vir wie hy sing, dan beteken dit dat die spreker nie ’n heteroseksuele man is nie (of dan nou ’n lesbiese dame is nie). Die persoon kan natuurlik ook biseksueel wees. Dit kan nie hetero wees nie want gestel dit is ’n heteroseksuele man, dan ontstaan die vraag, wat sou hy doen as hy dan nou wel kon teruggaan in tyd? Hy kan tog nie na daai man gaan vry en sy hart breek nie want hy is dan self heteroseksueel? Hoe sou hy dit doen? Want onthou hy begeer om dit op dieselfde manier te doen as wat aan sy huidige beminde gedoen was. So dit laat net 2 opsies. Die spreker is of homoseksueel of biseksueel.

 

Maar hoe ook al, wraak bly verkeerd. Of jy gay is of straight of bi of trans of hoe ook al, ons moet nooit wraak goedpraat nie. Ons moet fokus op mekaar se mooi eienskappe en mekaar bo alles vergewe en opbou.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s