Hoekom is Kersfees groter as Paasfees? (Teologie vir die Twyfelaar 35)

Die storie is eintlik logies. Dit is soos die huwelik. Een ding word gesê en ’n ander gedoen. In huwelike word daar gesê – ek belowe vir ‘God’. Want ek is ‘lief’. En ek ‘gee om’. In Godsdiens word daar gesê – die belangrikste van ons geloof is dat Jesus vir ons gesterf het. Dit is bo als die belangrikste.

 

Maar soos die tyd aanstap word Kersfees belangriker as Paasfees. En die eie belang belangriker as die ding van huwelik.

 

Darem hou ongeveer helfte van alle huwelike – so word daar graag gesê. Ja. Die helfte sjame.

 

Die ding met die huwelik is, mense besit mekaar. Want dis hoe alle verhoudinge is. Dit gaan maar uiteindelik oor mag. En wie besit wie. Hoe baie mense wil nie skei nie maar kan dit nie bekostig nie?! Want hoe gaan my lewensgehalte verander? Want hoe gaan my kinders daar onder ly? Gaan hy sy haat teen my projekteer teenoor sy saad en niks omgee vir my kinders nie? Hy wat so vir God belowe het om om te gee? Dit en dat belowe het . . .

 

Kersfees gaan ook maar oor besittings. Die feit dat jy genoeg geskenke kan koop, en jou vrou gelukkig kan hou, het uiteindelik maar meer met geld as enige iets anders te doen. Dit gaan oor wie besit wie.

 

En dit is hoekom Kersfees groter as Paasfees is, selfs al sê die meeste gelowiges dat Jesus se kruisdood vir hulle als is, en dat die presiese geboortedag van Jesus eintlik onbekend is. Uiteindelik gaan hierdie dinge, net soos die huwelik, uitsluitlik net oor geld. Met liefde het dit niks te doen nie. Ons sê maar net op kansels en sulke plekke dat hierdie dinge oor liefde gaan. Eintlik gee ons nie om vir mekaar nie.

 

Die hele storie gaan daaroor of ons genoeg maak of ons omgee.

 

Of ons genoeg mense kan oortuig.

 

Of ons onsself genoeg kan verkoop.

 

En Kersfees is die ultimate stage.

 

Ag mag ons almal met die regte tipe kar by die familie aankom hierdie kersfees!

 

En mag God of iets ons seën.

 

Soli Deo Gloria

 

Of iets

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s