PUK-verslag: Wéér Nederlandse drama by NWU-pukke

Die hoofgebou van die Noordwes-Universiteit op die Potchefstroom-kampus (Foto: ToonT/Wikimedia Commons)

Geagte hooggeleerde heer Van Vught,

As medewerker van die Centrum voor Studies van het Hoger Onderwijsbeleid van die Universiteit Twente was u voorsitter van die navorsingsgroep wat transformasie op die Noordwes-Universiteit ondersoek het.

Die konklusie van hierdie verslag het ‘n groot impak. Nie net op die Noordwes-Universiteit, op Afrikaans of Afrikaanse studente nie, maar ook op die Nederlandstalige stads- en streeksbeplanning. Die Noordwes-Universiteit is naamlik die laaste plek op aarde waar Afrikaans- en Nederlandstalige studente in hul eie taal ‘n PhD-navorsing in u vakgebied kan doen.

Eerstens wil ek u bedank vir die werk wat u by die Universiteit Twente gedoen het. U het ‘n groot rol gespeel in die universiteit se transformasie van tegniese universiteit in ‘n volwaardige akademiese universiteit. Toe u rector magnificus van die universiteit was, het u die fondament vir die transformasie gelê. U het destyds ‘n uitbou-strategie gebruik, waarby die situasie aan die tegniese fakulteite bewaar is.

Die vraag is egter hoekom u die prinsipes van ‘n uitbou-strategie, wat ook deur Dr. Theuns Eloff – NWU se vorige vise-kanselier – gebruik is, weggegooi het en verander het in ‘n tipe ANC-transformasie, wat buitendien baie skadelik is vir die Noordwes-Universiteit se akademiese kontinuïteit.

Die verslag asem die verskriklike huidige Nederlandse paradigma, wat dink dat taal slegs ‘n medium is. U as sosioloog moet weet dat taal, kultuur en identiteit meer as slegs afsonderlike komponente is. In die geskiedenis is die Potchefstroomse Universiteit voor Christelijk Hoger Onderwijs opgerig om die Nederlandse taal, kultuur en identiteit in Suid-Afrika te bewaar. Dit is geen gewoon staatsuniversiteit nie. PUvCHO het die rol van bijzonder onderwijs in Suid-Afrika vervul. Soos Abraham Kuyper die Vrije Universiteit in Amsterdam opgerig het, het gereformeerdes in Suid-Afrika die PUvCHO opgerig.

In u verslag van meer as 90 bladsye word die woord Afrikaans slegs vyf (5!) keer genoem. Desondanks is een van die belangrikste aanbevelings dat Afrikaans en die bybehorende identiteit een van die belangrikste drempels is vir nie-Afrikaanssprekendes om deel van die kampus te raak.

Geen woord getuig van die eksklusiwiteit van die Mafikeng-kampus nie. Hoekom moet slegs die Potchefstroom-kampus verengels? Hoekom kan nie beide Afrikaans én Engels op alle kampusse ingevoer word nie? Die feit dat die verslag slegs in Engels gepubliseer is en dat die Afrikaanse en Tswana-versies ontbreek, verraai dat u die verslag nie taalneutraal is nie.

Buitendien verdedig u die belangrikste konklusies met ‘n rasse-telling. Met ander woorde: u regverdig u konklusie met rassisme.

Met u verslag beantwoord u net die politieke vraag van transformasie. U gee geen strukturele antwoord op uitdagende vraagstukke soos onderwys in verskillende tale, multikulturele studentebevolkings en toenemende internasionalisasie van universiteite nie. Dit is skokkend, omdat die Centrum voor Studies van het Hoger Onderwijsbeleid, toenemend Nederlandse vrae sal kry met betrekking tot die agteruitgang van onderwys in Nederlands, Fries en Papiaments aan Nederlandse universiteite. Dit is voer vir kopsorge.

Met hierdie verslag bewandel u slegs die pad van die maklikste antwoord en gee u geen uitsig op ‘n raamwerk waarin onderwys in die moedertaal en internasionalisering aan universiteite saam kan bestaan nie. Dit word tyd dat die Centrum voor Studies van het Hoger Onderwijsbeleid hom besig hou met die vraag hoe ‘n klein taal onderwys gehandhaaf kan word in ‘n veeltalige omgewing. Soos dit in Nederland byvoorbeeld deur die Wet op hoger onderwijs en wetenschappelijk onderzoek geëis word.

Die verslag wat u en u span geskryf het vir die Noordwes-Universiteit is ‘n verlore kans om die universitêre omgewing van die toekoms te skep. Soos die Engelse sou sê: What a pity.

Baie dankie dat u die kans – vir my as ‘n Nederlandse student – om ‘n PhD stads- en streekbeplanning in my eie taal te kan doen, wil ontneem. #boos

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s