Die plek waar ek my tans bevind op my spirituele pad (teologie vir die twyfelaar 36)

Ek is lief vir kerkmense. Met hulle foute. Want dit het ons almal. En die kerk het ek ook lief. Ja ek het. My woede was al so groot soos die geloof wat ek eens met hulle gedeel het. Geloof, dit glo ek, is soos die liefde self, maar die erotiese liefde, nie die ‘dieper’ liefde nie. Dit maak jou blind. Dit maak dat jy niks sien nie. En dit maak dat jy niks wil sien nie. Jy wil net glo. Veral in jou geloof. Ons is almal kwesbaar. En vatbaar:

 

Daar was eendag twee mense wat vrugte geëet het wat ’n pratende slang vir hulle aanbeveel het. Daar was soveel smet aan hierdie daad van vrugte eet, dat die man se testikels verander het, sodat die ‘sonde’ sedertdien geneties oorgedra word. God is nog steeds so die hel in oor die saak, dat daar ’n groot warm vuur of oond of ding reggehou word, vir al die mense wat nie presies doen wat die prediker sê nie. Meeste mense gaan daarnatoe want die smal weg is so smal dat min mense daarop pas.

 

Eerlikheid, ja eerlikheid. Is dit nie ’n deug wat hulle van bo van die kansels af sê ons moet najaag nie? Ek verbeel my ek het daai storie al gehoor. Iewers.

 

Ek is net eerlik. Net eerlik. Ek glo nie daar is ’n plek soos die hel nie. Ek glo nie God woon iewers in die sterre nie. Ek kyk ook op na die berge, want daar is baie berge. ’n Wyse ou toppie wat anderdag na die beter plek toe is, het eenkeer gesê daar is altyd ’n groter berg agter die berg wat jy nou klim. So ons gaan altyd opkyk. Maar ek kyk nie na die wolke toe op nie. Ek kyk terug na my hart, en ek kyk na die harte van mense, want dit is waar ek glo God dalk kan wees, as daar dan ’n God is, dan kan God net in die harte van mense wees. Dis tog al waar dit gaan tel, nie waar nie?

 

As die narratief net kan verander. As daar dalk met groter eerlikheid gesê word – ek weet nie. Maar dis bombasties en dis beterweterig en dis veroordelend. En dan is dit terugsit en sê – waar is almal? Hoekom is julle nie meer met my nie?

 

Eerlikheid. Dit is al wat ek vra. Is dit REGTIG te veel gevra?! Is dit te veel gevra juis waar eerlikheid so graag as ’n deug verkondig word . . .

 

Hoekom word daar vir my gesê ek moet eerlik wees, maar van my verwag om oneerlik te wees? Ek moet net maak asof niks gebeur het nie. Asof Jesus nog steeds op die wolke ronddryf? Asof Galileo en kie nie vir God aarde toe gebring het nie? Asof ons hande nie vol bloed is nie? Die bloed van die staatsgodsdienste van duisende jare. Asof ons als weet en alle wysheid in pag het? En alles en almal moet oordeel en veroordeel?

 

Hoekom word daar van my verwag om nie die brein te gebruik wat ek van iewers af gekry het nie? Net sekere boeke moet lees. Ek moet vir brein gebruik om myself en andere in blikke te druk. Sodat ons geliasseer word. We don’t need no education, hey!, preacher!, leave ‘em kids alone!

 

Ek wil nie meer dink nie. Ek wil nie meer dink nie. Dink is nie reg nie. Dink is sonde. Ons moet soos Nikes wees. Om moet net doen. Net doen. Just do it.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s