8 Mei kom nou baie vinnig nader

Aaaah, 8 Mei. Toe ek ’n kind was, toe had hierdie dag ’n spesiale soort stigma. Dit was naamlik ’n “moffie” dag. Die hand is oopgesper op die bors gehou en dan is daar in ’n fyn stemmetjie gesê, “ag my”, en dan giggel jy en sê dit is nou moffie dag. En as kind maak jy maar saam snaakshede daaroor, want dit is maar hoe die wêreld werk. Gays is verkeerd soos wat die kerk en al jou ooms sê, en jou tannie-hulle, wie se vriende mense ken wat die vakansiehuis langs hulle s’n by Hartenbos besit wie se seun genees was van sy gay. Dit is alles waar. Hy studeer nou teologie. En ja, daar is nou ’n nooi in sy lewe . . .

 

Maar 8 Mei gaan anders wees hierdie jaar. Hoofsaaklik vir een rede. Dit is die dag na die 2014 algemene verkiesing. Die verkiesingsdag gaan soos enige verkiesing sy kwota drama oplewer. Op 8 Mei en die daaropvolgende dae, gaan die politici wat gewen het koek eet en sjampanje drink (en harde hout as die kameras nie meer draai nie), terwyl hulle lojale ondersteuners van hongerpyne krepeer en vergaan. Dalk is daar weer soos in 2009 doodskiste, toegedraai in opposisiepartye se vlae wat begrawe of aan die brand gesteek word.

 

Die politici sal rede he om fees te vier. Die wat gewen het. Meeste van die klein partye sal seker net weer hulle koppe in ongeloof skud dat hulle nou weer so erg gekrimp het. Maar die ou manne sal bly vasklou aan die laaste stukkies mag.

 

Maar so luid soos wat hulle was in aanloop tot die verkiesing, so stil gaan hulle word na afloop daarvan. Die kiesers gaan net eintlik gebruik word om mag te kry.

 

Een van die min politici wat seker sal aanhou, selfs na die verkiesing sal aanhou praat oor die swaarkry van arm mense is Julius Malema, dis nou mits hy in die parlement kan kom en nie met die gereg bots nie.

 

Maar uiteindelik gaan daar weinig verander aan die probleme van die land, ondanks ons verkiesing.

 

Dit is vir my geen wonder nie, dat die groot ANC held Ronnie Kasrils, mense deesdae aanmoedig om bedorwe stembriewe uit te bring nie. Dis omdat hy weet wat ons almal weet maar te bang is om te sê – dat ons stemme niks gaan verander aan die land nie. Ons sal stem soos elke verkiesing en dit gaan nie keer dat die politici aanhou leë beloftes maak en steel nie. En al hierdie minderheidspartye is ook maar net daar om hulle eie vriende te help, net soos die twee grootste partye ook maar

.

Daar is bitter min wat mense motiveer om nog te gaan stem. Baie doen dit maar net omdat hulle patriotiese burgers is. Nie omdat hulle glo die sisteem gee hoop nie. Maar ek dink die wegbly stem kan regtig in 2014 ’n reuse rol begin speel. En dit gaan nie die heersende party bevoordeel nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s