Bloemskou 2014!

Dit was so ’n eventvolle dag by die grootste skou in Bloem, aptly dubed, die BLOEMsKOU(E). Die dag was so vol van interessanthede. En pret. Die Vrystaat se jongmense is ONGELOOFLIK talentvol. En daar was tyd vir kritiese refleksie en nabetragting:

 

Reflekteer

 

Mense canvass iets verskriklik in hierdie land. Mens sou sweer dis nou weer eleksietyd een van die dae of iets. Maar danksy die mense van die DA kon almal seker maak hulle bierbottels bly nie toe nie. Ek het GEEN ander produk op die skou gesien wat hierdie tipe botteloopmaker necessitate as bierbottels nie, so ek neem aan dit is uitsluitlik vir daardie doel goedgunstiglik aan ons deur die DA verskaf. Ek dink nie ek wil hierdie vir myself hou nie. Daar is iemand wat ek van weet wat openlik die DA ondersteun en dit sal aangepass word. Ek weet dat hierdie persoon sy lawaaiwatertjies met trots sal kan oopmaak nou . . . En met die pen skryf. Self het ek maar net daar geteken in die DA se boek van goed en kwaad, want die gawe ou oom het hoog en laag gesweer ek gaan in ’n R200 Kloppers trekking kom. Hulle het my nommer gevat en as hulle my bel weet ek dat ons die dinge van hierdie land gaan uitsort met ’n foonoproep. Ek wag vir daai mense. Wil graag klets. My mond staan altyd oop vir politici. Hoe ook al DA, dankie dat mense hulle bier kon oopmaak!

 

DA pen

 

Dewald Wasserval sing nogal nie te sleg nie hoor. Dit was lekker om nou ook die eerste keer ooit vir hom te sien sing. Ek glo nie dit gaan nou ’n gewoonte word nie maar sjoe, hierdie een keertjie het nou regtig nie skade gedoen nie.

 

Dewald

 

 

Wat my miskien die meeste verstom het van Bloemskou 2014 is die kopbeelde van ons land se politici wat so te koop was. Veral die groot een van die kop van president Zuma, wat te koop was vir R 15 000.

 

Ag ek wens tog so die Blou Bulle beleef een insinking hierdie naweek né? Dit was lekker om die Stormers te wen maar die Cheetahs skuld ons groot. Maar ek is bevrees dat die skuld rente gaan loop die naweek. Het so spesmaas dit gaan nie gedelg word nie.

 

Maar hoe ook al, hoop dit is ’n lekker ene!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s