Lesersartikel: Trek jou kruisies op 7 Mei!

Stemlokaal in Stellenbosch (Foto: HelenOnline/Wikimedia Commons)

Met die verkiesing om die draai moet elke kieser sorg dat hy gaan stem op 7 Mei. ‘n Persoon wat nie gaan stem nie, kan nie na die tyd kla oor dinge wat nie reg is nie.

Elke stem tel en is baie belangrik want dit kan beslis ‘n verskil maak. Onthou daar is 2 stembriewe waar jy jou kruisie moet trek. Een is die nasionale stembrief vir die parlement en die ander is die provinsiale stembrief vir die wetgewer in jou provinsie is.

Weereens is die vraag: Vir wie moet ek stem? Die antwoord is eintlik eenvoudig. Stem vir die party wie se waardes die naaste aan jou eie waardes is.

As jy sterk voel oor Christelike waardes en minderheidsregte en jy is gekant teen regstellende aksie,grondhervorming en ander diskriminerende arbeidswette, stem dan Vryheidsfront Plus. Die VF Plus is ‘n party wat juis opstaan en veg vir minderhede se belange. ‘n Stem vir die VF Plus is ‘n stem vir ‘n beter toekoms. Kiesers wat VF Plus stem moet ook onthou die party se naam verskyn heelbo op altwee stembriewe. Stem dus bo en bly bo!

Die belangrikste ding om te doen is om te gaan stem, want jou stem kan verandering teweeg bring. Verandering vir ‘n beter toekoms.

Gaan maak dus jou kruisie op 7 Mei!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Redakteursnota: Die Afrikaanse opinieplatform sal die komende weke ‘n oorsig van die belangrikste partye se standpunte toon. Onder meer die ANC, DA, VF+, COPE en Front Nasionaal se verkiesingsprogramme sal bespreek word. 

Advertisements

2 comments

  1. Ek stem grootliks saam met Frik. Mense moet stem vir wie hulle wil. Dit is goed om krities te wees en politici te kritiseer, maar elkeen moet stem met wie hulle gemaklik voel.

    En onthou, die VF plus man is steeds jou medelandsburger al is sy houding teenoor gays nie reg nie en sy godsdiens dalk vir jou bietjie vreemd.

    Die punt is as daardie persoon nie kan stem na wat die hart begeer nie, dan is dit nie demokrasie nie.

    Maar dit is wel belangrik dat kiesers ook besef dat die Vryheidsfront Plus nie een of ander monopolie op Christenskap het nie. Ook nie die ACDP nie. Nee geen politikus kan enige godsdiens totaal opeis nie.

    Maar ons moet probeer om mekaar se godsdienste sover as moontlik te respekteer en verdra.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s