Afrikaanse media het gemengde sukses maar is nie net sleg soos wat sekere mense beweer nie

Ek is iemand wat dikwels uitpraat teen Orania se kritici en Orania vir mense in perspektief probeer stel. En verduidelik dat daardie mense net hulle regte uitoefen. Maar selfs ek staan partykeer verstom oor al die nonsens wat soms geskryf word, alles in die naam van die verdediging van die ‘konserwatiewe’ visie en waardes. Vat nou hierdie stuk geskryf deur Jaco Kleynhans.

 

Ons lewe vandag in ’n sogenaamde ‘digitale’ era. Koerantverkope daal nie omdat mense een of ander groot probleem met die media het nie. Die eenvoudige waarheid is dat papier lastig is. Die banke sê so in hulle advertensies. Ons almal weet dit. Papier is duur en lastig en morsig. En jy kan jou nuus oral kry. Kyk maar hoeveel aanhangers het gevestigde Afrikaanse media op sosiale netwerke. Selfs Huisgenoot . . .

 

Maar wat my miskien die meeste verstom is die ‘drivel’ wat daar oor joernaliste en verslaggewers in hierdie land kwytgeraak word. Hulle is almal net ’n spul ‘liberale’. Die eintlike probleem hier is dat mense maar net tipies mense is. Ons weet van die hele omstredenheid rondom die inligtingswet. Almal wil die media beheer. Die ANC, Orania, Front Nasionaal, die EFF, ag, die hele vrot lot. Onder apartheid kon die politici lekker als sensor wat hulle wil. Hoekom sal vandag se politici nie ook daarna smag nie? En hoekom sal die sogenaamde ‘konserwatiewes’ nie terugverlang na die dae van die vleispotte van apartheid nie?

 

Ek dink ons media het wel baie foute, maar hulle gaan nog laaaaaank met ons wees. Sorry boys.

 

Volgens die artikel van Kleynhans is ‘konserwatiewe’ mense meer geneig om dokters en ingenieurs te word. Dit is miskien waar. Dit is die beroepe daardie wat finansieel die meeste sin maak. En aangesien hierdie mense selfverklaarde aard konserwatiste is, kan mens seker die gevolgtrekking maak dat omdat die mensdom van nature gierig is en aardse rykdomme najaag, dat hierdie konserwatiewe mense dan nou seker net konserwatief te werk gaan met hulle gierige aard.

 

En dan klim Jaco ook sommer onder die universiteitslektore in. 80% van die klomp is libbies. Meer pienk kan jy jouself nie indink nie. Miskien is daar ook verklarings vir hierdie tendens. Is dit dalk omdat die mense by die universiteit meer boeke lees? Dalk hulle eie gedagtes meer uitdaag? Hulleself meer blootstel aan idees buite hulle veilige kring? En in die proses groter empatie ontwikkel en in die proses weier om net op een noot die hele tyd te sing? Want dit is wat Jaco Kleynhans tog wil dan nie? Dat die media ophou om enige iets negatief te skryf oor sy politiek en sy affiniteite? Nes die regerende party ook daarna smag!

 

Nou wil ek ietsie sê oor radio. Volgens die artikel van Jaco is die SABC se radiostasies, en by implikasie dus Radio Sonder Grense, besig om teen drastiese tempo luisteraars te verloor, ten koste van gemeenskapstasies. Ai ek weet nie in watter wêreld leef hierdie mense nie. Want sover my kennis strek is RSG die grootste radiostasie in die hele land. En dit bly net groei en groei. Ek luister self na verskeie radiostasies, onder meer RSG. Ek luister ook na een van ons plaaslike gemeenskapstasies, maar grootliks omdat ek hulle musiek geniet. Die oomblik wanneer hulle predikante of politieke kommentatore op die lug klim om een of ander godsdiens of andersdenkende te beswadder en beledig, dan laat dit maar ’n wrangsmaak in my mond.

 

Maar daar is sekere programme op RSG wat so wonderlik is, spesifiek die Sondagaand nuuskommentaar. Ek kan nie aan nog ’n platform dink waar die debatte meer lewendig en dinamies raak as juis daar nie. Waar ingeligte mense die nuus ontleed en heel dikwels die ANC skerp kritiseer. Daar is natuurlik sekere aande wat dit maar droog is, maar in sy geheel gesien is RSG kommentaar nog net so lewendig soos die jare toe ek as ’n tiener daarna geluister het. Die jare toe die eks DA, huidig Vryheidsfront plus man Niekie van den Berg die program gelei het.

 

Nee wat, dit is absolute nonsens dat ons media verrot is op die manier waarop Jaco Kleinhans beweer. Dat daar dinge is wat kan beter, is sal altyd so wees. Niks in die lewe is perfek nie.. Maar dit is net plainweg nonsens om te beweer dat die gevestigde media n ‘liberale’ komplot teen mense voer. Ons Afrikaanse koerante kritiseer dikwels die regering. Maar daar is sekere mense wat net een stroom wil hoor en sien en lees, die res moet maar vergaan.

 

Dit is laasgenoemde wat eintlik vir ons almal die grootste gevaar inhou.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s