As jy Agang SA stem, stem jy vir…

Die verkiesingsmanifes van Agang SA stel hoop, menswaardigheid en vryheid sentraal. Wat verskil van ander partye is dat Agang SA sy verkiesingsmanifes ‘n ‘burgerlike manifes en plan vir Suid-Afrika’ noem.

Agang SA-voorsitter Mamphela Ramphele (Foto: Russavia / Wikimedia Commons)
Bemagtiging:
  • Geen bemagtiging sonder onderwys;
  • Vergroot veiligheid, sodat ekonomiese bemagtiging en menswaardige behuising gelyktydig ontwikkel kan word;
  • Burgers kom eerste;
  • Gesondheidsorg moet toeganklik en betaalbaar vir almal wees;
  • Die regering moet 50% van sy land (in staatseiendom) beskikbaar stel aan sy burgers;
  • Landbou moet verder geïndustrialiseer word;
  • Beter toegang in geboue vir gestremdes.
Onderwys:
  • Skole moet ‘n plek van trots wees binne ‘n gemeenskap;
  • Skole moet bestuur word deur ‘n alliansie van ouers, dosente en bevoegde departemente;
  • Verbeter die opleiding van dosente;
  • Vul vakatures in die skole;
  • 50% as minimum slaagsyfer vir alle vakke en syfers;
  • Dosente moet getoets word op hul vakinhoudelike kennis;
  • Introduksie van ‘n verpligte openbare diens na studie;
  • Hervorming van die Departement van Basiese Onderwys;
  • Afskaffing van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsagentskappe (SETAs).
Ondernemerskap:
  • Sny in die rompslomp vir klein besighede deur ‘n vermindering van reëls;
  • Verandering van belastingstelsel om ondernemers te steun;
  • Afskaffing van handelbarrikades en internasionale investerings in Suid-Afrika soek;
  • Stop die intimidasie teen klein besighede en die informele ekonomie;
  • Slegs een ondersteuningsdiens vir klein besighede in plek van talle provinsiale en nasionale dienste;
  • Stigting van spanne tussen regering en bedrywe om beleid so aan te pas dat die ekonomie en aantal werksgeleenthede kan groei;
  • ‘n Groei in produktiwiteit moet lei tot hoër lone en omgekeerd;
  • Aanpassing van die Wet op Arbeidsverhoudinge om stemgeheim by staking-verkiesings en die verwydering van die beskermde status van stakings by geweld in te stel;
  • Tydelike werkers moet dieselfde regte hê as vaste werkers.
Werk:
  • Transformasie van onderwys om die nadruk op vaardigheidsopleiding te garandeer;
  • Afskaffing van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsagentskappe (SETA’s) en (her)introduksie van ambagskole;
  • Transformasie van sommige openbare skole in beroepskole;
  • Bedrywe in staatseiendom moet ‘n bepaalde deel van hul winste gebruik om die land se jeug op te lei;
  • Departemente moet meer plaaslike werkers en kennis gebruik;
  • Vaardighede met betrekking tot finansiële bestuur van klein besighede moet versterk word;
  • Die mag van monopolies en kartels moet gebreek word.
Bestuur:
  • Privaat hospitale moet mense wat via die Nasionale Gesondheidsversekering verseker is, kan help;
  • Demilitarisasie van die polisie, sodat die mense kan vertrou op die polisie;
  • Versterking van nasionale veiligheid deur die grense beter te kontroleer;
  • Buitelandse beleid en diplomatieke relasies moet gebaseer wees op ons waardes;
  • Hervorming van bestuur, sodat korrupsie beter beveg kan word;
  • Minimum strawwe van 15 jaar in die tronk vir korrupsie;
  • Die instelling van ‘n nasionale register met korrupte eks-amptenare;
  • Tenders mag nie verstrek word aan enige mense (en hul bedrywe) van wie ‘n familielid as amptenaar werk;
  • Lede van die parlement moet insig gee in hul finansies;
  • Verbetering van die opleiding van nuwe amptenare, ook op etiese vlak.

Lees Agang SA se hele verkiesingsmanifes hier.

Hierdie artikel maak deel uit van die reeks verkiesingsmanifeste wat op Die Afrikaanse opinieplatform in Afrikaans vertaal word. Lees hier ander verkiesingsmanifeste.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s