As jy ANC stem, stem jy vir…

Die verkiesingsmanifes van die ANC gaan veral oor die ‘uitwissing van die gevolge van apartheid’. Die ANC hele verkiesingsmanifes is daar rondom gebou.

ANC-voorsitter Jacob Zuma (Foto: Wêreld Ekonomiese Forum / Wikimedia Commons)
Ekonomie:
  • ‘n Breë inklusiewe ekonomie moet geskep word;
  • Transformasie van die privaat sektor;
  • Klein bedrywe moet meer bane skep en Suid-Afrika-gesentreer wees, sodat B-BBEE kan werk;
  • Groot infrastruktuur-werke word geloods om ekonomiese kanse te ontsluit;
  • Groot infrastruktuur-werke moet 6 miljoen nuwe langtermyn bane skep;
  • Oorweging van die invoering van ‘n minimumloon om ongelykheid te beveg;
  • Invoering van meer wette om gelykheid binne bedrywe te bevorder;
  • Verbetering van werksomstandighede deur die mag van arbeidsmakelaars te breek.
Platteland en boerdery:
  • Investerings in landbou-infrastruktuur, veral vir kleinboere;
  • Vergroot veiligheid op die platteland, veral vir vroue;
  • Aanmoediging van stigting van koöperasies deur kleinboere;
  • Versnelling van die beslegting van grondeise wat ingedien is voor die sluiting in 1998;
  • Heropening van die moontlikheid om grondeise in te dien vir ‘n periode van 5 jaar.
Behuising:
  • Elke Suid-Afrikaner moet toegang hê tot behuising van ‘menslike’ kwaliteit;
  • Verbeter die lewering van dienste in informele nedersettings;
  • Skepping van infrastruktuur in informele nedersettings.
Onderwys:
  • Graad R word verplig;
  • Bekamping van analfabetisme onder volwassenes;
  • Verbeter die kwaliteit van die basiese onderwys;
  • Meer VOO-kolleges sal opgerig word.
Gesondheid:
  • ‘n Nasionale Gesondheidsversekering sal bekend gestel word;
  • Uitbreiding van die program vir gratis gesondheidsorg;
  • Verbetering van die kwaliteit in publieke gesondheidsorgdienste;
  • Opleiding van 2000 ekstra dokters per jaar en invulling van leë ampte;
  • Verdubbeling van die verspreiding van antiretrovirale middels teen 2016.
  • Bekamping van moeder- en kindersterfte;
  • Bevorder gesonde leefstyle.
Misdaad:
  • Verstewiging van die geveg teen korrupsie;
  • Gebruik van intelligensiedienste om misdaad te bekamp;
  • Verhoging van die kapasiteit van howe, die polisie en die vervolgingsgesag;
  • Regulering van privaat beveiligingsdienste;
Buiteland:
  • Versterking van die Afrikaanse Unie;
  • Steun die oprigting van ‘n Afrikaanse Hof vir Menseregte;
  • Steun die herstrukturering van die VN Veiligheidsraad.
Nasiebou:
  • Gee meer aan die helde en heldinne van die struggle;
  • Herontwerp/transformeer onderwys oor die geskiedenis van Suid-Afrika;
  • Bevorder sosiale solidariteit;
  • Versterk deelnemende demokrasie.

Lees die ANC se hele verkiesingsmanifes hier.

Hierdie artikel maak deel uit van die reeks verkiesingsmanifeste wat op Die Afrikaanse opinieplatform in Afrikaans vertaal word. Lees hier ander verkiesingsmanifeste.

Advertisements

One comment

  1. ANC het die land in die grond in regeer. Suid Afrika het n verandering nodig om n beter toekoms daar te stel en die ANC is nie deel van n beter toekoms nie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s